fbpx

Herschelle Benjamin is opgewonde oor …

Herschelle Benjamin is ’n 23-jarige dramaturg, kunsjoernalis, rubriekskrywer, digter en meestersgraad-student in Drama & Teaterstudies aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook betrokke by die Toyota US Woordfees met sy drama In Slavenhuis 39; het die vertaling van die produksie [TUSSEN] behartig en lees van sy gedigte by die Penseel en Kie-geleentheid voor.

Herschelle sien uit na:

“Keanen Engel debuteer as jong dramaturg en ek is baie opgewonde om sy sterk en kreatiewe stem te hoor. Wat ’n voorreg om meer LGBTQA+-stukke te kan sien.” 

“Lee-Ann van Rooi en die ongelooflike akteur Marlo Minnaar maak my net so opgewonde. Uit die pen van nog ’n jong skrywer, Veronique Jeptha.” 

“Ek het die boek gelees en sien uit na die verhoogstuk met die merkwaardige rolverdeling. Janice Honeyman in die regie-stoel is ook ’n sterk trekpleister.”

“Ons jeug is op die planke in ’n besonderse stuk met Amelda Brand as regisseur. Ek was gelukkig om die vertaling te doen en raai ouers, tieners en almal aan om hierdie belangrike produksie te sien – nie net oor die jong spelers te talent nie, maar ook die belangrike temas.”

“Marthinus Basson en poppe … ek’s daar! Ook die rolverdeling en die jong aktrise René Cloete.”

“Ek sien uit om Cintaine Schutte te beleef in hierdie eenman-stuk gegrond op Marita van der Vyver se roman.”

“Uitstekende rolverdeling en die akademikus-dramaturg André Gerber het die teks geskryf.”

Womb of Fire in Afrikaans met Rehane Abrahams mag nie misgeloop word nie. Met Jason Jacobs as regisseur.”

“Hierdie skreeusnaakse stuk is terug met soveel talentvolle mense.”

“Jefferson Korkee is terug met ’n nuwe stuk ná sy bekroonde Rooilug. Ek sien baie uit om hom en sy woorde op die verhoog te sien.”

“Ek dink hierdie gaan besonders wees.” 

“Dis ’n moet-kyk!”

Herschelle sien ook uit na:
Daar is nog vele meer soos Bloudruk vir nog ‘n beter leweDude, wa’s my bakkie en al die Fringe-stukke wat ek dink almal moet gaan kyk om jong kunstenaars se dapperheid en talent te beskou en ondersteun. Die res van die musiekaanbod, asook Skrywersfees, het ook soveel ongelooflike mense en gesprekke. Hoe kies mens? 

(Foto: Victor Sguassero & kykNET)

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »