fbpx

Herman Lensing se topvyfkeuses

Die nimlike kosman Herman Lensing maak by Woordfees 2020 sy buiging op die teaterverhoog in Crimplene Cuisine. Geskryf deur Marion Holm, vertel dit die verhaal van Herman en nóg ’n kosbekende, Marinda Engelbrecht, wat aan ’t gesels raak die aand vóór hulle hul land in ’n groot kookkompetisie moet verteenwoordig.

Dié driestuks ontmoet weer vir Twee M’e en ’n H waaarin Herman, Marion en Marinda gesels oor kosmaak, agter-die-skerm mannewales en ’n paar slim truuks deel. 

En as jy self soos Herman wil kosmaak, kom luister wanneer hy meer vertel van sy nuwe trefferboek, Dit proe soos huis.

Herman sien uit na:

  • Die Woordfees Bravo! Bal. Dis die derde jaar wat ek ’n driegangmaal vir dié glansgeleentheid voorberei en elke jaar oortref dit my stoutste verwagtinge.
  • Ek kan nie wag om Die dinge van ’n kind te sien nie, want ek is sekerlik dié grootste aanhanger van Cintaine Schutte. 
  • Karen Zoid 20 jaar pops mis ek vir geen geld in die wêreld nie! Karen stel nooit teleur nie en wat ’n vooruitsig om saam met haar op ’n reis van twee dekades se treffers te gaan.
  • Die voordele van eierwit, want die kombinasie van Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck kan nie anders as skreeusnaaks wees nie.
  • Jackie Burger en Alwijn Burger, oftewel Blomboy, weet van mooimaak. Blomsalon, wat dié twee aanbied, is ’n wonderlike geleentheid om nuwe kreatiewe inspirasie te kry. 
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »