fbpx

Saartjie Botha se aanbevelings vir feesgangers

Die dramaturg en direkteur van die Toyota US Woordfees en WOW-projek, Saartjie Botha, word uit verskeie oorde oorval met een vraag: Wat mag ek nie misloop nie? Hier is wat sy vir ’n paar uiteenlopede lede van haar familie aanbeveel. 

Vir my bejaarde ma wat minder van toneel as klassieke musiek hou:

  • US Koor Middagetekonserte
    Die Stellenbosch Universiteitskoor beklee die sesde agtereenvolgende jaar die eerste plek op die Interkultur Ranglys van 1 000 internasionale kore. Dié kaartjies is dus gewoonlik lank voor die fees uitverkoop.
  • Mariam Batsashvili Solo Piano Recital
    Dié Geörgiese pianis word in 2014 die eerste vrou om die Internasionale Franz Liszt-klavierkompetisie te wen. Sedertdien het sy met die belangrikste orkeste opgetree, insluitend die Nederlandse Radio-Filharmonie, die Koninklijke Concertgebouw Orkes, en die Rotterdam- en die Brussel-Filharmonie. Haar program sluit werke in van Bach, Mozart, Liszt en Ravel.
  • Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell 
    Kamphoer is gegrond op die ware verhaal van Susan Nell, wat gedurende die Anglo-Boereoorlog in ’n konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat is, maar wie se paaie later weer met dié van haar verkragter kruis.Sandra Prinsloo speel die uitdagende rol van Nell in hierdie eenvroudrama gegrond op Francois Smith se topverkoperroman. Die veelbekroonde Lara Foot voer regie.
  • Die sonkamer 
    Die verbatim-teaterstuk deur André Gerber met, onder andere, Antoinette Kellermann en Lida Botha gee ’n intieme blik op bejaardes in ’n aftree-oord. Die teks is gebaseer op gesprekke met regte bejaardes en hul woorde word net so op die verhoog gehoor.

Vir my tienerniggie wat lus is vir moeilikheid en oop is vir alles:

  • [TUSSEN]
    [TUSSEN] bestaan uit ’n aantal vertaalde tonele uit [BLANK] deur Alice Birch, wat handel oor die impak van kriminaliteit en tronkstelsels op volwassenes en kinders.
  • J BOBS Live
    In ’n mengsel van paneelbespreking, geselsprogram, vasvra- en speletjiesprogram, maak dié 2020 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar, die gehoor deel van ’n teater-ervaring waarin grense speel-speel afgebreek word.
  • Dagdrome in die Boland
    ’n Groot buitelug- rock ’n rap-konsert met Francois van Coke, Early B, Jack Parow, Hunter Kennedy, Pierre Greeff, Laudo Liebenberg, Arno Carstens en Tasché.
  • Sho Madjozi
    Dié rapper, sanger, liedjieskrywer, aktrise en digter het vanjaar ’n internasionale sensasie geword met haar treffer “John Cena”. 

Vir my Duitse skoonsuster wat hou van uitdagende werk:

  • All Who Pass
    Dié stuk deur die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar, Amy Jephta, handel oor ’n vrou wat terugkeer na Distrik Ses en oorweldig word deur herinneringe aan die laaste nag in die huis waaruit sy en haar familie gesit is.
  • Baqamile (The Shining Ones)
    Hierdie produksie van Buhlebezwe Siwani is reeds in Switserland uitgevoer en warm ontvang. Baqamile kombineer verskeie Suid-Afrikaanse deurgangsrites en maak van video, sang, musiek, klanklandskappe en dans gebruik om ’n sensueel oorweldigende ervaring te skep.
  • Krummelpap, afval en sunlightseepbaddens
    Hierdie dansproduksie vertolk Ronelda Kamfer se poësie onder begeleiding van ikoniese Suid-Afrikaanse musiek deur onder andere Abdullah Ibrahim.
  • Eet kreef!
    Laudo Liebenberg (aKING) en ’n vuurwarm band vier dié ikoniese album deur Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. 
  • Soundings and Fathoms
    Die internasionaal gerekende Gerhard Marx is die feeskunstenaar vir 2020. Met Soundings and Fathoms bring hy ’n opwindende versameling werk na Stellenbosch, insluitend sy enigmatiese Vehicle-projek: Marx het ’n tjello, twee viole en ’n kontrabas “oorgeplant” op dele van ’n ou Mercedes. Dié voertuigparte word deur die jazz-musikante ­Shane Cooper and Kyle Shepherd bespeel.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »