Program 2014

Alfabetiese ProgramChronologiese Program Woordfeesprogram in PDF Deurblaai Program

Die luisterryke, wonderbaarlike Woordfeesprogram is groter as ooit. Soek in die alfabetiese en chronologiese program of blaai gerus deur die virtuele weergawe van die pragtige programboekie met behulp van die pyltjies onderaan die bladsy.

Besprekings by Computicket het 3 Desember geopen. Vir aanlynbesprekings kliek op die naam van die item waarvoor jy kaartjies wil koop en volg die instruksies.
Bespreek gou en wees seker van jou plek!

Mar
1
Sat
WOW Dramawerkswinkel @ kykNET Erfurthuis
Mar 1 @ 9:00 am – 4:00 pm

In samewerking met die ATKV

Aanbieder: akteur, regisseur en skrywer David Brink

Aspirant-akteurs, -aktrises en -dramaturge van verskillende hoërskole kan hier hulle drome kom uitleef. Teoretiese onderwerpe wat saamhang met spel, teks, regie, ontwerp en tegniese aspekte word bespreek aan die hand van praktiese voorbeelde in DVD-opnames van die ATKV-Tienertoneel se finaliste. Inligting oor toneelfeeste en -kompetisies soos die ATKV-Tienertoneel word ook verstrek. David Brink is reeds tien jaar betrokke by die ATKV Tienertoneelkompetisie.

Mar
5
Wed
Maties MAD2 Gemeenskapsfees @ Parkeerterrein agter Wilgenhof
Mar 5 @ 6:00 pm – 10:00 pm

Kom geniet klein Saterdag saam met ons – en met groot name in die musiekbedryf. Almal bo die ouderdom van 18 is welkom by ons jaarlikse gemeenskapsfees waar ons lekker vermaak word en kan ontspan. Ons skop die aand af met ʼn pretstap/-draf om die energievlakke hoog te kry. Dit begin om 17:00 en die inskrywingsfooi is R25. Navrae: Elize Knoetze (mad@sun.ac.za)

Mar
6
Thu
Kuns is kinderspeletjies @ Willhelms Auto, Plankenbrug
Mar 6 @ 3:00 pm – 4:30 pm

Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. ‘n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.

Pronkperdjies vir jou kaggelrak!

Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Lang Tafel @ Ryneveldstraat
Mar 6 @ 6:00 pm – 10:00 pm

Aangebied deur Stellenbosch 360, in samewerking met die US Woordfees

Kom sit aan by die lang straattafel! ’n Straatkuier met topkunstenaars en kulkunstenaars. Die 15de Woordfees word ingelui met ’n feestelike viering deur 1 000 mense! Kom kyk gerus watter hase word hier uit die towerkeil gepluk!

Mar
7
Fri
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 7 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 7 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 7 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 7 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 7 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 7 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 7 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 7 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 7 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 7 @ 9:00 am – 1:00 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 7 @ 9:00 am – 5:30 pm

Lilly Friedlaender Galery
Mar 7 @ 9:00 am – 5:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 7 @ 9:00 am – 5:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Magicus in D-street
Mar 7 @ 9:00 am – 3:00 pm

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 7 @ 9:00 am – 4:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 7 @ 9:00 am – 12:00 pm

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 7 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 7 @ 9:00 am – 5:30 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Die Red Teapot Gallery
Mar 7 @ 10:00 am – 1:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Die Red Teapot Gallery
Mar 7 @ 10:00 am – 5:00 pm

Droom groot, Prinses! @ Rozendal Gastehuis
Mar 7 @ 10:00 am – 11:20 am

Met Liezel van Beek, in samewerking met The Baby Effect

Wil meisies net prinsesse wees? Wat van skrywers wat met woorde toor, of uitvinders van ’n leesbril wat self lees? Of ten minste ‘n prinses met ‘n flinkdink-skerpskiet super power! ‘n Prettige interaktiewe sessie vir ma en dogter (8-12jaar), waar ons saam aan splinternuwe lugkastele bou…

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 7 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 7 @ 10:00 am – 4:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Aan stille waters @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 7 @ 11:00 am – 12:00 pm

Moontlik gemaak deur RSG. Met Jannie Hofmeyer (Neelsie) en Suzanne Beyers (Vroutjie).

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel.

‘Loop maar deur Hoogstraat, Oudtshoorn, kyk regs op in die besigste gedeelte, gebruik jou verbeelding en jy sal die Koffiehuis sien waar Langenhoven (…) elke môre met ʼn swierige kierie en magnolia vasgesteek aan sy lapel sy intrede maak, omring deur bewonderaars wat wag vir die kwinkslae en aforismes gerig teen sy geliefde vyande (…) ʼn Man met die voorkoms van ʼn romantiese poëet, met die eensaamheid van iemand wat sy jare vooruit is… Altyd omring deur bewonderaars wat dikwels nie die nuanses van sy verset begryp het nie.’ – Etienne Leroux, Langenhoven se peetseun.

Lina Spies: Sonder woorde en musiek is die hemel hel @ JS Gericke Biblioteek: Ouditorium
Mar 7 @ 12:00 pm – 2:00 pm

Aangebied deur die Dokumentesentrum, JS Gericke Biblioteek

Die bekroonde digter deel interessante gegewens oor haar skrywersloopbaan, waarna items uit die Lina Spies-dokumentversameling in die Dokumentesentrum besigtig kan word.

Amanda Botha @ Towerbosch Aardkombuis
Mar 7 @ 12:30 pm – 2:30 pm

In gesprek met Dorothea van Zyl

Amanda Botha is so besig met skrywers, kunstenaars en ander bekendes dat mens haar eie interessante lewe vergeet. Deurdrenk van die kunste; kurator vir tien hoogstaande Woordfees-kunsuitstallings; vriendin van skrywers soos Sheila Cussons en Laurens van der Post; jarelange ervaringe in die toneel-, ballet- en skrywerswêreld; joernalis op internasionale vlak… Hoeveel husse is in hierdie hoed?

Beskermhere (Bonatuurlike, donker komedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met o.a. Deon Lotz, Leon Kruger, Milan Murray, Hannah Borthwick & Brendon Daniels. Regie: Hendri Froneman

Adriaan Bam is nie reg om dood te gaan nie. As juis dit gebeur, wil sy beskermengel die heelal se reëls verbreek om hom nog ’n kans te gee, maar dit het burokratiese gevolge!

Bloedson (Gruwel) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 1:30 pm – 2:54 pm

Met o.a. Wilhelm van der Walt, Jacques Theron & Karli Heine.Regie en draaiboek: Albert Snyman & Louis Pretorius

Twee broers veg weens donker geheime verbete teen mekaar in die Anglo-Boereoorlog. Dan kom hulle af op ’n meise wat skynbaar aan hondsdolheid ly en die regte oorlog begin…

Droom groot, Prinses! @ Rozendal Gastehuis
Mar 7 @ 3:00 pm – 4:20 pm

Met Liezel van Beek, in samewerking met The Baby Effect

Wil meisies net prinsesse wees? Wat van skrywers wat met woorde toor, of uitvinders van ’n leesbril wat self lees? Of ten minste ‘n prinses met ‘n flinkdink-skerpskiet super power! ‘n Prettige interaktiewe sessie vir ma en dogter (8-12jaar), waar ons saam aan splinternuwe lugkastele bou…

Kuns is kinderspeletjies @ Willhelms Auto, Plankenbrug
Mar 7 @ 3:00 pm – 4:30 pm

Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. ‘n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.

Pronkperdjies vir jou kaggelrak!

Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Wolkland @ Weltevreden Landgoed
Mar 7 @ 4:00 pm – 5:00 pm

Almal word genooi na Wolkland se slim drake, dinosourusse en ander wonderlike diere. Skrywer Carina Stander het haar seun Aden van Niekerk se stories, tekeninge en kleibeelde uit sy eerste vyf lewensjare byeengebring in ‘n boek. Hulle vertel daaroor en dan is dit partytjietyd, met ‘n skattejag en ander speletjies in die seerowerskip! Luister, gesels, speel en smul saam – en neem jou eie Wolkland huis toe.

Nommerpas @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 7 @ 5:00 pm – 6:10 pm

Met Hein Poole en Lee Roodt. Deur Hein Poole en Lee Roodt. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch

ʼn Vermenging van skets-komedie en skerp-skerts oor ʼn totalisator langs ʼn perderesiesbaan. Die tote, jou golden circle, is die plek waar mense geluk kom soek en dit op tragiese maniere vind, waar elke Jan Rap en sy maat wil uithang, want hier kry jy iets wat die lewe tussen nommers, nicks and tricks laat draai: ‘As die nommer pas dan wed ons hom.’ Tussen perderesies, die Lotto, kwinkslae en humor word die hartsnare getokkel. Geen o/16 T.

Te veel vir ’n coloured girl @ kykNET Fismer
Mar 7 @ 5:00 pm – 6:10 pm

Met Tereska Muishond, Jo-Ann Scholtz, Olivia Sauer en Justinovia Kettledas. Produksiehuis: Bushwomen Productions. Teks en regie: Tereska Muishond

Poësie, sang en dans word kleurvol vermeng. Vier bruin vroue probeer sin maak van hul identiteit en die plek waar hulle hoort – in ’n land waar hulle voorheen geforseer is om tussen die skadu’s van swart en wit te lewe.

Bullets oor Bishop Lavis (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a. Abduragman Adams, Charlton George & Diaan Lawrenson. Regie: Jody Abrahams & Henré Pretorius

Jerome en Ronnie is bloedbroers, maar ’n skietery verander alles. Vyftien jaar later soek tronkvoël Jerome die strafregadvokaat Ronnie om hul ooreenkoms na te kom.

Chromatique @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 7 @ 6:00 pm – 7:00 pm

Met Wilken Calitz

’n Eenman debuutproduksie waarin Wilken Calitz die grense van die tradisionele musiekkonsert toets met oorspronklike komposisies vir akoestiese kitaar en viool. Synthesizers, loop-pedals en ander elektroniese hulpmiddels ontgin ’n klankideaal wat oor lands- en identiteitsgrense strek. Revolusionêr en uitsonderlik!

Wellingtonse Suiker @ Neethlingshof
Mar 7 @ 6:00 pm – 7:10 pm

In samewerking met Kunstekaap en die Breytenbach Sentrum. Met Gerhard Steyn, Richard van der Westhuizen en die Kunstekaap Jeugorkes, Wellington / Mbekweni. Dirigent: Ian Smith. Projekbestuurder: Mandy Barnes. Vervaardiger: Marlene le Roux

Gewilde Gerhard Steyn, met sy goot treffer ‘Baby Tjoklits’, en Richard van der Westhuizen werk wonders saam met Wellington se eie jeugorkes en kom met ’n ryk verskeidenheid in die magiese blou uur.

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Wie’s bang vir Virginia Woolf? @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 7 @ 6:00 pm – 8:00 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pieterse. Deur Edward Albee. Vertaling Saartjie Botha. Ontwerp: Jaco Bouwer. Regie: Christiaan Olwagen

Getroudwees is nie vir sissies nie. ’n Jong getroude paartjie maak ’n oorlog tussen ou-getroudes mee in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. ’n Waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê, en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye. Geen o/16 TS.

Damduikers, die damduikers (Aksiekomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. Albert Maritz, Eben Groenewald & Viljee Maritz. Regie: Adriaan van As

Die Fieta-bende en Jozi yuppies kompeteer by die jaarlikse visvangkompetisie om te wys aan wie die dam behoort. Dié oorlog van komplotte en sabotasie het lagwekkende én dramatiese gevolge.

Aandwandeling: historiese dorpskern @ KykNET Erfurthuis
Mar 7 @ 7:00 pm – 9:00 pm

Wandel saam met Pietman Retief en Sandra Krige deur Stellenbosch se historiese kern en geniet ons ryk argitektoniese geskiedenis. Strate op dié roete word spesiaal gesluit, ligte verversings word aangebied en ‘n kerslig-ete met Stellenbosse wyne volg agterna. R200, bespreek by 021-887-2937

Die Bach-motief (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met o.a. Nicole Holm, Erica Wessels, Tinarie van Wyk Loots, Hannes van Wyk & Roeline Daneel.Regie: Dewet van Rooyen

Amanda, ’n musiekonderwyseres, en Bianca, ’n konsertpianis, wat beide trauma meemaak, ontmoet mekaar danksy Celeste in wedersydse empatie en weerloosheid, met Bach-musiek as metafoor.

Die Beleefnis (Tragikomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 7 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met o.a. Woutrine Theron, André Odendaal, Dorette Nel & Chris van Niekerk. Regie: Wynand Dreyer & Gert van Niekerk

’n Eiesinnige ou tannie wil haar eie begrafnis hou as viering van haar lewe. Maar watter desperate hoop skuil agter Magdaleen se ‘beleefnis’?

Langarm Snack Dans @ A.F. Louw Skoolsaal
Mar 7 @ 8:00 pm – Mar 7 @ 12:00 am

Koördineerder: Mary McDilling

Oud en jonk kan weer hulle dansskoene uithaal vir toorkunsies op die Woordfeesbaan. Kom vier die Langarm-tradisie saam met ons vir die 9de keer! Musiek deur die Paddy’s Dance Band.

USSO @ kykNET Endler
Mar 7 @ 8:00 pm – 10:00 pm

University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Conductor: Corvin Matei. Soloist: Pieter Grobler

Mussorgsky’s Pictures at an Exhibition, orchestrated by Maurice Ravel, takes the listener on a magical journey through a gallery of enchanting paintings. Maestro Corvin Matei will conduct the University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Mozart’s sublime piano concerto K 271 with soloist Pieter Grobler and Stefans Grové’s Elegy for strings are also on the programme.

Stabat Mater – Karl Jenkins
Mar 7 @ 8:15 pm – 9:45 pm

Geborg deur HEUER

Met Minette Du Toit-Pearce, die Libertas-koor en Zorada Temmingh voor die orrel

Stabat Mater (2008) bied die Walliese komponis Karl Jenkins se interpretasie van die 13de-eeuse Rooms-Katolieke gebed oor die lyding van Maria. Dit speel nie alleen in op tradisionele Westerse musiek nie, maar sluit ook etniese instrumente, Midde-Oosterse vokale werk en perkussie-instrumente in, met fragmente in Aramees en antieke Arabies. Dié magistrale werk vir koor en simfonie-orkes is aangepas vir 15 orkeslede.

Na-aap @ kykNET Fismer
Mar 7 @ 8:30 pm – 9:30 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en ondersteun deur Aardklop 21

Met De Klerk Oelofse. Deur Franz Kafka. Vertaling: Arnold Blumer. Regie en ontwerp: Jaco Bouwer

’n Aangrypende verhaal waarin ’n aap, Rooi Piet, ’n wetenskaplike konferensie toespreek oor sy lewe. Nadat hy gevang is in die oerwoude van Afrika oorleef hy sy ingehokte bestaan op die skip onderweg na Hamburg in Duitsland, deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Dit is so suksesvol dat dit hom ’n lonende loopbaan bied. Sy verslag oor die transformasie van aap na mens bied ’n kritiese en ontnugterende perspektief op wat ’n mens is, hoe mense optree, hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring, en hoe onvry die mensdom is weens aangeleerde gedrag.

Nagwond @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 7 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Albert Pretorius, Gideon Lombard en Cintaine Schutte. Deur Albert Pretorius. Aangebied deur The Pink Couch. Ontwerp: Juanita Ferreira. Beligtingsontwerp: Matt Lansing. Regie Tara Notcutt

Ons dae is gevul met besluite, regte en verkeerde keuses wat uitloop op vreugde of spyt. Dit wat ontsteek agterbly as ons in die nag alleen met onsself sit as die wond begin bloei en die masker wegval. Nagwond is ’n hartverskeurende drama oor verkeerde keuses en die gevolge wat só ver uitkring. Geen o/16 TN.

Skalie skinderstories tref Stoffontein @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 7 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Gabrielle Immelman, Joshua Prinsloo, Stephanie Badenhorst, Johan Falck, Johan de Jager, Marlie Kock, Merique Hanekom, Kyle Seconna, André Terblanche, Heinie de Jager, Marika Reinke, Celeste Kruger, Grethe van der Merwe, Etienne Esterhuisen en Elanza Swart. Musikale regie, met oorspronklike musiek en lirieke: Lucas Heinen. Teks en regie: Schalk Van der Merwe

Ontgin of ontken? Kom ontdek die liriese liefdesverhaal van Stoffontein se Karoo-inwoners. ’n Komiese kykie na die lief en leed wat gehaal kan word uit ’n dorpshoed.

Stef Bos & Koos Kombuis – Niemandsland @ Spier Amfiteater
Mar 7 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Boskombuis is ’n ‘samekoms van twee manne van dieselfde generasie wat weet wie hulle was, wie hulle is en wie hulle eendag wil wees. Ook waar hulle was, waar hulle is, en waar hulle eendag wil wees.’ Die twee woordtowenaars sing van hul liefde vir vroue, kinders, ʼn land, ʼn God, ʼn lewe. Hartroerend mooi, maar nooit sonder ʼn sweempie subversiewe ironie nie…

Wrongly accused @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 7 @ 8:30 pm – 9:30 pm

Met Waseef Piekaan. Teks: Waseef Piekaan. Regie: Basil Appollis

’n Jong man van die Oos-Kaap bevind homself in groot moeilikheid met die gereg wanneer ’n selfoonwinkel se Indiese eienaar hom van diefstal beskuldig. Waseef Piekaan van ‘vocal is lekka’ en ‘a town called fokol-lutho’ maak sy debuut by die Woordfees met hierdie eenmanstuk. Skreeusnaaks, met komiese liedjies!

Die Menere @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 7 @ 10:30 pm – Mar 7 @ 12:00 am

Met Paul Riekert en André van Rensburg

Die twee Menere (beide van Battery 9-faam) tower ’n nuwe projek uit die hoed: donker, sagte, akoestiese ballades as deel van ‘n unieke Afrikaanse subkultuur. Die teks speel ‘n sentrale rol in hul vertoning terwyl die grens tussen lirieke en kort prosa meermale vervaag. Parodie en satire word doodluiters tussen standaard-‘liedjies’ ingevleg.

kykNET Deurnagteater @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 7 @ 10:30 pm – Mar 8 @ 6:00 am

Verversings verskaf deur Mugg & Bean

Volledige beskrywings onder Dramafees.
22:30 – ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting
00:15 – Lykgeskil
01:45 – Meervoud
03:30 – Die goëlaar
05:00 – Tee

Mar
8
Sat
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 8 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 8 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 8 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 8 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 8 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 8 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 8 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 8 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Lykgeskil @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 12:15 am – 1:15 am

Met Stephanie Hough, Kyle Seconna en Andre Terreblanche. Tegniese versorging: Alex Marais. Skrywer en regie: Stephanie Badenhorst

’n Absurde swart komedie met een post-mortem grimeerkunstenaar, een pilkop, een skisofreen, een lykshuis, een dooie. Die deur staan oop… ‘Maak jou voete sulke vuisies en spuit hom tussen die tone… en hou verby met die sandale. Toe skoene steek meer weg as ’n gebarste hak.’ Geen o/16 T.

Debatfees @ Luckhoff-skoolsaal, Bloekomweg, Idasvallei
Mar 8 @ 8:00 am – 4:00 pm

Koördineerder: Marita Nel

Debatteerders uit verskillende provinsies kom slyp hul praatvaardighede by die 5de Debatfees! In 2013 was Jan van Riebeeck die wenners in die nuwe afdeling Harde Koejawels (ervare spanne), The Settlers High in Ou Hande (redelik ervare spanne) en die Hoër Landbouskool Paarl in Nuwe Besems (spanne met min ervaring).

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 8 @ 9:00 am – 1:00 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Kuns is kinderspeletjies @ Willhelms Auto, Plankenbrug
Mar 8 @ 9:00 am – 10:30 am

Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. ‘n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.

Pronkperdjies vir jou kaggelrak!

Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Lilly Friedlaender Galery
Mar 8 @ 9:00 am – 1:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 8 @ 9:00 am – 3:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Neerlandistiekdag @ kykNET Erfurthuis
Mar 8 @ 9:00 am – 2:00 pm

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting, Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, Vlaamse Kultuurstigting en Fonds Neerlandistiek. Aanbieder: Wium van Zyl

As jy oopkop is vir nuwe ervarings en verrassings, staan nader om die bekende skrywers Bart Moeyaert uit Vlaandere en Naomi Perquin uit Nederland beter te leer ken, saam met studente van ses verskillende universiteite. Die populêre sanger Wannes Cappelle uit Vlaandere en Emma Lesius van deBuren kom maak ook ’n draai, sprekers praat oor interessante onderwerpe soos vertaling en almal eet gesellig saam. Kom geniet ’n boeiende, verrykende dag saam met ons, vir die eerste keer in die Woordfeestuiste, Erfurthuis!

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 8 @ 9:00 am – 12:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 8 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 8 @ 9:00 am – 1:00 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Tjiff en Tjaff @ Spier Amfiteater
Mar 8 @ 9:00 am – 9:50 am

Wat is groot en groen en sê graag Jippie-jy? Ja, Tjiff en Tjaff van die gewilde kykNET-kinderreeks kom kuier! Die geliefde groen outjies laat lag, sing en dans gehore met hul opgewonde vrae, antwoorde en avonture. Neem deel aan hulle kaperjolle en kom leer om dinge self te maak. Hulle beste maatjie Mimi hou hulle uit die kattekwaad en antwoord vrae.

Die Red Teapot Gallery
Mar 8 @ 10:00 am – 1:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Droom groot, Prinses! @ Rozendal Gastehuis
Mar 8 @ 10:00 am – 11:20 am

Met Liezel van Beek, in samewerking met The Baby Effect

Wil meisies net prinsesse wees? Wat van skrywers wat met woorde toor, of uitvinders van ’n leesbril wat self lees? Of ten minste ‘n prinses met ‘n flinkdink-skerpskiet super power! ‘n Prettige interaktiewe sessie vir ma en dogter (8-12jaar), waar ons saam aan splinternuwe lugkastele bou…

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 8 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 8 @ 10:00 am – 2:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Wie’s bang vir Virginia Woolf? @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 8 @ 10:00 am – 12:00 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pieterse. Deur Edward Albee. Vertaling Saartjie Botha. Ontwerp: Jaco Bouwer. Regie: Christiaan Olwagen

Getroudwees is nie vir sissies nie. ’n Jong getroude paartjie maak ’n oorlog tussen ou-getroudes mee in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. ’n Waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê, en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye. Geen o/16 TS.

Liewe Heksie en die rolskaatse @ Spier Amfiteater
Mar 8 @ 10:30 am – 11:20 am

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl. Skrywer: Verna Vels. Arena Produksiehuis. Verwerking en regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Liewe Heksie is terug! Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae, en daarom vier sy haar ‘eerste’ verjaarsdag in Stellenbosch. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar partytjie in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: ‘Asseblief kaboutervriende, kom help my!’ Verna Vels se betowerende, lewendige en aksie-belaaide storie betrek die kinders voluit.

2092: God van klank @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 8 @ 11:00 am – 11:40 am

Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013. Geen o/10.

Dis mossie liefde @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 8 @ 11:00 am – 12:10 pm

Met Babette Viljoen (klavier, baskitaar & stem), Izelle Claassen (viool & saksofoon), Steffie Le Roux (perkussie & stem), Werner Ferreira (trekklavier & klavier), Alanka Craffert en Corneels Schabort

Soos ‘Ken jy tant Mossie?’ wil dié produksie mense herinner aan die liedjies wat Afrikaners so plesierig kon saamsing, terwyl nuwe toonsettings van poësie en musiek in verskillende style oud en jonk lok. Heerlike vermaak vir die hele gesin!

Land in klank @ Rupert Kunsmuseum
Mar 8 @ 11:00 am – 12:00 pm

Met Marietjie Pauw (fluit), Suzanne Martens (viool) en Roelien Grobler (harp)

Drie musici ondersoek die magiese skakel tussen landskapskuns en musiek: hulle speel Suid-Afrikaanse werke van onder meer Muyanga, Hofmeyr, Van Rensburg en Ndodana-Breen, terwyl luisteraars Pierneef se stasiepanele kan bewonder. Kom raak betower deur die kyk en die luister na interpretasies van die landskap in die ruim akoestiese naklank van die Rupert museum.

Na-aap @ kykNET Fismer
Mar 8 @ 11:00 am – 12:00 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop en ondersteun deur Aardklop 21

Met De Klerk Oelofse. Deur Franz Kafka. Vertaling: Arnold Blumer. Regie en ontwerp: Jaco Bouwer

’n Aangrypende verhaal waarin ’n aap, Rooi Piet, ’n wetenskaplike konferensie toespreek oor sy lewe. Nadat hy gevang is in die oerwoude van Afrika oorleef hy sy ingehokte bestaan op die skip onderweg na Hamburg in Duitsland, deur menslike gedrag te bestudeer en na te boots. Dit is so suksesvol dat dit hom ’n lonende loopbaan bied. Sy verslag oor die transformasie van aap na mens bied ’n kritiese en ontnugterende perspektief op wat ’n mens is, hoe mense optree, hoe kultuur, beskawing en konvensie die natuur verwring, en hoe onvry die mensdom is weens aangeleerde gedrag.

Kuns is kinderspeletjies @ Willhelms Auto, Plankenbrug
Mar 8 @ 12:00 pm – 1:30 pm

Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. ‘n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.

Pronkperdjies vir jou kaggelrak!

Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Mienkie en die bosdwerg @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 8 @ 12:00 pm – 12:45 pm

Met US Drama-studente. Aangebied deur US Drama. Teks en regie: Petrus du Preez

Mienkie is ’n dapper meisie wat naby ’n groot bos woon. Op ’n dag gaan kap haar Oupa hout in die bos en kom nie weer terug nie. Mienkie móét hom gaan soek. Dan beleef sy ’n wonderlike avontuur! Die tower-poppekas is net die plek om Mienkie en haar nuwe maats te ontmoet.

Easy Cooking from Nina’s Kitchen @ De Vette Mossel
Mar 8 @ 12:30 pm – 1:30 pm

Nina from My Easy Cooking will change the way you think about food and cooking forever. She shares a selection of easy recipes, hints and tips that will make your time spent in the kitchen most enjoyable!

Die 7 Skeppingsdae / The 7 Days of Creation @ kykNET Endler
Mar 8 @ 1:00 pm – 2:00 pm

Winand Grundling (orrel) & Schalk Wasserman (timpani)

Die skeppingsverhaal in Genesis 1 help ons om vandag sorgsaam te leef en God se grootheid te aanskou. Winand en Schalk neem die luisteraar op ’n reis deur die 7 skeppingsdae en gee ’n nuwe dimensie aan orrelkonserte met die toevoeging van die timpani.

Die lang kat (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met Erik Holm & Tessa Denton. Regie: Janhendrik Burger

’n Kwadrupleeg in ’n ou woonstel se katastrofiese jaloesie bou op oor die tartende kat se moeitelose behendigheid teenoor sy vasgekluisterde lewe.

Seuns @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 1:00 pm – 2:10 pm

Met Petro van den Heever. Teks: Theo Kleynhans. Regie: Willem Janssen

Eers was daar Drie tannies en ’n tert; nou is daar vier ma’s wat praat oor hul seuns. In dié vierluik is Yolanda die snobistiese skoonma wat haar neus optrek vir haar skoonseun; tannie Trudie die empatiese koshuismoeder, veral vir die sensitiewe seuns onder haar sorg; Karin se seun ontpop as ’n porno-ster en die enkelma Elsie tolk vir haar doofstom seun wat sy eerste liefde ontmoet…  Geen o/16.

Soos elke dag @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 1:00 pm – 2:05 pm

Met Marlo Minnaar. Deur Ferdinand Bekker. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch

’n Komedie oor wat daardie spesifieke dag gelei het tot wat sommige mense ’n tragedie sou noem. Wat het Fanie Verwoed besiel om te doen wat hy gedoen het? Kon enigiemand dit verhoed het? Hoeveel kan mens vat tot dinge te veel raak, of was dit maar net bestem om so uit te draai? Geen o/16 T.

Offer (Liefdesverhaal) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 1:30 pm – 1:54 pm

Met o.a.Theodore Jantjies, Schelaine Bennett, Denise Newman, Royston Stoffels & Chris van Niekerk. Regie: Harald Richter

Yusuf en Sadia Mosaval in die Bo-Kaap, wat vir liefde getrou het, vier hul eerste huweliksherdenking. Hulle ervaar innerlike worsteling, maar bewys hul liefde.

Louis, die nuwe Loo(c)k @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 8 @ 2:30 pm – 3:50 pm

Met Louis Loock, begelei deur Rika Vermeulen

Louis Loock is bekend vir die sing van grootse verwerkings, vir ’n vokaal-uitdagende aanslag en musikale volklanke. Maar kom ontmoet nou sy kunstenaarswese in ’n eenmalige, uiters intieme vertoning, met Rika Vermeulen voor die klavier. Dit word afgewissel deur heerlike komiese vertellings uit skryfwerk. Sing jou hier, stories daar – en siedaar, ‘n lekker genotvolle, musiekbelaaide vertoning!

Te veel vir ’n coloured girl @ kykNET Fismer
Mar 8 @ 2:30 pm – 3:40 pm

Met Tereska Muishond, Jo-Ann Scholtz, Olivia Sauer en Justinovia Kettledas. Produksiehuis: Bushwomen Productions. Teks en regie: Tereska Muishond

Poësie, sang en dans word kleurvol vermeng. Vier bruin vroue probeer sin maak van hul identiteit en die plek waar hulle hoort – in ’n land waar hulle voorheen geforseer is om tussen die skadu’s van swart en wit te lewe.

Droom groot, Prinses! @ Rozendal Gastehuis
Mar 8 @ 3:00 pm – 4:20 pm

Met Liezel van Beek, in samewerking met The Baby Effect

Wil meisies net prinsesse wees? Wat van skrywers wat met woorde toor, of uitvinders van ’n leesbril wat self lees? Of ten minste ‘n prinses met ‘n flinkdink-skerpskiet super power! ‘n Prettige interaktiewe sessie vir ma en dogter (8-12jaar), waar ons saam aan splinternuwe lugkastele bou…

Kuns is kinderspeletjies @ Willhelms Auto, Plankenbrug
Mar 8 @ 3:00 pm – 4:30 pm

Kinders van ses tot tien jaar kan saam met konseptuele beeldhoukunstenaar Nicoliene Esterhuizen kom teken, skep en vorm aan klei-, pleister- en creedstone-beeldjies, met ‘speel’ as tema en inspirasie. ‘n Video van jou kind se skeppingsproses is saam met die beeldjie ingesluit by die prys.

Pronkperdjies vir jou kaggelrak!

Navrae: Nicoliene 083 314 3753

Die ongelooflike reis van Max en Lola @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 8 @ 4:00 pm – 5:15 pm

Met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk. Produksiehuis: Pitch Promotions. ’n Donker komedie deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard. Regie: Hugo Taljaard

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit ‘n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was ‘n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se talle vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip…  ’Die lewe het geen respek nie.’  Ouerbegeleiding.

Melusine van Arcadia @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 4:00 pm – 5:00 pm

Met Sharlien Schwarz, Zia Sonnekus en Stephanie Gericke. Produksiehuis: Small Studios Productions. Wenner Krêkvars Beste produksie 2012. Teks en regie: Corné Joubert

Drie susters woon saam in ’n woonstel in Pretoria, maar die jongste, Melusine, is ‘n meermin. Hulle moeder het hulle nooit die waarheid oor haar verlede vertel nie. Na haar dood verswyg hulle dit steeds en probeer sin maak van die lewe binne hierdie omstandighede. Melusine word toenemend onrustig en rebels, en probeer haar susters forseer om haar vry te laat. ‘n Verhaal oor die drang na bevryding van dít wat mens terughou. Geen o/13 N.

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 8 @ 4:00 pm – 5:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Wene/Wien/Vienna: Die Suid Afrikaanse Soprane @ kykNET Endler
Mar 8 @ 5:30 pm – 6:40 pm

Met Minette du Toit-Pearce, Goitsemang Lehobye, Vanessa Tait-Jones, Ernestine Stuurman, Friedel Mitas & Elna van der Merwe (klavier). Regie en konsep: Niël Rademan
Word weggevoer na die wonderwêreld van die Weense wals. ʼn Kleurvolle operette-konsert soos nog nooit vantevore in Suid-Afrika gesien nie! Die Suid-Afrikaanse Soprane en Niël Rademan sal u op die punt van u stoel hou! 

Jemery Loops en Matthew Mole @ Neethlingshof
Mar 8 @ 6:00 pm – 7:30 pm

Twee alternatiewe musikante spesiaal vir die 15de Woordfees! Jeremy laat oorvleuel die wêrelde van folk musiek, jazz, rock en hip hop. Deur die gebruik van ʼn ‘Loop’-pedaal vermeng hy sy stem met als van ʼn kitaar tot ’n banjo-snaar. Matthew, die eerste Suid-Afrikaner om wêreldwyd die nommer een-verkoper op iTunes te wees, inspireer mense deur aan folk musiek ʼn elektroniese ruggraat te gee!

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Ompad (Romantiese komediedrama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a. Ceylonia Bekker & Riaan Cruywagen. Regie: Sanchia Esterhuizen

Andrea laat ’n afsê-briefie en verloofring by Sean se woonstel voor sy met vakansie na Taiwan vertrek. As sy daar besef sy het ’n fout gemaak, wil sy so gou moontlik terugkeer om sake terug te draai. Sal sy betyds wees?

Richard van der Westhuizen – Die towertrein toer voort @ De Vette Mossel
Mar 8 @ 6:00 pm – 7:00 pm

Die gewilde sanger, akteur en liedjieskrywer se reis sedert die groot treffer ‘Tussen treine’ (1991, saam met Lochner de Kock) wys daar is geen leë spore tussen Richard en sy talle aanhangers nie – sy woorde en wysies betower steeds. Kom geniet ou gunstelinge, spesiaal vir die 15de Woordfees!

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 8 @ 6:00 pm – 7:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Prinses (Bonatuurlike riller) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. Bertha le Roux, Dirk Stoltz & Jané van der Westhuizen. Regie: Morné du Toit

Wanneer die twaalfjarige Simoné Rossouw nie druk van haar ouers kan hanteer nie en geteister word deur demone uit haar familieverlede, maak sy voorspellingskilderye…

Die aand toe hy huis toe gekom het: Die Michiel Meyer storie @ Aan de Braak Teater
Mar 8 @ 7:00 pm – 8:00 pm

Met Brian Robson en Marguerite du Bois. Regie: Frans Hamman

Sewe jaar gelede, op ʼn stormagtige Halloween-aand, het Michiel by die voordeur uitgeglip om brood of melk of iets-cliché-agtigs-wat-Annetjie-lief-wou-hê te koop. Maar hy het nooit teruggekom nie. Nou is daar ʼn klop aan die deur. Dis Michiel. Met Annetjie se brood of melk of wat-ookal. Sonder ʼn idee waar hy was.

Soete groete @ Kleine Marie
Mar 8 @ 7:00 pm – 9:30 pm

Moontlik gemaak deur die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, die Nederlandse Taalunie, Fonds Neerlandistiek en Van Ewijck-stigting

Met Abraham H. De Vries, Diana Ferrus, Zandra Bezuidenhout, Bart Moeyaert uit Vlaandere en Naomi Perquin uit Nederland. Gaskunstenaar: Wannes Cappelle uit Vlaandere. Aanbieder: Dorothea van Zyl

’n Towerboeket van skrywers en kunstenaars uit Suid-Afrika en die Nederlande! Hierdie magiese belewenis, met uitmuntende skrywers en kunstenaars, sluit ’n heerlike dinee in by die pragtige Kleine Marie. ’n Wonderbaarlike aand in die geselskap van studente van ses universiteite, dosente en hooggeplaastes uit Nederland en Vlaandere.

Toevlug (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met o.a. Martelize Kolver, Louis du Preez, Amelda Brand, Lulu Botha & Ira Blanckenberg. Regie: Christiaan Olwagen

’n Middeljarige vrou wat weens ’n drankprobleem in ’n rehabilitasiesentrum beland, ontmoet ander mense met probleme in groepsessies. ’n Film oor toevlug en jellybabies eet.

Vashouding (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 8 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met o.a. Jana Strydom & Mncedisi Ncedani. Regie: Lika Berning

Na die tragiese verlies van haar baba voel Mimi vasgevang en trek uit hul weelderige huis. ’n Weggooibaba op die munisipale ashoop lei tot ’n konfrontasie met haar eie vrese en vooroordele. Sal sy haarself ooit kan vergewe en rus vind?

USSO @ kykNET Endler
Mar 8 @ 8:00 pm – 10:00 pm

University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Conductor: Corvin Matei. Soloist: Pieter Grobler

Mussorgsky’s Pictures at an Exhibition, orchestrated by Maurice Ravel, takes the listener on a magical journey through a gallery of enchanting paintings. Maestro Corvin Matei will conduct the University of Stellenbosch Symphony Orchestra. Mozart’s sublime piano concerto K 271 with soloist Pieter Grobler and Stefans Grové’s Elegy for strings are also on the programme.

Stabat Mater – Karl Jenkins
Mar 8 @ 8:15 pm – 9:45 pm

Geborg deur HEUER

Met Minette Du Toit-Pearce, die Libertas-koor en Zorada Temmingh voor die orrel

Stabat Mater (2008) bied die Walliese komponis Karl Jenkins se interpretasie van die 13de-eeuse Rooms-Katolieke gebed oor die lyding van Maria. Dit speel nie alleen in op tradisionele Westerse musiek nie, maar sluit ook etniese instrumente, Midde-Oosterse vokale werk en perkussie-instrumente in, met fragmente in Aramees en antieke Arabies. Dié magistrale werk vir koor en simfonie-orkes is aangepas vir 15 orkeslede.

Abra! @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 8 @ 8:30 pm – 9:30 pm

Met Jacques le Sueur en Alexander May.

Kom kyk wat en wie verdwyn… Internasionale kulkampioen Jacques le Sueur is bekend daarvoor dat hy Madiba se horlosie laat verdwyn (en darem ook later laat verskyn) het. Die twee top kulkunstenaars sal jou laat snak na asem met hulle verbluffend towerspel!

Bloomers en Steradent @ kykNET Fismer
Mar 8 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Marion Holm en Zenobia Kloppers. Dramaturg: Magdaleen van Zyl (wenner ATKV Prys vir oorspronklike Afrikaanse Teks 2012 – Logan toneelfees). Regie: Albert Maritz

Oujongnooi Johanna sê die Tredoux’s het los reënbuie oral laat uitsak. Haar romantiese braakland noop Johanna om ’n gerf te gooi in ongesonde Gert Willem se rigting – vandag eienaar van dermiljoene skaap, toentertyd bedremmeld op die bank agter haar in Meester Boekevat se plaasskool. Iemand moet mos darem die gloeilampe omruil; al die skapies in die katel…kry.

Die goëlaar @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 8:30 pm – 9:30 pm

Met Geon Nel. Vervaardiger: Hugo Theart / TEATERteater. Regie: Christine Trüter

‘Dames en here, kom verwonder jou aan die toorkuns, kulkuns en illusies van Daniël die Goëlaar! Net drie vertonings! Koop jou kaartjies nou! Hy verdwyn so vinnig soos wat hy verskyn het!’ Die goëlaar is die verhaal van Daniël wat die onmoontlike probeer vermag. Vir hoe lank sal hy die onheilspellende gebeure in sy eie lewe kan ignoreer… ‘n Magiese verhaal vol truuks en illusies, met kulkunstenaar Geon Nel.

Die Menere @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 8 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Paul Riekert en André van Rensburg

Die twee Menere (beide van Battery 9-faam) tower ’n nuwe projek uit die hoed: donker, sagte, akoestiese ballades as deel van ‘n unieke Afrikaanse subkultuur. Die teks speel ‘n sentrale rol in hul vertoning terwyl die grens tussen lirieke en kort prosa meermale vervaag. Parodie en satire word doodluiters tussen standaard-‘liedjies’ ingevleg.

Die ongelooflike reis van Max en Lola @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 8 @ 8:30 pm – 9:45 pm

Met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk. Produksiehuis: Pitch Promotions. ’n Donker komedie deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard. Regie: Hugo Taljaard

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit ‘n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was ‘n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se talle vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip…  ’Die lewe het geen respek nie.’  Ouerbegeleiding.

Lottering Live @ Spier Amfiteater
Mar 8 @ 8:30 pm – 9:45 pm

For the first time at the SU Wordfest! Mark Lottering returns to the stage armed with his popular and endearing characters, including Auntie Merle Abrahams from Athlone and Smiley, the fare collector on the taxi. Lottering has been at the top of his game for 15 years and has also become a regular feature on South African television. He is thrilled to bring his new work to Spier.

Meerfout @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 8 @ 10:30 pm – 11:40 pm

Met Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo. Produksiehuis: Polony. Teks: Gideon Lombard en geselskap. Regie: Gideon Lombard

Die moderne samelewing verwag van ’n vrou om meer as een ding te wees. Maar wat gebeur as hierdie fasette in konflik staan met mekaar?Meerfout handel oor die konflik tussen verwagting en verpligting; die konflik tussen wie ons is en wie ons werklik wil wees. Geen o/16 TNG.

Mar
9
Sun
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 9 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 9 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 9 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 9 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 9 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 9 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 9 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 9 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 9 @ 9:00 am – 1:00 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Lilly Friedlaender Galery
Mar 9 @ 9:00 am – 1:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 9 @ 9:00 am – 3:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 9 @ 9:00 am – 12:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 9 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 9 @ 9:00 am – 1:00 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Aan stille waters @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 @ 10:00 am – 11:00 am

Moontlik gemaak deur RSG. Met Jannie Hofmeyer (Neelsie) en Suzanne Beyers (Vroutjie).

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel.

‘Loop maar deur Hoogstraat, Oudtshoorn, kyk regs op in die besigste gedeelte, gebruik jou verbeelding en jy sal die Koffiehuis sien waar Langenhoven (…) elke môre met ʼn swierige kierie en magnolia vasgesteek aan sy lapel sy intrede maak, omring deur bewonderaars wat wag vir die kwinkslae en aforismes gerig teen sy geliefde vyande (…) ʼn Man met die voorkoms van ʼn romantiese poëet, met die eensaamheid van iemand wat sy jare vooruit is… Altyd omring deur bewonderaars wat dikwels nie die nuanses van sy verset begryp het nie.’ – Etienne Leroux, Langenhoven se peetseun.

Die Red Teapot Gallery
Mar 9 @ 10:00 am – 1:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 9 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 9 @ 10:00 am – 2:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Blondes – Elgar, Elton & Elvis @ kykNET Endler
Mar 9 @ 11:00 am – 12:00 pm

Met Elna van der Merwe, Zorada Temmingh (2 klaviere) en Kevin Gibson (tromme)

Wat snoer drie uiteenlopende El’le se musiek saam? Sedert dit die eerste keer gehoor is, gryp dit harte aan! Die Blondes se verrassende tweeklavier-verwerkings van Elgar en Elton John se bekendste melodieë en van die liedjies wat Elvis gesing het, sal jou met heimwee en lekkerkry vul danksy die immergewilde Blondes se kenmerkende vars en vernuftige weefwerk, pianistiese virtuositeit en skeutjie humor.

Die ongelooflike reis van Max en Lola @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 9 @ 11:00 am – 12:15 pm

Met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk. Produksiehuis: Pitch Promotions. ’n Donker komedie deur Vinette Ebrahim en Hugo Taljaard. Regie: Hugo Taljaard

Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit ‘n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was ‘n leeftyd lank hulle ontvlugting van ons samelewing se talle vooroordele. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip…  ’Die lewe het geen respek nie.’  Ouerbegeleiding.

Vier horisonne @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 9 @ 11:00 am – 12:00 pm

Voorlesers: Nic de Jager en Johann Nel. Musiekregie: Wilken Calitz; Regie: Marí Borstlap Calitz

Vier horisonne verwys na die oneindige rigtings waarheen poësie die luisteraar kan neem. Die bekende stemkunstenaars Nic de Jager en Johann Nel vertolk geliefde gedigte wat almal sal betower, oor temas uit die skatkamer van die Suid-Afrikaanse literatuur. Wilken Calitz gee die woorde vlerke met ’n unieke kombinasie van viool- en kitaarbegeleiding.

Waterpas @ kykNET Fismer
Mar 9 @ 11:00 am – 12:20 pm

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam). Geen o/16 TN.

Girl van die Surburbs op reis @ Aan de Braak Teater
Mar 9 @ 12:00 pm – 1:00 pm

Met Marlie Kock en Lucas Heinen op die klavier

Na ʼn onvergeetlike toer in Europa het Girl van die Surburbs nuwe reisverhale en songs. ʼn Kabaret wat jy nie kan mis nie!

Lied van die langpad @ De Vette Mossel
Mar 9 @ 12:30 pm – 1:30 pm

Met Valiant Swart en Johan Bakkes
Die blues-rocker en die reisskrywer span saam vir dié vertoning waarin die gehoor meegevoer word deur Bakkes se stories oor sy tallose reise, aangevul deur Valiant se beminde langpad-liedjies. Die informele trant en gesellige dinamika van die twee reisvriende wat om ’n vuurtjie sit en kuier.

Melusine van Arcadia @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 @ 12:30 pm – 1:30 pm

Met Sharlien Schwarz, Zia Sonnekus en Stephanie Gericke. Produksiehuis: Small Studios Productions. Wenner Krêkvars Beste produksie 2012. Teks en regie: Corné Joubert

Drie susters woon saam in ’n woonstel in Pretoria, maar die jongste, Melusine, is ‘n meermin. Hulle moeder het hulle nooit die waarheid oor haar verlede vertel nie. Na haar dood verswyg hulle dit steeds en probeer sin maak van die lewe binne hierdie omstandighede. Melusine word toenemend onrustig en rebels, en probeer haar susters forseer om haar vry te laat. ‘n Verhaal oor die drang na bevryding van dít wat mens terughou. Geen o/13 N.

2Pianists @ kykNET Endler
Mar 9 @ 1:00 pm – 2:00 pm

Met Luis Magalhães and Nina Schumann

The world-renowned piano duo 2Pianists returns to the stage especially for Woordfees 2014. 2Pianists has concertized extensively in Europe, Asia and the USA, and their compact discs have garnered rave reviews. Both Magalhães and Schumann are appointed in the Music Department of Stellenbosch University.

Vrek (Surrealistiese drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met o.a. André Velts & Tana Ferreira. Regie: Anton Swanepoel

Nadat stil Stefan sy droomvrou ontmoet, dwing ’n lewensbedreigende siekte ’n keuse af tussen ’n riskante operasie of ’n laaste dag met haar. Maar hy moet eers leer baklei vir wat hy wil hê…

Anderkant gister (Fantasie-avontuurkomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 1:30 pm – 1:54 pm

Met o.a. Hannes Brümmer, Kobus Boshoff, André Odendaal & Erik Holm. Regie: Charlene Brouwer

Bennie du Plessis wil soms die verlede oor hê, veral na sy liefdesteleurstelling. Een aand in ’n kroeg maak ’n man met magiese kragte dit moontlik, maar Bennie bly 31 jaar oud in 1987, met sy moderne klere, onbruikbare selfoon en geld. Hoe nou gemaak?

Elders aan diens – Opgedra aan Jeanne Goosen @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 @ 2:30 pm – 3:30 pm

Met Nicole Holm, Luna Paige en Frieda van den Heever. Regie: Albert Maritz

Dié kombinasie van teater, musiek en poësie bied hoë kwaliteit en baie variasie – ’n uitstekende manier om die verskillende verrassende fasette van die veelsydige Jeanne Goosen se woordkuns te belig. Jeanne het nie alleen gedigte, kortverhale, romans, toneelstukke, kabarettekste en talle rubrieke agter haar naam nie, maar ook ’n lisensiaat in klavier.

Laurinda Hofmeyr – ʼn Perd van ʼn ander kleur @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 9 @ 2:30 pm – 3:30 pm

Met Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Mabet van Wyk en David Klassen

Na ʼn paar jaar van gedeelde verhoë, is Laurinda weer te sien in haar eie produksie, met haar eie orkes. Hierdie produksie is vir almal wat wil meemaak hoe ʼn handvol topmusikante Laurinda se musiek weer kan laat rooi sien… Altyd met ʼn knik na die groot digters wat die bloed in haar are laat bruis.

Tee @ kykNET Fismer
Mar 9 @ 2:30 pm – 3:45 pm

Met Carel Nel, Cintaine Schutte en Renata Redelinghuys. Produksiehuis: Rust Co-Operative. Skrywer en regie: Philip Rademeyer

’n Verlate kamer. Die wêreld buite is aan’t vergaan. Onaardse geluide in die verte wat al nader kom. ’n Bottel. ’n Geweer. Lippe. Sykouse. Sigarette. Swangerskap. Sonstraalvingers. Seuntjies en dogtertjies. Vrouwees en manwees. Tee. Drie vreemdelinge. Waar is hulle? En wat het hulle gedoen om hier te beland? geen o/16 TSG.

Bloed – ’n Kabaret @ Aan de Braak Teater
Mar 9 @ 3:00 pm – 4:00 pm

Teks en spel: Heinie de Jager. Musiek: Stephan Bezuidenhout

Drie dinge kan niemand ontken nie: jou ma, jou bloed en die dood. Klein Andries keer terug na sy geboorteplek met vrae oor waarheid wat net meer raak. Is bloed dikker as water? Bloed is meer as net ’n klewerige, souterige, donkerrooi vloeistof. Dis is ’n bron van lewe, van dood en passie. Bloed laat ’n spoor.

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 9 @ 4:00 pm – 5:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Genova & Dimitrov Piano Duo @ kykNET Endler
Mar 9 @ 4:30 pm – 6:10 pm

Met Aglika Genova & Liuben Dimitrov

Anton Arensky se ‘Silhoeëtte’ word die silwer draad wat deur Genova en Dimitrov se konsertprogram weef. Die gekose stukke wil veral voortborduur op die magiese klawerbordtalent van Bach en Arensky, maar word pure luistergenot wanneer operawerke wat Mozart, Bellini en Bizet oorspronklik gekomponeer het ’n verwerkte baadjie aantrek.

Die Louis en Llandi Show @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 9 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Spelers en teks: Louis Roux en Llandi Beeslaar. Produksiehuis: TEATERteater-jeugliga. Regie: Marthinus Basson

’n Konsert. ’n Tipe show wat kyk na die sweterige kieliebak van ons kultuur en sê: ‘Wat as ek jou lek?’ Sommige sê Louis en Llandi is die stem van hul generasie; ander sê hulle is twee washouts wat by hulle ouers gaan bly tot hulle 40 is.

Mits dese wil ek vir jou sê… @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 @ 5:00 pm – 6:15 pm

Samestellers: Juanita Swanepoel en Johann Nel. Met Johann Nel en Andre Terreblanche.

Regie: Juanita Swanepoel

Uittreksels uit sy verhale, dagboeke, briewe en kabarette stel die geliefde skrywer Hennie Aucamp aan die woord. ‘Mits dese’ sê ons dankie dat hy vir die grootste gedeelte van sy 80 jaar onverpoos so mildelik van homself gegee het. Vir ʼn voyeur de la vie is die ganse lewe onwettige teater. Hy sou dit nie anders wou hê nie. Want dan sou hy toegang moet betaal.

WeetStil @ Aan de Braak Teater
Mar 9 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Met Pieter van Helslandt, Richard Onraet (kitare) en Renate Riedemann (viool)

’n Towerdebuut word bekendgestel, met snitte soos ‘Skaakmat’, ‘Amazing is jy’ en ‘In stilte’ waaroor mense reeds gons. Pieter, sedert 2005 ’n vooraanstaande kabaretbegeleier, tree nóg sterker toe as sanger-pianis en sing die Afrikaans-kontemporêre genre aan die brand!

Wie’s bang vir Virginia Woolf? @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 9 @ 5:00 pm – 7:00 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Wessel Pretorius en Greta Pieterse. Deur Edward Albee. Vertaling Saartjie Botha. Ontwerp: Jaco Bouwer. Regie: Christiaan Olwagen

Getroudwees is nie vir sissies nie. ’n Jong getroude paartjie maak ’n oorlog tussen ou-getroudes mee in ’n nag van verwyte, verraad, ontboeseming en versinsel. ’n Waansinnige maar bekende blik op wat mense aan mekaar doen: uit liefde, uit selfbehoud, wanneer drome en ideale nie realiseer nie en mense opgeskeep sit met mekaar. Huweliksmaats wat mekaar genadeloos uitoorlê, en in die proses bewys dat min dinge so snaaks is soos gemeensame wreedheid tussen bekende partye. Geen o/16 TS.

Bach Cello Suites @ kykNET Fismer
Mar 9 @ 6:00 pm – 7:20 pm

With Peter Martens

Peter Martens’ double CD of the Bach Cello Suites has not only won critical acclaim in the USA, Japan and the UK, but his live performance thereof during Wordfest 2013 earned him a trophy for Beste Klassieke Musiekproduksie. This year, Peter will perform suites 4, 5 and 6 to a beautiful slide show compiled by Leonore Bredekamp.

Die buurtwag (Komedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a. Deon Lotz, Albert Maritz, Johan Botha, Leon Kruger, Marko van der Colff & Joanie Combrink. Regie: Jaco Smit

Johan, ’n 34-jarige gesinsman sluit na ’n inbraak in sy nuwe voorstedelike Kaapse woonbuurt, by die buurtwag aan, maar dit het onverwagte transformasie tot gevolg…

Elvis Blue @ Neethlingshof
Mar 9 @ 6:00 pm – 7:40 pm

Met Elvis Blue en Wannes Cappelle

In die voorprogram word die talentvolle Vlaamse sanger Wannes Cappelle aan Afrikaanse feesgangers bekendgestel. Daarna betower die gewilde Elvis Blue (soms as Jan Hoogenhout) oudergewoonte met sy sjarme, uitsonderlike talent en warm hart vir mense. Sy suksesse (wenner van ’n ATKV Lier, van SA Idols 2010, met o.m. ’n platinum album en twee SAMA’s agter sy naam) maak hom dié kunstenaar om te sorg vir ’n magiese belewenis!

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Kraaitjie Melaaitjie en ander toonsettings @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 9 @ 6:00 pm – 7:00 pm

Met Herman van den Berg, Nathan Smith en David Klassen

Herman van den Berg, alombekend vir sy besondere toonsettings van gedigte, se ‘Kraaitjie Melaaitjie’ is in die FAK opgeneem. Sedertdien het elkeen van sy vier oorspronklike albums (o.a. 2 SAMA-finaliste) toonsettings bevat. Kom luister hoe N.P. van Wyk Louw, Antjie Krog, Elisabeth Eybers en vele ander klink op die maat van musiek!

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 9 @ 6:00 pm – 7:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Drukkersbloed (Riller-drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. JC Snooke, Gustav Gerdener, Eloise Cupido, Ilse Roos & Anel Alexander. Regie: Kabous Meiring

As ’n joernalis die waarheid soek onder die intriges, skandale en afguns in die Afrikaanse musiekbedryf kos dit sy lewe. Vrae word opgeroep: Wie maak die meeste geld in die bedryf? Is daar plek vir poniekoerante en joernaliste wat bloot sensasie najaag?

Nomadic Orchestra @ Oude Libertas Amfiteater
Mar 9 @ 6:30 pm – 8:00 pm

The infectious, energetic dance music of this five-piece instrumental dance band, based in Cape Town, will certainly get people moving. Their compositions are strongly influenced by traditional music from South-Eastern Europe: Macedonia, Romania and Serbia, but also by Klezmer, gypsy and circus music, as well as contemporary western party music and jazz.

Bloomers en Steradent @ kykNET Fismer
Mar 9 @ 7:00 pm – 8:30 pm

Met Marion Holm en Zenobia Kloppers. Dramaturg: Magdaleen van Zyl (wenner ATKV Prys vir oorspronklike Afrikaanse Teks 2012 – Logan toneelfees). Regie: Albert Maritz

Oujongnooi Johanna sê die Tredoux’s het los reënbuie oral laat uitsak. Haar romantiese braakland noop Johanna om ’n gerf te gooi in ongesonde Gert Willem se rigting – vandag eienaar van dermiljoene skaap, toentertyd bedremmeld op die bank agter haar in Meester Boekevat se plaasskool. Iemand moet mos darem die gloeilampe omruil; al die skapies in die katel…kry.

Like my profile (Riller) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met Corné Koegelenberg, Lilani Prinsen & Retief van der Liefde. Regie: Adam Heyns

Niel vind Facebook onnodig, maar sukkel om Maia op te spoor. Toe Johnny met sy bike en gevaarlike speelgoed in Niel se lewe injaag, word Niel oornag ’n internet-celeb.

Nantes (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 9 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met o.a. Wilna Snyman, Louis van Niekerk, Hannes van Wyk & Regardt van den Bergh. Regie: Rene van Rooyen

Na haar verbreekte verlowing trek Danielle na haar pa, ’n bestuurder op ’n Bolandse wynplaas. Een laatmiddag ontdek sy ’n verlate ou plaashuis en beleef ’n magiese aand met drie De Villiers-gesinslede. Sy vertrek met ’n belangrike brief aan haar pa…

Be-Händel @ Aan de Braak Teater
Mar 9 @ 8:00 pm – 9:00 pm

Met Pascual Wakefield

’n Eenmanvertoning met baie verrassings, geheime, hartseer, humor en pragtige musiek wat by die Woordfees debuteer.

Music of Myth, Magic and Mystery @ kykNET Endler
Mar 9 @ 8:00 pm – 9:30 pm

Met die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes (CPYO) en die Stellenbosch Musica Perpetua Jeugorkes

’n Wonderbaarlike simfoniese kragtoer deur twee jeugorkeste! Die energieke weergawe van o.a. ‘Karnaval van die Diere’ (Saint-Saens), met soliste Roelof Temmingh en Henley Jung, word uitgevoer onder die bedrewe towerstaf van Brandon Phillips, dirigent en artistieke bestuurder van die CPYO. Ander hoogtepunte is ‘Also Sprach Zarathustra’ (Strauss), ‘Palladium’ (Jenkins), ‘Pirates of the Caribbean’ (Badelt), Harbinger (Oldfield) en ‘Bohemian Rhapsody’ (Queen).

Karen Zoid & Emo Adams – Sprokie vir ’n stadskind @ Spier Amfiteater
Mar 9 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Met Karen Zoid, Emo Adams en die Africa Voices Ensemble: Paul Morrissey, Geran Steyn, Sello Maroga en Yati Khumalo
Karen Zoid en Emo Adams het die gehoor in die volgepakte Superbowl by Sun City stil gesing met hulle delikate en sielvolle weergawe van Koos Doep se bekende liedjie. Dié ongewone kombinasie van twee briljante musikante en ’n uitmuntende musiekgroep wat saam ’n ‘paar songs doen’, sal jou op ’n towertapyt wegvoer.

Nagwond @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 9 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Albert Pretorius, Gideon Lombard en Cintaine Schutte. Deur Albert Pretorius. Aangebied deur The Pink Couch. Ontwerp: Juanita Ferreira. Beligtingsontwerp: Matt Lansing. Regie Tara Notcutt

Ons dae is gevul met besluite, regte en verkeerde keuses wat uitloop op vreugde of spyt. Dit wat ontsteek agterbly as ons in die nag alleen met onsself sit as die wond begin bloei en die masker wegval. Nagwond is ’n hartverskeurende drama oor verkeerde keuses en die gevolge wat só ver uitkring. Geen o/16 TN.

Schalk Joubert – Die wêreld is my woning @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 9 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Schalk Joubert, Melissa van der Spuy, Heather Roth en Kevin Gibson

Dié bekroonde en gesogte baskitaarspeler verskil van Totius se ‘Die wêreld is ons woning nie’, want hy gaan juis op in ’n wêreld vol musiek wat hy kan ontgin. Kom raak weggevoer deur die ritmes en klanke in sy virtuose verkenning van wêreldwye musiekvorms en -style  – dis uit ’n ander wêreld!

Wrongly accused @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 9 @ 8:30 pm – 9:30 pm

Met Waseef Piekaan. Teks: Waseef Piekaan. Regie: Basil Appollis

’n Jong man van die Oos-Kaap bevind homself in groot moeilikheid met die gereg wanneer ’n selfoonwinkel se Indiese eienaar hom van diefstal beskuldig. Waseef Piekaan van ‘vocal is lekka’ en ‘a town called fokol-lutho’ maak sy debuut by die Woordfees met hierdie eenmanstuk. Skreeusnaaks, met komiese liedjies!

Mar
10
Mon
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 10 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 10 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 10 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 10 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

RSG @ Erfurtkafee
Mar 10 – Mar 15 all-day

RSG Nuus en RSG bied weer opwindende regstreekse uitsendings aan, maar vanjaar in Erfurtkafee, by die Woordfees se nuwe tuiste! Kom luister gerus gratis na:

Monitor, 10-14 Maart, 07:00 tot 08:00: Die bekende Cobus Bester praat met ’n reeks prominente meningsvormers.

Praat saam met Lynette Francis. 10-14 Maart, 8:00 tot 9:00: ’n Boeiende reeks gesprekke onder die vaandel van RSG en USB-Ed – kom stel gerus jou vrae!

Spektrum, 10-14 Maart, 13:00 tot 14:00: Die RSG-span voer interessante onderhoude met ʼn verskeidenheid gaste – boeiend en aktueel.

Naweek aktueel, Saterdag 15 Maart, 12:00 tot 13:00: Die aktualiteitsprogram met ’n verskil! Vir mense wat wil wegbreek en anders na die lewe kyk.

Kom geniet elke dag ʼn heerlike ontbyt en middagete in die Erfurtkafee (vir eie rekening).

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 10 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 10 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 10 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 10 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 10 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

Nuwe dekking: Mediese fondse en gesondheidsversekering @ Erfurtkafee
Mar 10 @ 8:00 am – 9:00 am

Lynette praat met Edwin Hertzog (Mediclinic), Alex van den Heever (mediese kenner by Wits en navorsingsgenoot by Helen Suzman Foundation) en Mohammed Karan (kommissaris op die Nasionale beplanningskommissie)

Beste professor… @ De Vette Mossel
Mar 10 @ 9:00 am – 9:50 am

Kom geniet ontbyt by die Vette Mossel terwyl Andreas van Wyk, bekende regsgeleerde en oud-rektor van die US, met die Universiteit se gryses en wyses gesels oor aktuele onderwerpe. Hou die media dop vir meer inligting oor hierdie gewilde reeks!

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 10 @ 9:00 am – 5:30 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Koshuise en klusters in ‘n matie se lewe @ Boektent
Mar 10 @ 9:00 am – 10:00 am

Met Ludolph Botha en Pieter Kloppers

Om deel te wees van die koshuislewe is ‘n belangrike saak vir die meeste Maties en hul ouers.

Kom gesels saam oor die rol van koshuise in Maties se opvoeding en oor die impak van die koshuisplasingsbeleid.

Lilly Friedlaender Galery
Mar 10 @ 9:00 am – 5:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 10 @ 9:00 am – 5:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 10 @ 9:00 am – 4:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 10 @ 9:00 am – 5:30 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Van waar gehasie? @ GISA, Banghoekweg 115
Mar 10 @ 9:00 am – 9:50 am

Aangebied deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA)

Wat is die genealogie en hoe haal jy jou eie voorsate uit die geskiedenishoed? Kom kyk na GISA se genealogiese bronne en begin al met jou navorsing! Steeds meer mense doen dit. Bespreek vroeg – beperkte sitplekke.

Graad 3: Wat is jy, Kartoffel? – Marga Jonker @ Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal
Mar 10 @ 9:30 am – 11:00 am

Marga Jonker vertel haar storie op ’n interaktiewe manier. Sy gebruik die nuutste tegnologie om die karakters te laat lewe vir die kinders en om hulle by die storie oor ’n strandwolf te betrek.

Aletté-Johanni Winckler – Môre is Maandag @ kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 10:00 am – 10:50 am

Aangebied deur CUM

Elize Parker gesels met Aletté-Johanni Winckler – ʼn gewilde blogger, voorkomskonsultant en stilis. Pragtig, stylvol en dinamies, ’n towerbestaan. Maar net soos ander vroue het sy ook issues met gewig, voorkoms en balans in ʼn besige lewe. In haar boek gee sy nie nét styling tips nie, maar wys sy hoe belangrik dit is om lief te wees vir jouself, issues en al!

Bloomers en Steradent @ kykNET Fismer
Mar 10 @ 10:00 am – 11:30 am

Met Marion Holm en Zenobia Kloppers. Dramaturg: Magdaleen van Zyl (wenner ATKV Prys vir oorspronklike Afrikaanse Teks 2012 – Logan toneelfees). Regie: Albert Maritz

Oujongnooi Johanna sê die Tredoux’s het los reënbuie oral laat uitsak. Haar romantiese braakland noop Johanna om ’n gerf te gooi in ongesonde Gert Willem se rigting – vandag eienaar van dermiljoene skaap, toentertyd bedremmeld op die bank agter haar in Meester Boekevat se plaasskool. Iemand moet mos darem die gloeilampe omruil; al die skapies in die katel…kry.

Die Red Teapot Gallery
Mar 10 @ 10:00 am – 5:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Etienne van Heerden – Klimtol @ Boektent
Mar 10 @ 10:00 am – 10:50 am

Bibi Slippers in gesprek met Etienne van Heerden

Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen wat afgetree het op Paternoster, mymer oor sy verlede as yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery het om mense te vermaak in skoolsale en skure. Sy lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom inhaal. En dan vind daar ’n opspraakwekkende moord plaas…

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 10 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 10 @ 10:00 am – 4:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Watter invloed het fantasie en die magiese in letterkunde op ons samelewing? @ Erfurtkafee
Mar 10 @ 10:00 am – 10:50 am

Met Fanie Viljoen, Nannette van Rooyen en Christof Odendal

Die bonatuurlike en onmoontlike is dikwels kenmerkend van fiksie. In die hedendaagse letterkunde word fantasie en magiese storielyne toenemend vergestalt. Het hierdie verskynsels ’n positiewe of negatiewe invloed op die samelewing, veral op die jeug?

Kul jou gesig? Nee! Wat sê jou gesig? @ Boektent
Mar 10 @ 11:00 am – 11:50 am

Aangebied deur LAPA

Kom luister hoe Marthie Maré, stigter van www.faceprofilesa.co.za en kenner van gesigsprofiele, bekendes en berugtes se gesigte analiseer. Watter geheime verklap jou gelaatstrekke oor jou persoonlikheid? ’n Interaktiewe aanbieding, met multimedia wat ingespan word. Kulkunstenaars wees gewaarsku – Marthie kan jou gesig lees!

Mits dese wil ek vir jou sê… @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 10 @ 11:00 am – 12:15 pm

Samestellers: Juanita Swanepoel en Johann Nel. Met Johann Nel en Andre Terreblanche.

Regie: Juanita Swanepoel

Uittreksels uit sy verhale, dagboeke, briewe en kabarette stel die geliefde skrywer Hennie Aucamp aan die woord. ‘Mits dese’ sê ons dankie dat hy vir die grootste gedeelte van sy 80 jaar onverpoos so mildelik van homself gegee het. Vir ʼn voyeur de la vie is die ganse lewe onwettige teater. Hy sou dit nie anders wou hê nie. Want dan sou hy toegang moet betaal.

Simon Bruinders – Die sideboard @ kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 11:00 am – 11:50 am

Aangebied deur Naledi

Die bekende akteur Simon Bruinders maak sy buiging as skrywer! Sy aangrypende debuutroman vertel die verhaal van Suid-Kaapse bruinmense wat in die Tweede Wêreldoorlog die wapen vir Suid-Afrika opgeneem het, en grond as beloning beloof is. Rachelle Greeff vra die skrywer uit oor dié belofte wat nooit nagekom is nie.

Neels Jackson – Op soek na Jesus @ kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Aangebied deur CUM

Wanneer ʼn ondersoekende joernalis gerugte hoor van ʼn man wat wonderwerke doen, wil hy hom ondersoek en ontmasker, maar hý word verras en verander. Die bekende en bekroonde senior joernalis van Beeld, Neels Jackson, beskryf die wonderbaarlike verhaal van Jesus soos nooit tevore. Hy vertel vir Elize Parker meer oor sy soektog en die boek.

Wat die oog eerste sien: ’n kykie na boek-omslae @ Boektent
Mar 10 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Die omslag van ’n boek trek heel eerste ’n voornemende koper se aandag. Madri Victor gesels met ontwerper Mike Cruywagen; Linda Nell, streeksbestuurder van Bargain Books, en Theo Kemp, voormalige bemarker van NB-uitgewers, oor hoe ’n omslag ontwerp word, waarna bemarkers en boekhandelaars soek, watter tendense oor die jare gewild was en waarom dié deel van ’n boek so belangrik is.

André P. Brink @ Towerbosch Aardkombuis
Mar 10 @ 12:30 pm – 2:30 pm

In gesprek met Willemien Brümmer lig die alombekende, gevierde en veelsydige André P. Brink, wie se werk reeds in bykans 40 tale vertaal is, uiteindelik die sluier oor die betowering wat ‘die baie selwe’ van die vrou vir hom inhou. Lank reeds word uitgewys dat heelwat vroue in sy werk eienskappe deel, dalk ook met Ingrid Jonker. Kom luister waarom Christina Landman sê ’n ‘Vrouemonument’ behoort vir André opgerig te word!

As ek reg onthou – gesprek @ De Vette Mossel
Mar 10 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Brümilda van Rensburg en Louis van Niekerk gesels oor Deon Opperman se jongste stuk by die Oude Libertas Amfiteater, en oor hulle roemryke loopbane

Liebrecht Vanbeckevoort @ kykNET Endler
Mar 10 @ 1:00 pm – 2:30 pm

Geborg deur die Vlaamse Kultuurstigting

Die Woordfees verwelkom graag dié gevierde Belgiese klassieke pianis. Na sy musiekstudie in België en die VSA was hy wenner van talle nasionale kompetisies én internasionale kompetisies, soos die Koningin Elizabeth Internasionale Musiekkompetisie. Sy talryke optredes word dikwels gehoor op radio en televisie. Hy wy sy program by die fees o.m. aan …..

Nederlandse skrywers op besoek @ kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Ondersteun deur die Nederlandse Taalunie, Kaapse Forum vir Neerlandistiek, Van Ewijck-stigting en Fonds Neerlandistiek

Die dinamiese en veelsydige Vlaamse Bart Moeyaert, wat sy 50ste verjaarsdag in 2014 vier, lees uit sy werk saam met die Nederlandse topdigter Naomi Perquin. Moeyaert, wat o.m. stadsdigter van Antwerpen was, is al veelvuldig bekroon vir sy jeugverhale, poësie, toneel en vertalings. Sy werk word ‘gebruikersvriendelik’ maar tog diepsinnig genoem. Die jong Nederlandse digter Naomi Perquin, ook skrywer van rubrieke en radioverhale, word as ’n ster beskou. Haar eerste drie digbundels het talle pryse verower (o.m. van die tydskrif Het Liegend Konijn!), sy was redakteur van die bekende tydskrif Tirade en stadsdigter van Rotterdam. ’n Gedig deur haar is in al 23 tale van die Europese Unie vertaal.

Stut (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met o.a. Richard van der Westhuizen, Kees Lensing & Neels Clasen. Regie: Armand Fourie& Adriaan de la Rey

’n Rugbydrama oor die innerlike worstelinge van ’n oud-Vrystaatse rugbystut wie se lewe in duie stort. Die aggressie wat nie op die rugbyveld wou werk nie, teister sy alledaagse lewe. Hy kry nog een kans, maar wonder steeds: Hoeveel verg dit om ’n skrum regop te hou?

Waterpas @ kykNET Fismer
Mar 10 @ 1:00 pm – 2:20 pm

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam). Geen o/16 TN.

Beskermhere (Bonatuurlike, donker komedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 1:30 pm – 1:54 pm

Met o.a. Deon Lotz, Leon Kruger, Milan Murray, Hannah Borthwick & Brendon Daniels. Regie: Hendri Froneman

Adriaan Bam is nie reg om dood te gaan nie. As juis dit gebeur, wil sy beskermengel die heelal se reëls verbreek om hom nog ’n kans te gee, maar dit het burokratiese gevolge!

Marié Heese – Vuurklip en Karoo-Kantate @ Boektent
Mar 10 @ 2:00 pm – 2:50 pm

Amanda Botha praat met die skrywer van Die uurwerk kantel, Marié Heese, oor haar jongste jeugroman Karoo-Kantate. Heese vertel ook van haar eerste Afrikaanse roman in 30 jaar, Vuurklip – ’n magiese verhaal oor die lotgevalle van die land- en die seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede.

Hotel Vleispaleis @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 10 @ 2:30 pm – 3:40 pm

Met: Susanne Beyers, Chanelle de Jager, Dorette Potgieter, Esther von Waltsleben. Nou Ja Toe produksies, in samewerking met Stercus produksies. Deur Leon Kruger. Regie: Gaerin Hauptfleisch

Dit gaan nie goed met tannie Edie se bordeel nie. Een gereelde kliënt dink Shanie se tone is ’n draairoomys en die vulstasiebestuurder betaal met ’n tenk petrol. En Suzie se kêrel wil ophou betaal as hulle verloof raak. As Amelda dag dis ’n bemarkingspos en daar kom werk, moet sy inhibisies leer afskud, leer skootskoffel (lap dance) en verlei. Maar wie is sy eintlik? ’n Komedie oor lojaliteit, deernis, vriendskap en die waarde van ’n goeie skootskoffel! Geen o/14 TS

Meerfout @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 10 @ 2:30 pm – 3:40 pm

Met Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo. Produksiehuis: Polony. Teks: Gideon Lombard en geselskap. Regie: Gideon Lombard

Die moderne samelewing verwag van ’n vrou om meer as een ding te wees. Maar wat gebeur as hierdie fasette in konflik staan met mekaar?Meerfout handel oor die konflik tussen verwagting en verpligting; die konflik tussen wie ons is en wie ons werklik wil wees. Geen o/16 TNG.

Mienkie en die bosdwerg @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 2:30 pm – 3:15 pm

Met US Drama-studente. Aangebied deur US Drama. Teks en regie: Petrus du Preez

Mienkie is ’n dapper meisie wat naby ’n groot bos woon. Op ’n dag gaan kap haar Oupa hout in die bos en kom nie weer terug nie. Mienkie móét hom gaan soek. Dan beleef sy ’n wonderlike avontuur! Die tower-poppekas is net die plek om Mienkie en haar nuwe maats te ontmoet.

Die betowering van Martie Preller @ Boektent
Mar 10 @ 3:00 pm – 3:50 pm

Aangebied deur LAPA

Die legendariese kinder- en jeugboekskrywer Martie Preller se 38ste kinderboek Ons kan! is onlangs gepubliseer. Amanda Botha gesels met die ‘ma’ van geliefde karakters soos Babalela, Balkie en Jamie & Sebastiaan, oor die unieke en betowerende skryfwerk waarmee sy oud en jonk reeds dekades lank vermaak.

Dominique Botha – Valsrivier, ’n elegie van die lewe @ kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 3:00 pm – 3:50 pm

Aangebied deur Umuzi

Petra Müller vra Dominique Botha uit oor haar roerende debuutroman, gebaseer op ware gebeure – ’n elegie vir die lewe van haar kleintyd en haar verlore broer.

Lina Spies, 75 @ Boektent
Mar 10 @ 4:00 pm – 4:50 pm

Lina Spies is nie alleen alombekend op Stellenbosch nie, maar het met haar herkenbare digterstem ’n wye aanhang verwerf by sowel leerders en studente as by die breë publiek. Die afgelope jare het bekronings gebring vir haar vertaling van Anne Frank se dagboek uit Nederlands. Kom luister hoe Murray La Vita haar uitvra oor haar beskouings. Alida Potgieter gesels oor haar werk en Hendrik Hofmeyr lewer saam met Minette du Toit-Pearce ’n gloednuwe toonsetting van Lina se verse, geskryf in opdrag van die US Woordfees!

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 10 @ 4:00 pm – 5:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Bome vir Woorde 3 @ kykNET Erfurtkafee
Mar 10 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Om die Woordfees se 15de verjaarsdag te vier, plant ons saam met Woordfeeskunstenaars en vriende 15 inheemse bome by die Erfurthuis.

Wandeling oor argitektuur @ vertrek van kykNET Erfurthuis
Mar 10 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Wil jy sien en hoor hoe opwindend en interessant argitektuur is? Hoe geboue die storie van ʼn dorp vertel? Kultuurhistorikus Matilda Burden laat jou met ander oë kyk na die Eikestad se argitektoniese juwele. Vanjaar is daar twee roetes: Maandag, Woensdag en Vrydag na die middedorp; Dinsdag, Donderdag en Saterdag na die Braak.

Wenner-stemme @ kykNET Fismer
Mar 10 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Aangebied deur die ATKV en US Woordfees. Met Vanessa Tait-Jones (2011), Hlengiwe Mkwanazi (2012), Caroline Modiba (2013) en Philippus Hugo (klavier). Samestelling: Philippus Hugo

Vir die eerste keer saam in ’n unieke konsert – die drie algehele wenners sedert die ontstaan van SA se grootste nasionale klassiekesang-kompetisie, ATKV-Muziqanto, in ’n spesiaal-saamgestelde program van gunstelinge, opgetower uit die musiekhoed!

Sanlam Kultuurplesier! @ De Vette Mossel
Mar 10 @ 5:30 pm – 8:30 pm

ʼn Uitstalvenster vir die beste kultuur-items van die koshuise en PSO se kultuuraande. ʼn Paneel beoordelaars besoek koshuise en PSO’s voor die Woordfees om te kyk wie en wat swaai die beste towerstaf. Magic vir almal met kultuurwoema! Navrae: Michelle Bezuidenhout [selfde as 2013?]

(071 515 6833).

2092: God van klank @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 6:00 pm – 6:40 pm

Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013. Geen o/10.

Bloedson (Gruwel) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a. Wilhelm van der Walt, Jacques Theron & Karli Heine.Regie en draaiboek: Albert Snyman & Louis Pretorius

Twee broers veg weens donker geheime verbete teen mekaar in die Anglo-Boereoorlog. Dan kom hulle af op ’n meise wat skynbaar aan hondsdolheid ly en die regte oorlog begin…

Johann Nell – Sondag op ’n voëlplaas @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 6:00 pm – 6:50 pm

Johann Nell gesels met Francois Bloemhof oor sy debuutroman, ’n heerlike holderstebolder vertelling van ‘n plaasseun se grootword op ‘n volstruisplaas, maar ook ‘n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en hoe dit deur ‘n plaasverlede gevoed word. Kom deel in ‘n boeiende gesprek oor die interessante lewens in die Kangovallei.

Koos van der Merwe sing Leonard Cohen in Afrikaans @ Neethlingshof
Mar 10 @ 6:00 pm – 7:30 pm

Met Koos van der Merwe en Hanno Enslin

Die bykans onmoontlike word meesterlik vermag – Leonard Cohen se treffers verewig in Afrikaans! Met Koos agter die mikrofoon transformeer bekende treffers soos ‘Dance Me To The End Of Love’ (Dans my na die liefde toe), ‘Hallelujah’ en ‘Famous Blue Raincoat’ (Beroemde Blou Reënjas) tot pure Cohen in melankoliese en betowerende styl!

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Nommerpas @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 10 @ 6:00 pm – 7:10 pm

Met Hein Poole en Lee Roodt. Deur Hein Poole en Lee Roodt. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch

ʼn Vermenging van skets-komedie en skerp-skerts oor ʼn totalisator langs ʼn perderesiesbaan. Die tote, jou golden circle, is die plek waar mense geluk kom soek en dit op tragiese maniere vind, waar elke Jan Rap en sy maat wil uithang, want hier kry jy iets wat die lewe tussen nommers, nicks and tricks laat draai: ‘As die nommer pas dan wed ons hom.’ Tussen perderesies, die Lotto, kwinkslae en humor word die hartsnare getokkel. Geen o/16 T.

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 10 @ 6:00 pm – 7:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Bullets oor Bishop Lavis (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. Abduragman Adams, Charlton George & Diaan Lawrenson. Regie: Jody Abrahams & Henré Pretorius

Jerome en Ronnie is bloedbroers, maar ’n skietery verander alles. Vyftien jaar later soek tronkvoël Jerome die strafregadvokaat Ronnie om hul ooreenkoms na te kom.

2092: God van klank @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 7:00 pm – 7:40 pm

Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013. Geen o/10.

Damduikers, die damduikers (Aksiekomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met o.a. Albert Maritz, Eben Groenewald & Viljee Maritz. Regie: Adriaan van As

Die Fieta-bende en Jozi yuppies kompeteer by die jaarlikse visvangkompetisie om te wys aan wie die dam behoort. Dié oorlog van komplotte en sabotasie het lagwekkende én dramatiese gevolge.

Die ryke dwaas – W.E.G. Louw @ Aan de Braak Teater
Mar 10 @ 7:00 pm – 7:55 pm

Met Franco Prinsloo (oorspronklike musiek en regie) en André van Rensburg (kitaar). Ontwerp en filmmateriaal: Johan Cronjé

W.E.G  Louw se debuutwerk, Die ryke dwaas, word gesien as die begin van die Dertigerbeweging in die Afrikaanse poësie. Vars toonsettings en begeleiding deur ’n bekroonde klassieke kitaarspeler, met argiefmateriaal en video-installasiewerk, neem jou op ʼn wonderbaarlike reis deur Louw se verse. Deel van ʼn konsertreeks wat sy 100ste geboortejaar vier.

Die Bach-motief (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 10 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met o.a. Nicole Holm, Erica Wessels, Tinarie van Wyk Loots, Hannes van Wyk & Roeline Daneel.Regie: Dewet van Rooyen

Amanda, ’n musiekonderwyseres, en Bianca, ’n konsertpianis, wat beide trauma meemaak, ontmoet mekaar danksy Celeste in wedersydse empatie en weerloosheid, met Bach-musiek as metafoor.

As ek reg onthou @ Oude Libertas Amfiteater
Mar 10 @ 8:15 pm – 9:35 pm

’n Clover Aardklop-produksie

Met Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg. Teks en regie: Deon Opperman

’n Beroemde akteur en ewe beroemde aktrise, albei afgetree, in dieselfde aftreeoord. Twee groot ego’s, net een verhoog en nie een wil die gehoor wees nie. Maar met baie om te onthou – veral dít wat hulle liewers nie wil onthou nie. Deon Opperman se nuutste drama is spesiaal geskryf vir dié twee legendes van die Suid-Afrikaanse televisie en verhoog. Geen 0/16.

Die kersieboord @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 10 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Oscar Petersen, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Sjaka Septembir, Marvin-Lee Beukes en Bianca Flanders. Produksiehuis: The Mechanicals. Skrywer: Anton Tsjechof, vertaal deur Alewyn Lee en verwerk deur Sandra Temmingh. Regie: Sandra Temmingh

Die grondeienaars is bankrot, die boord word opgeveil – maar in plaas van ’n blik op die toekoms kry,  word hulle vasgevang in herinneringe aan hulle verlede. Temmingh se simboliese uitbeelding sny soos ’n mes deur die psige van ons Suid-Afrikaners.

Die Leo’s @ Spier Amfiteater
Mar 10 @ 8:30 pm – 10:30 pm

’n Ko-produksie tussen die Absa KKNK en Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Jacques Theron, Erica Wessels, Gideon Lombard en Petro van den Heever. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Teks: Nicky Silver. Vertaling en regie: Hennie van Greunen

Aaklige mense, dié Leo’s. Pa Ben, op sy laaste asem, besluit waddehel: hy hou nie meer sy mond nie en gee 40 jaar se woede ’n stem. Rita, langs haar man se hospitaalbed, blaai deur dekortydskrifte, want sy wil die leefkamer oordoen sodra Ben nie meer ’n sê het nie. Dogter Lisa gaan tekere oor haar liefdeslewe en goue seun Koert voer oënskynlik ’n idilliese bestaan, maar is net so onlekker. Dan is daar die mooi eiendomsagentjie op wie Koert sy oog het en die arme verpleegster wat al die drama moet verduur. Geen 0/13 T.

My mense @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 10 @ 8:30 pm – 9:40 pm

’n ABSA KKNK-produksie. Ondersteun deur die LW Hiemstra Trust

Teks: Dot Serfontein. Met Antoinette Kellermann.

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel

Madeleine van Biljon het gesê: ‘Wanneer jy aan jouself twyfel, bied dit groot vertroosting om die vastigheid van ’n Vrystaatse agtergrond te deel met Dot Serfontein. Dit is werk wat lewensblyheid bevorder en jou elke keer by die lees daarvan laat wens jy het iemand naas jou om dit mee te deel.’ Hier is nou jou kans!

Oorsee @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 10 @ 8:30 pm – 10:10 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Gerben Kamper, Nicole Holm, Brendon Daniels, Geon Nel en Karli Heine. Deur Tertius Kapp. Wenner van die AngloGold Ashanti Smeltkroes-prys vir beste nuwe teks. Klankontwerp: Pierre-Arnold Theron. Kostuums: Lucy Jane Turpin. Beligtingsontwerp: Albert Snyman. Regie en ontwerp: Wolf Britz

Sê nou maar apokolips. Sê nou maar ’n vloed. Sê nou maar Tafelberg is ’n eiland en sy bevolking oorleef na veertig jaar se stortreën. Sê nou maar die opdrag kom van Die Asem. Sê nou maar ’n boot. Sê nou maar ’n handjievol Suid-AfriFabelbergers vaar noord op soek na die Nuwe Wêreld. Sê nou dis al dertien jaar later en nog steeds is hulle ter see. Sê nou is ’n lekker sê. Geen o/16 T.

Stamlint @ kykNET Fismer
Mar 10 @ 8:30 pm – 9:20 pm

Met Marí Borstlap. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Choreograaf: Ina Wichterich-Mogane. Oorspronklike musiek in samewerking met Wilken Calitz. Teks en regie: Marí Borstlap

’n Jong vrou word weens haar ma se stryd teen kanker gekonfronteer met die geheimsinnige, sluimerende invloed van haar genetika op haar lewe. Haar drome, herinneringe en grepe uit haar lewe neem die gehoor op reis na ’n nuwe bewussyn, ’n ander bloudruk wat deur haar are vertak, ’n komplekse krag wat ontgin kan word as sy haar oerverbintenis met die gode verken. Wat bepaal ons lot: ons denke en dade of ons DNS? Geen 0/13.

Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel @ De Vette Mossel
Mar 10 @ 9:00 pm – 11:00 pm

Die gewilde laataand jolkol van die fees: yskoue wyn en vuurwarm blues. Sagte seesand – nie slaapsand nie, maar toorsand. Sterre bo jou kop en voor jou op die verhoog. Sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid. Die legendariese Drostdy-Hof-orkes is die ruggraat: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:

Maandag, 10 Maart – Gian Groen

Dinsdag, 11 Maart – Bruce Ewen, Greg Smith en Derek Harper Jr.

Woensdag, 12 Maart – Basson Laubscher en Sven Blumer

Donderdag, 13 Maart – Natasha Meister

Vrydag, 14 Maart – Piet Botha en Dr John

Saterdag, 15 Maart – Albert Frost

Josh Prinsloo en die Dahgah Fondasie @ Aan de Braak Teater
Mar 10 @ 9:00 pm – 10:00 pm

Liedjieskrywer en digter Josh Prinsloo besin oor die kompleksiteit van die menslike kondisie en wat dit beteken om ’n volledige persoon te wees. ’n Nuutskepping met insiggewende perspektiewe en die kreatiewe integrasie van moderne klanke soos hip hop, jazz, die gesproke woord, Afrika-ritmes en rock.

Mar
11
Tue
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 11 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 11 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 11 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 11 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 11 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 11 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 11 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 11 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 11 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

’n Grondwet vol teenstrydigheid @ Erfurtkafee
Mar 11 @ 8:00 am – 9:00 am

Lynette praat met Pierre de Vos (grondwetkenner), Carl Cilliers (Unisa), (Section 27) en Arnold Smit (direkteur: Sentrum vir Sake in die Samelewing)

Beste professor… @ De Vette Mossel
Mar 11 @ 9:00 am – 9:50 am

Kom geniet ontbyt by die Vette Mossel terwyl Andreas van Wyk, bekende regsgeleerde en oud-rektor van die US, met die Universiteit se gryses en wyses gesels oor aktuele onderwerpe. Hou die media dop vir meer inligting oor hierdie gewilde reeks!

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 11 @ 9:00 am – 5:30 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Lilly Friedlaender Galery
Mar 11 @ 9:00 am – 5:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 11 @ 9:00 am – 5:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 11 @ 9:00 am – 4:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 11 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Sanlam | LitNet Storie-slypskool @ Stellenbosch Hotel
Mar 11 @ 9:00 am – 12:30 pm

Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet

Hoe betower jy met jou storie vir ’n tydskrif sodat lesers dit wil lees, verhaleredakteurs dit wil publiseer en jy geld daarmee kan verdien? Kom leer die towerformules van tydskrifverhaal-skryf by die meesters: Corlia Fourie, Elize Parker, Alta Cloete en Madri Victor. Om deel te neem, kontak LitNet voor 19 Februarie, by skryfskool@litnet.co.za.

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 11 @ 9:00 am – 5:30 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Van waar gehasie? @ GISA, Banghoekweg 115
Mar 11 @ 9:00 am – 9:50 am

Aangebied deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA)

Wat is die genealogie en hoe haal jy jou eie voorsate uit die geskiedenishoed? Kom kyk na GISA se genealogiese bronne en begin al met jou navorsing! Steeds meer mense doen dit. Bespreek vroeg – beperkte sitplekke.

Graad 4-5: Heldestories – Wendy Maartens @ Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal
Mar 11 @ 9:30 am – 11:00 am

Wendy Maartens stel ’n wye spektrum helde en ikone, soos Hector Peterson, De la Rey, Nelson Mandela, Natalie du Toit, Enoch Sontonga en die bushelde van Westdene, voor aan ons leerders.

Chris van der Merwe – Die wonder van die goddelike liefde @ kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 10:00 am – 10:50 am

Aangebied deur Lux Verbi

Chris Jones praat boeiend met die bekende ouddosent en bekroonde radioresensent Chris van der Merwe oor leidrade om die misterie van die goddelike liefde beter te kan verstaan. Van der Merwe ondersoek in hierdie wonderlike boek ses perspektiewe op die liefde, naamlik geloof, hoop, geregtigheid, nederigheid, waarheid en vreugde.

Die Red Teapot Gallery
Mar 11 @ 10:00 am – 5:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Personas uit die hoed @ Boektent
Mar 11 @ 10:00 am – 10:50 am

Aangebied deur LAPA

’n Gesprek tussen Izak de Vries en Chanette Paul oor Raaiselspieël en Siende Blind. Hulle fokus op die spel tussen werklikheid en fiksie, want hierdie tekste gaan oor die kulkuns van skryf, oor vals persoonlikhede en die werklikheid wat soms veel meer betowerend is as die haas in ’n hoed.

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 11 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 11 @ 10:00 am – 4:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Teetyd by Knorhoek @ Coopmanhuijs
Mar 11 @ 10:00 am – 12:00 pm

Met Ingrid Winterbach en Sonja Loots

Twee pryswennerskrywers praat lekker lig en humoristies oor literêre pryse en veel meer. Weet mens vooraf jy pluk ’n wenner uit die pryshoed, soos met Ingrid se multibekroonde Die aanspraak van lewende wesens (wenner NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd, W.A. Hofmeyr-prys, Hertzogprys vir Afrikaanse Prosa, MNet-prys en die UJ-prys vir skeppende skryfwerk), en Sonja se Sirkusboere (Eugéne Maraisprys 2012)?

Wetenskap in die wêreld @ Erfurtkafee
Mar 11 @ 10:00 am – 10:50 am

Met Anton van Niekerk, Kristin Conradie, Jannie Hofmeyr en Rochelle Jacobs

Is wetenskap en tegnologie besig om die wêreld te ontluister? Wat word dan van fantasie en misterie as ons die wêreld slegs wetenskaplik ken?

Kanoeksie en Kadoeksie @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 11 @ 10:30 am – 11:15 am

Met Anel Skye, Ulrike Vorndran en Chrizane Kellerman. Teks: Anel Skye. Produksiehuis: SKYEkids. Regie: Sophia Passerini

Kanoeksie is ’n meisie-elfie wat hou van ballet en musiek, van leer en slim wees. Kadoeksie is ’n elfie-seun wat hou van sport en speel, bou en dinge ontdek. Saam met hulle sesjarige mensemaatjie Pippie, leer hulle kinders speel-speel basiese vaardighede wat met onderwerpe soos wiskunde, kleure, die alfabet, maniere, gesondheid en higiëne te doen het.

Daar was ’n tyd @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 11 @ 11:00 am – 12:10 pm

Met Jan Groenewald (teks én spel). Aangebied deur Foxwood Teater. Regie: Clive Rodel

Dis ’n liefdesverhaal, ’n oorlogsverhaal, maar eintlik ’n stuk oor die ewigheid. Met so ’n premis, en so ’n geskiedkundige agtergrond waarteen dit afspeel, is dit geregverdig dat die visuele styl vasgevang sal wees in tydgebondenheid, die taalgebruik tydloos. ’n Ouwêreldse tekening, nostalgies, en in ’n spelstyl van lank gelede.

Helena Hugo – Haar naam is Ragel, en Marta @ Boektent
Mar 11 @ 11:00 am – 11:50 am

Aangebied deur Lux Verbi

Die bekende Helena Hugo besin saam met Wendy Maartens oor die aantrekkingskrag van eg-Afrikaanse fiksie met ‘n inspirerende tema, na die wegholsuksesse van haar twee boeke Haar naam is Ragel asook Marta.

Elaine Bing – Ek het gemartel/Unmaking of the torturer @ Boektent
Mar 11 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Aangebied deur LAPA

Stories oor mense wat gemartel het, is nog nie voorheen gedokumenteer nie. Dié boek belig die gruweldade van drie polisiemanne tydens die apartheidsjare, maar ook hulle pyn in die helingsproses. Anna-Marie Mischke gaan saam met die skrywer, die sielkundige berader Elaine Bing wat haar doktorsgraad behaal het oor dié onderwerp, in op die pad wat sy met die martelaars gestap het.

Louis Esterhuizen – Die afwesigheid van berge @ kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Francois Smith gesels met Louis Esterhuizen oor sy heel persoonlike, maar baie aktuele digbundel. Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van dié bundel vorm, slaan die leser met die een kragtige golf van poëtiese besinning na die ander. Dit is die spreker se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasieë waartoe die bewussyn geskok word. ’n Ander faset van die feestema.

