Fiona van Kerwel se topvyf

WOW staan vir “Woorde Open Wêrelde” en dat dit waar is, daarvan kan Fiona van Kerwel, bestuurder van die US Woordfees se WOW-bemagtingsprojek, getuig. Vanaf 2003 het die WOW-projek al meer as een miljoen lewens verryk met kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste. WOW bied jaarliks ’n program by die Toyota US Woordfees aan wat op onderwysers en leerders gerig is.

Hier is vyf fees-aanbiedings waarna Fiona uitsien:

  • Wanneer hare mince… en kinders droom (Kinderboekfees)
    Ure met die stryktang, saans met die swirlkous, maar steeds mince jou hare by die eerste teken van reën… Aktrise Bianca Flanders het as Lola mense laat skater met staaltjies oor ’n jong bruin vrou se verhouding met haar hare. Sy gesels met Riana Scheepers oor haar prenteboek Prinses Pampoenpit, en die prenteboekillustreerder Dale Blankenaar deel ’n video-vertoning oor sy ervaring by die Nami Concouse-prenteboekfees op die eksotiese Koreaanse Nami-eiland.
  • Krisis in die onderwys (Diskoers)
    Is die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ’n katastrofiese mislukking? En as dit is, wat gaan ons daaraan doen? Dr. Leslie van Rooi gesels met kundiges oor moontlike oplossings.
  • Hoe change hulle (Toneel)
    ’n Drama  met Marlo Minnaar deur die opwindende jong dramaturg Veronique Jephtas oor die manier wat die ghetto het om mense in te sluk en dan te maak of dit maar is hoe dinge moet wees. Lee-Ann van Rooi behartig die regie.
  • Woordfees Karnaval met Maak My Famous (Kontemporêre musiek)
    Saam met die Maak My Famous-wenner, Cheswyn Ruiters, en die -finaliste Bernice West, Megan Danner, Jesmone Damonse, Jolene Slingers en die Unknown-dansers gaan Emo Adams die Van der Stel Sportgronde in ’n groot buitelugpartytjie omskep.
  • Jakkals en Wolf Onbeperk (Kinderfees) 
    Jakkals en Wolf Onbeperk bied ’n humoristiese en kontemporêre blik op dié geliefde ou dierestories uit ons inheemse storieskatkis. Dié produksie is vir ses Fiësta-toekennings benoem en is ’n stuk wat die hele gesin kan geniet.
Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on google
Google+
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

Woordtrofees-wenners 2020

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen

Lees meer »