’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar. Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid […]

Die Woordfees kom huis toe – na jou toe

Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 150 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. Alle DStv-intekenaars met ’n Premium- of Compact Plus-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê. Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program […]

GOEIE NUUS VIR MATRIEKS EN TEATERVLOOIE

Twee dramas, wat vir Afrikaans Huistaal in graad 12 voorgeskryf word, is vanjaar spesiaal vir Woordfees TV verfilm: Adam Small se Krismis van Map Jacobs en Reza de Wet se Mis. Die feeskantoor word sedertdien oorval met navrae van skole en leerders wat graag na hierdie produksies wil kyk in voorbereiding op die naderende matriekeksamenvraestel […]

HOE KYK EK WOORDFEES TV?

Woordfees TV is net van 1-7 Oktober op DStv-kanaal 150 en op Go TV-kanaal 15 in Namibië beskikbaar. Alle Premium- en Compact Plus-intekenaars het toegang tot hierdie opwipkanaal en hoef niks ekstra te betaal nie. As jy nog nie op DStv ingeteken is nie, kan jy dit maklik vir ‘n maand doen en dit gaan […]

Hoogtepunte van Woordfees TV 2022

Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.

Spesiale bylaag oor Woordfees TV

Hierdie bylaag het in Die Burger op 25 September 2021 verskyn, maar dit was net in drukformaat beskikbaar. Nou kan jy dit in digitale formaat geniet. Klik hier om die Woordfees-bylaag in PDF-formaat af te laai. Please note: As this supplement was published in an Afrikaans newspaper, it is not available in English.