Foto’s: Openingsaand van die Take-a-STAND-gespreksreeks

Die eerste Take-a-STAND Dialogues-gespreksreeks is op Vrydagaand, 19 Februarie, geopen deur die US-rektor, prof. Wim de Villiers, en die Nederlandse ambassadeur, Han Peters.

Die internasionaal gevierde danser-choreograaf Gregory Maqoma het die programrede, “Teater vir wie? Dans vir wat?”, gelewer. Sy toespraak oor die bestaansreg en rol van teater en dans in die kontemporêre wêreld is luid toegejuig.

Dié geleentheid is deur die STAND (Sustaining Theatre and Dance)-stigting in samewerking met die US Woordfees aangebied in 44 Ryneveld – die naam en adres van ‘n nuwe venue in Stellenbosch. Die samekoms is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Nederlandse Ambassade en NATi. 

***

Klik hier vir foto’s van die tweede dag van Take-a-STAND en hier vir foto’s van dag drie.

Fotograaf: Jeremeo Le Cordeur

Facebook
Twitter
LinkedIn