COVID-19: Wenke ter voorkoming

Die Toyota US Woordfees volg die protokolle wat die Universiteit Stellenbosch in plek geplaas het rondom die hantering van die Coronavirus-siekte. Die Universiteit Stellenbosch (US) hou die gebeure rondom die uitbreking van die coronavirus (COVID-19, veroorsaak deur die nuwe coronavirus SARS-CoV-2) wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n wêreldwye pandemie verklaar is, baie fyn dop.

’n Gebeurlikheidskomitee bestaande uit verskeie kundiges, insluitende personeel van die Infeksiesiektes-sentrum (ISS) en die Afdeling Mediese Virologie by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA), die US se Kampusgesondheidsdiens en ander, is saamgestel. Die bestuur van die US doen ’n beroep op die Universiteitsgemeenskap om op hoogte van die jongste nuus oor die virus te bly deur gereelde plasings op sosiale media en die amptelike webwerf van die Universiteit te volg. Die Toyota US Woordfees het handreinigingsmiddels na feesvenues versprei en kennisgewings met voorkomingsmaatreëls is aangebring.

KLIK HIER vir meer inligting oor voorkoming.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »