fbpx

Slaan ’n slag op Bly Vrydag

Die Toyota US Woordfees hou op 31 Januarie 2020 weer Bly Vrydag, wanneer meer as 3 600 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20-80% aangebied word. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal vanjaar teen slegs R40 verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag plaasvind.

“Met Bly Vrydag wil ons aan die dorp dankie sê vir lojale ondersteuning. Ons wil ook soveel moontlik Stellenbossers die kans gee om aanbiedings tydens die fees by te woon. Die kunste mag nie ’n luukse wees wat net die rykes beskore is nie. Ons versoek dus mense wat volpryskaartjies kan bekostig, vriendelik om nie van die spesiale aanbiedings op Bly Vrydag gebruik te maak nie,” sê Saartjie Botha, die Toyota US Woordfeesdirekteur.

Amper 200 van die produksies wat vanjaar by die Woordfees te sien sal wees, is deel van die Bly Vrydag-uitverkoping. Dit sluit die gewilde Van der Stel Sportgronde-buitelugkonserte in.

  • Dagdrome in die Boland
  • Karen Zoid 20 jaar pops
  • Woordfees Karnaval (met Emo Adams en Maak My Famous-wenners)

Bly Vrydag werk só:

  • Kopers kan met kontant of ’n bankkaart betaal.
  • Afslagkaartjies is slegs by die drie ondergenoemde punte beskikbaar en slegs tydens die aangeduide tye.
  • Die aanbod geld net vir uitgesoekte vertonings.
  • Die aantal afslagkaartjies per vertoning is beperk.
  • ’n Vaste aantal kaartjies word per verkoopspunt beskikbaar gestel.
  • ’n Maksimum van twee kaartjies per persoon per vertoning by elke verkoopspunt. (Vir Kinderfeeskaartjies kan drie per vertoning gekoop word.)
  • ’n Maksimum van ses kaartjies in totaal per persoon per verkoopspunt.
  • Vir R40-kaartjies kan geen besprekings of telefoonbesprekings gemaak word nie. Die uithou of omruil van Bly Vrydag-kaartjies is ook nie moontlik nie.

Bly Vrydag-kaartjies is by die volgende vier plekke gedurende die volgende tye beskikbaar:
06:30 – 08:00: by Hoërskool Lückhoff
09:30 – 11:00: by Erfurthuis (voor op die stoep)
12:30 – 14:30: by Laerskool Eikestad (Doornbosch-straat by die hek)
18:00 – 20:00: by Erfurthuis in die kaartjieskantoor

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »