fbpx

Veronique Jephtas se topvyf

Veronique Jephtas is ’n 23-jarige skrywer, digter, aktrise, en regisseur wat haar honneursgraad in 2019 in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het. Hierdie jaar is sy betrokke by drie produksies by die Toyota US Woordfees:

1. Hoe change hulle. Haar debuutproduksie, waarvan Lee-Ann van Rooi die regie behartig, en Marlo Minnaar die rol van Shelly vertolk. 
2. Jakkals en Wolf Onbeperk onder leiding van Amelda Brand. Die produksie is onlangs vir verskeie kykNET Fiësta-toekennings benoem, en sy vertolk die rol van Krokodil en Kraai.
3. NiksAllesTogIets, wat wys by Fringe, waarvan sy die regie behartig.

Veronique sien uit na:

“All who pass deur Amy Jephta is ‘n absolute moetsien. Nie net oor die ongelooflike geselskap en produksiespan nie, maar oor die onderwerpe en nodige gesprek wat oopgemaak word. Dis iets wat beslis die hartsnare sal roer en ‘n Kaapse smakie na die fees sal bring.” 

“Brandbaar is vir my iets wat besonders opwindend is, spesifiek omdat die Engelse vertaling, Womb of Fire, so ongelooflik goed was. Van die teks, tot regie, tot spel was totaal en al boeiend en spook by jou. Soos dit moet.” 

“Triple Axel deur Nico Scheepers is iets wat my baie opgewonde maak. Dis vir my altyd lekker om te sien hoe Nico met temas wat nóú relevant is speel, maar wat ook altyd relevant sal bly. Die Woordfees-boekie som dit so mooi op: ‘Een verhouding, tien tydsones. Uiteindelik is dit dalk makliker om iemand ver oor die water lief te hê as om saam te stem oor die kleur van ’n rusbank.’”

“Valsrivier deur Janice Honeyman is iets wat my nuuskierig maak. ‘Dié aangrypende verhaal oor familie, lojaliteit, verlies en grootword is afgeëts teen die landskap van ’n diep verdeelde Suid-Afrika.’ En ook, dis Tinarie [van Wyk Loots], Anna-Mart [van der Merwe] en Stian [Bam]. Wie wil dit misloop?”

“Wit isse colour deur Nathan Trantraal en Ronelda S Kamfer. Asof die twee nie genoeg is nie, is Jason Jacobs boonop die regisseur. Met hierdie name gekoppel aan ’n produksie kan mens verseker wees van woorde wat woeker en verhoogde emosies.” 

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »