’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar.

Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid van kunstenaars nie. Baie dankie dat julle die fees se hande geneem en sonder voorbehoud ondersteun het om hierdie kanaal moontlik te maak.

Meer as 300 kunstenaars en 200 tegnici was betrokke by die skep van die inhoud vir hierdie kanaal. Uiteindelik is meer as 70 nuwe programme vir Woordfees TV geskep, en meer as 60 bestaande produksies is gelisensieer om vir 24uur, 7dae aaneen, ’n kunstefees na jou sitkamer te bring.

Hartlike dank ook aan ons meelewende kykers wat soveel entoesiasme op sosiale media en in e-posse aan die feeskantoor gedeel het. Dis wonderlik dat ons op grond van die groot navraag na herhalings deur DStv genooi is om Woordfees TV met drie dae van 8 tot 10 Oktober te verleng.

“Ons is geweldig dankbaar en bevoorreg,” sê feesdirekteur, Saartjie Botha, “om op hierdie manier te kon help om die kunste en ons handelsmerk lewendig te hou en blootstelling aan ons lojale borge te gee. Woordfees TV het nogmaals gewys: sonder kunstenaars is ons nie en sonder borge kan ons nie.

“ ’n Innige dankie dus aan ons naamborge (Toyota en Universiteit Stellenbosch), platinumborge (kykNET en Media24), goue borge (Distell en Standard Bank), ons silwerborg (ATKV) en aan DStv, wat die platform beskikbaar gestel het. Hartlike dank ook aan ons gewaardeerde donateurs (Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi, Dagbreek Trust,  WF20 en TAO), almal wat tot die Liefde-vir-die-Woordfees-veldtog bygedra het en aan al ons projek- en produksievennote. Mag ons binnekort weer ’n fees in die vlees kan aanbied.”

Planne vir die Toyota US Woordfees 2022 sal binnekort aangekondig word.

Facebook
Twitter
LinkedIn
Lees ander berigte
Woordfees 2022
Woordfees

Woordfeesdatums vir 2022 bekend

Die Toyota US Woordfees kon op Maandagaand 14 Maart die eerste keer sedert Maart 2020 weer die gesellige Langtafel aanbied. Dié geliefde tradisie is tradisioneel

Lees meer »
Langtafel
Woordfees

Die Woordfees Langtafel

Die Langtafel is vir baie Woordfeesentoesiaste ’n jaarlikse hoogtepunt en geliefde tradisie. Dit is aan hierdie Langtafel, onder die bome in Ryneveldstraat, waar die Toyota

Lees meer »