Toyota US Woordfees | Lief Woordfees

Dit was ‘n opwindende plesier en voorreg om Woordfees TV in jou voorkamer aan te bied, maar ongelukkig was dit nie moontlik om kaartjies vir die televisiefees te verkoop nie. Kaartjieverkope is egter nodig vir ons om jaarliks ʼn fees te kan aanbied. Daarom doen ons ʼn vriendelik beroep op jou om jou liefde vir die fees te wys deur ʼn kaartjie, of soveel kaartjies as wat jy kan bekostig, te skenk. Só help jy om Woordfees 2022 moontlik te maak en die kunste lewend te hou.

Quicket:

Koop ʼn kaartjie of twee by Quicket deur HIER te klik of maak gebruik van die QR-kode hieronder.

Toyota US Woordfees | Lief Woordfees

Bankbesonderhede:

Skenk soveel as wat jy kan bekostig deur jou donasie direk in die Lief Woordfees-bankrekening in te betaal.

banknaam

Standard Bank

RekeningHOUER

Lief Woordfees

Rekeningnommer

060633182

Takkode

051001

Tipe rekening

Lopende rekening

SWIFT-KODE

SBZA ZA JJ

VERWYSING

Gebuik asb. jou e-posadres as verwysing wanneer jy ‘n betaling maak

SnapScan:

Maak ʼn donasie deur gebruik te maak van die QR-kode hieronder en ‘n betaling te doen deur SnapScan.

Toyota US Woordfees | Lief Woordfees

Deur ʼn bydrae tot die Liefde-vir-die-Woordfees-veldtog te maak, ondersteun jy die hele Woordfeesspan, die kunstenaars, ons tegniese span, ons ontvangspersoneel, die pendeldiens en die meer as 600 tydelike personeellede aan wie die fees jaarliks werk verskaf. 

Jou bydrae sal ʼn verskil maak.