Wonde | 📸: Gys Loubser

Galery: Dans 2026

Ons was in gerekende geselskap met vanjaar se Dans-aanbod by die Toyota Stellenbosch Woordfees.
📸: AB Jantjies

Galery: Demokombuis 2026

Die demokombuis was die tuiste van bekende sjefs, kookboekskrywers en kulinêre kenners wat hulle resepte, geheime en stories gedeel het.
Zonkie en die laaste boomhuis | 📸: Llewellyn de Wet

Galery: Kinderfees 2026

Die Toyota Stellenbosch Woordfees se Kinderfees is omvattend, volwaardig, grappig én leersaam.
📸: Stefan Els

Galery: Die wyn-roete 2026

Stellenbosch-wynroetes is sinoniem met Bolandse gasvryheid.
FOTO - Stefan Els

Galery: RSG/ATKV-vierkant 2026

Die RSG/ATKV-vierkant was weer eens ’n kultuurryke kuierplek en ’n polspunt van die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees.
📸: Anneri Wasserman

Galery: VIA by die fees | 2026

VIA se teenwoordigheid is ’n instelling by die Toyota Stellenbosch Woordfees en soos gewoonlik het dié TV-kanaal flair en styl bygedra met twee verfrissende Leefstyl-aanbiedings.
FOTO - AB Jantjies

Galery: KleinBlouKlip-plaas 2026

KleinBlouKlip-plaas was die gasheer vir ’n reeks unieke kos- en wynervarings wat besonders met kultuur en samesyn saamgesmelt het.
Website WOORDTROFEES

Woordtrofees 2026

Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir 2026 is bekend.
Date 2027 Web

SPEEL ONTSLUIT NUWE MOONTLIKHEDE

Boodskap van Saartjie

In ’n land met ’n hemelhoë werkloosheidsyfer, waar hoop en oorlewing in die gedrang en die politiek vlambaar en onseker is, en die ekonomie traag en tam bly, is speel nie hoog op die agenda nie. Speel is vir kinders, ’n aktiwiteit wat plesier verskaf sonder ’n uitkoms.

Ons gee ons daagliks oor aan take wat ons moet of behoort te doen, en het selde tyd of energie vir iets wat ons wíl doen. Die lys van verantwoordelikhede en bekommernisse is te lank, te veel, te nimmereindigend. Ons leefwêreld is meer belyn met angs en steurnisse as met speelsheid en spelerigheid.

Om te kan speel moet jy die pauseknoppie druk – halfgebak speel is kroek. Speel vra totale oorgawe, verbeelding, en gewoonlik maats. Speel is ’n dans met die werklikheid, van ’n wêreld wat is, maar ook ’n wêreld wat word. Waar ander reëls geld, waar die onmoontlike haalbaar en selfs moeiteloos word. Speel ontsluit nuwe moontlikhede, dit ontdek wêrelde, en dit plaas jou op ’n onbedreigde plek waar jy net in die oomblik kan wees.

’n Kunstefees is ’n bietjie soos die speeltyd of pouse uit jou skooldae. ’n Klok lui en roetine word opgehef. Daar is vriende, dalk ’n broodjie, ’n uitgelate gejil en gil, of ’n stil oomblik in die biblioteek met ’n boek, dalk ’n weggesteekte stoute oomblik agter die paviljoen. Daar is energie en bruising en dis onmiskenbaar die lekkerste deel van die dag. Ons wil graag hê die fees moet die lekkerste deel van jou jaar wees, dat jy reikhalsend uitsien na die tydperk van 28 September tot 6 Oktober en die slapies aftel voor jy met oorgawe kom fees hou. Saam kom speel. Dat jy verkwik en vervuld hier sal weggaan, met ’n ligter tred.

Saartjie Botha – Direkteur: Toyota Stellenbosch Woordfees

Lees meer

Jongste nuus