fbpx
Die Toyota US Woordfees

Die Woordfees het in 2000 as ’n deurnagpartytjie vir die Afrikaanse woordkuns begin, maar het in die afgelope twee dekades gegroei tot een van Suid-Afrika se grootste kunstefeeste.

Met meer as 500 uitvoerings en geleenthede in meer as 70 venues verander die Toyota US Woordfees die universiteitsdorp van Stellenbosch in die Wes-Kaapse wynlande in ’n warrelwind van energie en kreatiwiteit. Kunstenaars, gehore en gemeenskappe vind mekaar in ’n vreugdevolle viering van skrywers, boeke, teater, musiek, kuns, dans, diskoers en films.