Foto’s: Karoo Suite 2 – Karoonagte

Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suite het die afgelope drie jaar gehore op hulle voete gehad. Hulle keer terug met ’n aangrypende opvolg-produksie. Karoo Suite 2: Karoonagte verwys na Deon se gelyknamige boek en Coenie se bekende lied. Dis nagverhale deur Deon Meyer wat hy self op die verhoog vertel. Die musiek en orkestrasie word weer eens deur Coenie geskep en gespeel, bygestaan deur Mauritz Lotz op kitare. Dié multi-mediavertoning sluit beeldmateriaal van NASA en nagfotografie van onder meer National Geographic-fotograwe in, sowel as animasie deur die bekende kunstenaar Diek Grobler. 

Foto’s: Nanette Evenhuis

Facebook
Twitter
LinkedIn