Take-a-STAND-gespreksreeks

Waaroor gaan die gesprekreeks?

Professionele teatermakers en dansers is hard getref deur die Covid-pandemie, wat nie net ’n dramatiese verlies aan inkomste veroorsaak het nie, maar ook verhoogkunstenaars van ’n gevoel van gemeenskap ontneem het. Die Take-a-STAND Dialogues is gegrond op die model van skrywersfeeste en het met ’n samekoms hierdie gemeenskap versterk en nuwe lewe gegee. Die Take-a-STAND-gesprekke was ’n platform wat aan diverse stemme uit die dans- en teatersektor die geleentheid gegee het om verskeie uitdagings en sosiale kwessies in die uitvoerende kunste aan te spreek.

’n Geleentheid

Agtergrond

Dié geleentheid is gedurende die naweek van 19-21 Februarie 2021 in Stellenbosch aangebied deur die US Woordfees en STAND (Sustaining Theatre and Dance)-stigting. Die samekoms is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Nederlandse Ambassade en NATi. 

Elke paneelgesprek was 60 minute lank en het tot vier deelnemers ingesluit. Die gesprekke was informeel en het onder die leiding van fasiliteerders plaasgevind. Lede van die gehoor het die geleentheid gehad om vrae te stel.

Die Take-a-STAND-gesprekke het in 44 Ryneveld plaasgevind, wat sowel die naam as die adres van ’n nuut opgeknapte venue in Stellenbosch is.

Alle sessies is ook regstreeks gestroom en die geleentheid was oop vir die algemene publiek. Opnames van die gesprekke sal binnekort beskikbaar wees. 

Klik hier vir foto’s van die Take-a-STAND Dialogues-geleentheid: