Taal
Engels, Afrikaans
Altyd ’n Matie is 'n reeks kort persoonlike filmverhale van ’n breë spektrum van buitengewone alumni van die Universiteit Stellenbosch.
Art Allies
In hierdie film ontmoet ons die gevestigde kunstenaar Louise Gelderblom en huidige beeldendekunstestudent Carmen Maria Titus wat ons 'n kykie in hul onderskeie wêrelde gee.
Encouraging Change
Die pad na transformasie: Axolile Ntsika Mandaba Qina, SR-voorsitter, en die politikus Melanie Verwoerd vertel ons meer van hul onderskeie leierskapsrolle in tye van verandering.
Home Away from Home
Harmonie-huiskomiteelid, Thando Myaka, Dr. Therina Theron, Senior Direkteur vir Navorsing en Innovasie, en nagraadse joernalistiek student, Kayla Alexander, deel hul Stellenbosch-ervaring.
Recognising Opportunity
In hierdie film beantwoord Wim de Villiers, huidige rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch, en Wandile en Wanele Ganya, twee gegradueerdes van die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (2015) ons groot vraag: "Wat beteken dit vir jou om 'n Matie te wees?"
True Champions
Een tree op 'n slag ... Wêreldkampioen atleet Ilse Hayes en doktorale student Rynhardt Kruger, die eerste blinde persoon aan die US om 'n meestersgraad in rekenaarwetenskap te behaal, omskep struikelblokke in geleenthede.
Die fasilitering van toegang tot onderwys
Generasies uitmekaar ... maar Prof. Yusef Waghid, uitgelese professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, en Matie-student Ruan Steyn is bewys van die transformerende krag van toegang tot onderwys en geleenthede.
Visionêre leierskap
Tania Slabbert, die dogter van Frederik Van Zyl Slabbert, gee ons 'n persoonlike blik op hierdie visioenêre leier, terwyl Jandré Dippenaar sy reis as studenteleier deel.
Wêreldbekende bekroonde koor
Die Universiteitskoor Stellenbosch, wat sedert Oktober 2012 die eerste plek as beste amateurkoor op die wêreldranglys van die Interkultur-stigting beklee, betower met hul roerende harmonieë en musikale uitnemendheid, en ontvang oral waar hulle optree kritiese erkenning vir hul uitmuntende vertonings.
Turning Obstacles into Opportunities
Nicky Abdinor en Hendri Herbst oorkom struikelblokke en deel hul ervaringe.
Engels, Afrikaans
Familie
6-10 minute elk