fbpx

Take-a-STAND-gespreksreeks

Professionele teatermakers en dansers is hard getref deur die Covid-pandemie, wat nie net ’n dramatiese verlies aan inkomste veroorsaak het nie, maar ook verhoogkunstenaars van ’n gevoel van gemeenskap ontneem het. Die Take-a-STAND Dialogues is gegrond op die model van skrywersfeeste en wil met ’n samekoms gemeenskap versterk en nuwe lewe gee. Die Take-a-STAND-gesprekke sal ’n platform aan diverse stemme uit die dans- en teatersektor gee om verskeie uitdagings en sosiale kwessies in die uitvoerende kunste aan te spreek.

Dié geleentheid word gedurende die naweek van 19-21 Februarie in Stellenbosch aangebied deur die US Woordfees en STAND (Sustaining Theatre and Dance)-stigting. Die samekoms word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Nederlandse Ambassade en NATi. 

Elke paneelgesprek sal 60 minute lank wees en tot vier deelnemers insluit. Die gesprekke sal informeel onder die leiding van fasiliteerders plaasvind. Lede van die gehoor sal die geleentheid kry om vrae te stel. 

Die Take-a-STAND-gesprekke sal in 44 Ryneveld plaasvind, wat sowel die naam as die adres van ’n nuut opgeknapte venue in Stellenbosch is. 

Daar sal kaartjies vir elke sessie beskikbaar wees vir ’n gehoor van 50, wat onder die geldende Covid-19-riglyne toelaatbaar is. Alle sessies sal ook regstreeks gestroom word en die geleentheid is oop vir die algemene publiek.

Kaartjies vir die bywoning van gesprekke by 44 Ryneveld kos R60 per sessie, R150 vir ’n hele dag en R250 vir die hele naweek.

Die virtuele bywoning van gestroomde sessies sal R20 per sessie kos of R150 vir die hele naweek. Internasionale gaste sal $5 per sessie en $30 vir die hele naweek betaal.

Kaartjies is beskikbaar deur Quicket. Klik hier vir kaartjies.

’n Wye verskeidenheid van temas rondom die huidige stand van sake in die uitvoerende kunste en die toekomsvooruitsigte van dié sektor sal onder die loep kom.

Die voertaal van dié gespreksreeks is Engels. ‘n Afrikaanse vertaling van die programtemas is hier beskikbaar: https://www.woordfees.co.za/afr/nuus/teatermakers-en-dansers-neem-standpunt-in/

Toyota US Woordfees | Die Take-a-STAND-gespreksreeks