Taal
Afrikaans
Vervaardiger: De Klerk Oelofse (Aapstert Produksies)
Regisseur: Frieda van den Heever (verhoog)
Skrywer: Adam Small met verwerking deur Dean Balie en Frieda van den Heever
Met: Dean Balie en Die Khoisan Gypsy Band
Adam Small het nie in diens van politiek of enige sosiale gelofies gestaan nie. Sy trou het by sy gewete gelê. Sy taal het ’n atmosfeer, ’n merkwaardige teenwoordigheid, ’n presence geskep. Dit dra die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat. Wie’s die poet, wat ons steeds help om ons herkoms te erken, ons in mekaar te herken en ons toekoms saam te verken? Dié produksie het vanjaar vyf Fiësta-toekennings ingepalm, insluitend die gesogte prys vir Beste feesaanbieding.
Afrikaans
Familie
65 minute