Foto’s – Vehicle: Soundings and fathoms

Gerhard Marx se enigmatiese Vehicle-projek is by Toyota US Woordfees 2020. Die projek streef om ’n “stem” (en daarmee storie) aan lewelose objekte te gee, en om dit te doen het Marx klassieke snaarinstrumente – ’n tjello, twee viole en ’n kontrabas – oorgeplant op dele van ’n motor. Dié voertuigparte word deel van ’n klankkas waaruit ’n ryk, broeiende en hipnotiese klankwêreld getrek word. Dit is ’n projek van “musikale forensika” waarin snare ingespan word om te kyk hoe klank kan verander wat jy sien en hoe jy kyk. Dit word vermag deur die verkennende improvisasie van die fenomenale musikante Shane Cooper and Kyle Shepherd. Die skrywer en verhoogkunstenaar Toast Coetzer se digterlike prosa en stem gee verdere lae aan Vehicle se ryk, meesleurende landskap van klank.

Fotograaf: Lindsey Appolis

Facebook
Twitter
LinkedIn