Spaar en wen op Bly Vrydag

Dis op 31 Januarie 2020 weer Bly Vrydag wanneer meer as 3 600 kaartjies vir vanjaar se Toyota US Woordfees teen afslag van 20-80% aangebied word. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal vanjaar teen slegs R40 verkoop word. 

Die eerste 50 mense wat by elkeen van die vier verkoopspunte opdaag, staan die kans om uitgesoekte kaartjies ter waarde van R1 000 in ’n trekking te wen.

En dis nie jou enigste kans om te wen nie: By die verkoopspunte sal elke 20 minute kaartjies weggegee word aan die gelukkige persoon wat voor in die ry staan. 

Daar is afslagkaartjies vir amper 200 produksies beskikbaar. Hier is ’n paar daarvan: 

Toneel:
All Who Pass
Bloudruk vir ‘n nog beter lewe
Die engel by die dam

Die negende stap
Die sonkamer
Die vermoeienis van vlerke
Ekstra large, asseblief?
Hoe change hulle
Kraai
Nancy, Shiela & Gayle
Op die hoek van die sesde straat
Sê groete vir Ma
[Tussen]
Wit isse colour

Fringe:
Kort onderhoude met aaklige hekse
Moord, op die 8ste gat
PAN.
Reënboë bestaan wel in die Transvaal

Kinderfees:
Die avonture van Robin Hood
Huppelkind
Jakkals en Wolf Onbeperk
Lollos, jou slim ding!

Dans:
Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens
Abakhulu – The Great Ones
Pollution

Klassieke musiek:
Charl du Plessis Trio: Imagine
Finding | Being
LGT Young Soloists
Mariam Batsashvili Solo Piano Recital
Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
Percussion threads – from Zurich to Mzanzi
Moederkerk-orrelweek

Kontemporêre musiek:
Skemertunes: Heuwels Fantasties, Sunset Sweatshop
Dagdrome in die Boland (met Francois van Coke e.a.)
Die poet, wie’s hy?
Dr Victor & The Rasta Rebels
Early B
Jo Black
Karen Zoid 20 jaar Pops
’n Lieflike lawaai
Nataniël: Hoekom hulle swing
Sho Madjozi
Spoegwolf
Van Broadway na Birdstraat / From Broadway to Bird Street
Woorde op akkoorde
Woordfees Karnaval met Maak My Famous-wenners

Skrywersfees:
Bibi & Loftus: Sewe sondes
Boekklub: 50 jaar met Fred
Ramaphosa’s Long Game
Rolene Strauss: Vanuit die hart

Stand-up-komedie:
Schalkie & Cassie hou konsert
Joey Rasdien en KG
Nik Rabinowitz & Wayne McKay
Radio Raps: Lang storie kort

Leefstyl:
Twee M’e en ‘n H
Lientjie Wessels se GeureSaam met Errieda du Toit

Die volledige lys van produksies met datums en tye is by die onderskeie verkoopspunte beskikbaar.

Let wel: Geen kaartjies is aanlyn beskibaar nie. Bly Vrydag-kaartjies word die volgende vier verkoopspunte op die volgende tye verkoop:
06:30 – 08:00: by Hoërskool Lückhoff 
09:30 – 11:00: by Erfurthuis  (voor op die stoep)
12:30 – 14:30: by Laerskool Eikestad (Doornbosch-straat by die hek) 
18:00 – 20:00: by Erfurthuis in die kaartjieskantoor

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »