US Woordfees TV 2022
Op die TV
Sit weer die Woordfees
in jou huis aan
Die Toyota US Woordfees vind vanjaar nogmaals dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-fees sal vanaf 15 tot 28 Julie op DStv-kanaal 150, en in Namibië ook op GOtv-kanaal 27, op die lug wees.
Alle Suid-Afrikaanse DStv-intekenaars met ’n Premium-, Compact Plus-, Compact- of Family-pakket sal toegang tot dié opwipkanaal hê, maar in Namibië sal Woordfees TV nie ook op Family beskikbaar wees nie.
Teken hier in.
’n Opwip-TV-fees
Fees-TV-aanbod
Die fees-TV-aanbod sal die meeste genres dek wat gewoonlik deel van die program is. Dit sluit in die Easy Equity Skrywersfees, toneel, kontemporêre musiek met die Toyota Groot Vyf-konsertreeks en Standard Bank Jazz-aanbieding, klassieke musiek, Savana Stand-up-komediefees, Stellenbosch Wynroetes Leefstyl, Media24 Diskoers, Strauss & Co Visuele Kuns en dans. Die Standard Bank-landboureeks is vanjaar ook op die program. Herhalings van die gewildste TV-feesaanbiedings van 2021 sal buite spitskyktye uitgesaai word. Nuwe programme wat vir 2022 vervaardig word, sal op DStv Catch Up beskikbaar wees.
Die programinhoud en uitsaaitye van die Toyota US Woordfees TV sal op 21 Junie 2022 in die media bekend gemaak word.
In samewerking met die Woorde Open Wêrelde (WOW) Projek, sal die feesprogram ook opvoedkundige elemente bevat.
Alle narratiewe inhoud en gesprekke sal Engelse onderskrifte hê.
Vir borgverwante sake en om op die kanaal te adverteer
Kontak asseblief vir Marlise Serfontein: marlises@sun.ac.za
Hoe kyk ek Woordfees TV?
Woordfees TV is van 15 tot 28 Julie eksklusief op DStv-kanaal 150 en op GOtv-kanaal 27 in Namibië beskikbaar.
Alle Suid-Afrikaanse Premium-, Compact-, Compact Plus-, en Family-intekenaars het toegang tot hierdie opwipkanaal en hoef niks ekstra te betaal nie, maar in Nambië is die Family-pakket uitgesluit. As jy nog nie op DStv ingeteken is nie, kan jy dit maklik vir ‘n maand doen en dit gaan jou goedkoper as die tradisionele fees uitwerk.