Die Beleefnis (Tragikomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met o.a. Woutrine Theron, André Odendaal, Dorette Nel & Chris van Niekerk. Regie: Wynand Dreyer & Gert van Niekerk

’n Eiesinnige ou tannie wil haar eie begrafnis hou as viering van haar lewe. Maar watter desperate hoop skuil agter Magdaleen se ‘beleefnis’?

Koos van der Merwe @ Towerbosch Aardkombuis
Mar 11 @ 1:00 pm – 3:00 pm

Vir die kombinasie van woordkunstenaar, digter, liedjie- en rubriekskrywer vir Sarie het Koos van der Merwe min gelyke in Afrikaans. Kom luister na van sy bekendste gedigte en stories, pas uitgegee in ‘n versamelbundel en meesterlik deur Koos voorgedra by dié magiese middagmaal.

LitNet middagete @ De Vette Mossel
Mar 11 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Ondersteun deur Sanlam, in samewerking met LitNet

Met Corlia Fourie, Rooi Rose se verhaleredakteur en skrywer, Alta Cloete, Elize Parker en manuskrip-ontwikkelaar Madri Victor

Kortverhale is ‘n kuns – en tydskrifverhale nog meer. Kom kuier oor ’n glas wyn en lekker kos by die Vette Mossel om saam te praat oor die kuns en kulkuns van tydskrifverhale.

Oud en nuut in die argitektuur @ kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Met Wilhelm Kruger en Dolf Wieërs

Kan historiese en nuwe geboue só sinvol by mekaar aanpas dat geskiedkundige buurte optimaal tot hulle reg kom? As argitek en Stellenbosser spreek Wilhelm Kruger sy kommer uit oor sommige ontwikkelinge op ons dorp. Dolf Wieërs, ’n bekende argitek van België, bespreek watter hase hulle daar uit die hoed haal om die beste van albei wêrelde te maak.

Stamlint @ kykNET Fismer
Mar 11 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Met Marí Borstlap. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Choreograaf: Ina Wichterich-Mogane. Oorspronklike musiek in samewerking met Wilken Calitz. Teks en regie: Marí Borstlap

’n Jong vrou word weens haar ma se stryd teen kanker gekonfronteer met die geheimsinnige, sluimerende invloed van haar genetika op haar lewe. Haar drome, herinneringe en grepe uit haar lewe neem die gehoor op reis na ’n nuwe bewussyn, ’n ander bloudruk wat deur haar are vertak, ’n komplekse krag wat ontgin kan word as sy haar oerverbintenis met die gode verken. Wat bepaal ons lot: ons denke en dade of ons DNS? Geen 0/13.

Die lang kat (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 1:30 pm – 1:54 pm

Met Erik Holm & Tessa Denton. Regie: Janhendrik Burger

’n Kwadrupleeg in ’n ou woonstel se katastrofiese jaloesie bou op oor die tartende kat se moeitelose behendigheid teenoor sy vasgekluisterde lewe.

Abraham H. de Vries – Maar wie snoei die rose in die nag? @ kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 2:00 pm – 2:50 pm

Wium van Zyl gesels met die meester van die kortverhaalskryfkuns, Abraham H. de Vries, oor sy jongste kortverhaalbundel. In ’n vertroude vertellerstem, ’n stem byna uniek in Afrikaans, word die leser in dié verhale herinner aan die verstrengeldheid van die magiese en aardse van ons lewens.

Hans du Plessis – As die wind kom draai @ Boektent
Mar 11 @ 2:00 pm – 2:50 pm

Die geliefde skrywer Hans du Plessis gesels met Bart de Graaff oor sy nuwe historiese roman. In As die wind kom draai loop Du Plessis op die spore van die vroeë Voortrekkers die onverkende tegemoet en bring ’n verhaal wat soos ’n rosyntjiebos opspruit uit hierdie land se harde grond.

My mense @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 11 @ 2:30 pm – 3:40 pm

’n ABSA KKNK-produksie. Ondersteun deur die LW Hiemstra Trust

Teks: Dot Serfontein. Met Antoinette Kellermann.

Samestelling en regie: Juanita Swanepoel

Madeleine van Biljon het gesê: ‘Wanneer jy aan jouself twyfel, bied dit groot vertroosting om die vastigheid van ’n Vrystaatse agtergrond te deel met Dot Serfontein. Dit is werk wat lewensblyheid bevorder en jou elke keer by die lees daarvan laat wens jy het iemand naas jou om dit mee te deel.’ Hier is nou jou kans!

Geloofsgenesing of oëverblindery? @ Boektent
Mar 11 @ 3:00 pm – 3:50 pm

Met Kay de Villiers en Johannes de Villiers

Bewerings oor geloofsgenesing word smalend deur die ‘ander kant’ afgemaak as oëverblindery, of mense vra sinies hoekom God dan nie mense met amputasies ‘genees’ nie. Bestaan ‘bonatuurlike ingrype’? Staan geloof hier teenoor die rede? Is die wetenskap van Westerse medisyne voldoende? Is daar ruimte vir geloof in genesing? Of bly dit ’n plasebo-effek?

Jacqueline Leuvennink – Op die spoor van hoop @ kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 3:00 pm – 3:50 pm

Die bekende Jacqueline Leuvennink voer ’n gesprek met Gerard Scholtz oor haar debuutbundel. Op die spoor van hoop is ’n inspirerende dokumentering van die lewens van mense wat in hul pyn steier, maar hul hoop behou en bly getuig dat God jou nie verlaat nie. Ons moet soms ons siel laat gaan waar die oë nie kan sien nie.

Dan Sleigh, 75 @ Boektent
Mar 11 @ 4:00 pm – 4:50 pm

Hierdie grootse skrywer, wat sy 75ste verjaarsdag in 2013 gevier het, is veral veelvuldig bekroon vir sy roman Eilande, maar ook vir sy digkuns en vir Wals met Matilda. Kom luister gerus hoe sy skrywersloopbaan tot dusver verloop het, na die groot rol wat sy kundigheid oor die geskiedenis daarby gespeel het en na die kreatiewe manier waarop hy vars gedagtes en woorde uit sy hoed pluk. Dan Sleigh gee saam met Wium van Zyl en Petra Müller vars perspektiewe op sy lewe en werk.

Oorsee @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 11 @ 4:00 pm – 5:40 pm

Moontlik gemaak deur Clover Aardklop

Met Gerben Kamper, Nicole Holm, Brendon Daniels, Geon Nel en Karli Heine. Deur Tertius Kapp. Wenner van die AngloGold Ashanti Smeltkroes-prys vir beste nuwe teks. Klankontwerp: Pierre-Arnold Theron. Kostuums: Lucy Jane Turpin. Beligtingsontwerp: Albert Snyman. Regie en ontwerp: Wolf Britz

Sê nou maar apokolips. Sê nou maar ’n vloed. Sê nou maar Tafelberg is ’n eiland en sy bevolking oorleef na veertig jaar se stortreën. Sê nou maar die opdrag kom van Die Asem. Sê nou maar ’n boot. Sê nou maar ’n handjievol Suid-AfriFabelbergers vaar noord op soek na die Nuwe Wêreld. Sê nou dis al dertien jaar later en nog steeds is hulle ter see. Sê nou is ’n lekker sê. Geen o/16 T.

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 11 @ 4:00 pm – 5:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Bloomers en Steradent @ kykNET Fismer
Mar 11 @ 5:00 pm – 6:30 pm

Met Marion Holm en Zenobia Kloppers. Dramaturg: Magdaleen van Zyl (wenner ATKV Prys vir oorspronklike Afrikaanse Teks 2012 – Logan toneelfees). Regie: Albert Maritz

Oujongnooi Johanna sê die Tredoux’s het los reënbuie oral laat uitsak. Haar romantiese braakland noop Johanna om ’n gerf te gooi in ongesonde Gert Willem se rigting – vandag eienaar van dermiljoene skaap, toentertyd bedremmeld op die bank agter haar in Meester Boekevat se plaasskool. Iemand moet mos darem die gloeilampe omruil; al die skapies in die katel…kry.

Die kersieboord @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 11 @ 5:00 pm – 6:30 pm

Met Oscar Petersen, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Sjaka Septembir, Marvin-Lee Beukes en Bianca Flanders. Produksiehuis: The Mechanicals. Skrywer: Anton Tsjechof, vertaal deur Alewyn Lee en verwerk deur Sandra Temmingh. Regie: Sandra Temmingh

Die grondeienaars is bankrot, die boord word opgeveil – maar in plaas van ’n blik op die toekoms kry,  word hulle vasgevang in herinneringe aan hulle verlede. Temmingh se simboliese uitbeelding sny soos ’n mes deur die psige van ons Suid-Afrikaners.

Seuns @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 11 @ 5:00 pm – 6:10 pm

Met Petro van den Heever. Teks: Theo Kleynhans. Regie: Willem Janssen

Eers was daar Drie tannies en ’n tert; nou is daar vier ma’s wat praat oor hul seuns. In dié vierluik is Yolanda die snobistiese skoonma wat haar neus optrek vir haar skoonseun; tannie Trudie die empatiese koshuismoeder, veral vir die sensitiewe seuns onder haar sorg; Karin se seun ontpop as ’n porno-ster en die enkelma Elsie tolk vir haar doofstom seun wat sy eerste liefde ontmoet…  Geen o/16.

Wandeling oor argitektuur @ vertrek van kykNET Erfurthuis
Mar 11 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Wil jy sien en hoor hoe opwindend en interessant argitektuur is? Hoe geboue die storie van ʼn dorp vertel? Kultuurhistorikus Matilda Burden laat jou met ander oë kyk na die Eikestad se argitektoniese juwele. Vanjaar is daar twee roetes: Maandag, Woensdag en Vrydag na die middedorp; Dinsdag, Donderdag en Saterdag na die Braak.

Toks en Tjops @ De Vette Mossel
Mar 11 @ 5:30 pm – 8:30 pm

Met Toks van der Linde, Breyton Paulse en Janina Oberholzer

Vir die eerste keer by die US Woordfees die bekende informele geselsprogram waar ons drie kenners na sportgebeure kyk – van duikslae tot skeidsregters! Kom gesels en kuier saam met die gewilde TV-span, en geniet die bo-natuurlike lekker 8-gang seekos-feesmaal!

Offer (Liefdesverhaal) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a.Theodore Jantjies, Schelaine Bennett, Denise Newman, Royston Stoffels & Chris van Niekerk. Regie: Harald Richter

Yusuf en Sadia Mosaval in die Bo-Kaap, wat vir liefde getrou het, vier hul eerste huweliksherdenking. Hulle ervaar innerlike worsteling, maar bewys hul liefde.

Radio Kalahari Orkes @ Neethlingshof
Mar 11 @ 6:00 pm – 7:30 pm

Onbeheerstelike toonklap-musiek wat ruik, proe en klink na die veld, die lug en die ritme van ʼn windpomp in ʼn stowwerige landskap. Deur ʼn mengelmoes van rock & roll, ghoema, Latyns, jazz- en Afrikana-style, vertel Radio Kalahari Orkes stories wat mens laat verlang na iemand wat jy (nog) nie ken nie.

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Trippie @ Vetrek vanaf kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 11 @ 6:00 pm – 7:00 pm

’n US Woordfees  en ABSA KKNK ko-produksie

Met Stian Bam en Nicola Hanekom. Sang: Braam du Toit en Michelle Badenhorst. Deur Nicola Hanekom. Haas en Kaas Produksies. Komponis: Braam du Toit. Regie Jaco Bouwer

Teen alle verwagting, ten spyte van positiewe denke en drome, gryp die onsigbare hand van die noodlot jou soms by die kraag, klap jou deur die gesig en los jou vir die wolwe. Ons staan op, ons eet, ons werk, ons slaap met goeie bedoeling. Ons is gewone mense. Dan is daar hulle. Geen o/14.

Ompad (Romantiese komediedrama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. Ceylonia Bekker & Riaan Cruywagen. Regie: Sanchia Esterhuizen

Andrea laat ’n afsê-briefie en verloofring by Sean se woonstel voor sy met vakansie na Taiwan vertrek. As sy daar besef sy het ’n fout gemaak, wil sy so gou moontlik terugkeer om sake terug te draai. Sal sy betyds wees?

Jannie Moolman – skrywers en digters @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 11 @ 7:00 pm – 8:20 pm

Met Jannie Moolman, begelei deur Engelie le Roux

Jannie Moolman sing skrywers se toonsettings (Kan dit waar wees?) van bekende gedigte uit verskillende wêrelddele. Wat voer Suid-Afrika se voortreflike en veelsydige multi-bekroonde tenoor in die mou? Kom luister watter towerformule sorg vir sy gewildheid!

Miss-fit @ Aan de Braak Teater
Mar 11 @ 7:00 pm – 8:00 pm

Met Celeste Slabber-Loriston

Misplaas = pas nie in nie, nie normaal nie, volgens samelewingsnorme. Mel Burger-Du Toit is in ’n psigiatriese inrigting want sy kan nie in die samelewing funksioneer nie. Sy sien haarself as Norma Jeane Baker, alias Marilyn Monroe: ‘Omdat die werklikheid net so groot geword het, en ek nie meer daarin kan bestaan nie… nie meer wil bestaan sonder jou nie…’ – Norma Jeane Baker.

Prinses (Bonatuurlike riller) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met o.a. Bertha le Roux, Dirk Stoltz & Jané van der Westhuizen. Regie: Morné du Toit

Wanneer die twaalfjarige Simoné Rossouw nie druk van haar ouers kan hanteer nie en geteister word deur demone uit haar familieverlede, maak sy voorspellingskilderye…

Toevlug (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 11 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met o.a. Martelize Kolver, Louis du Preez, Amelda Brand, Lulu Botha & Ira Blanckenberg. Regie: Christiaan Olwagen

’n Middeljarige vrou wat weens ’n drankprobleem in ’n rehabilitasiesentrum beland, ontmoet ander mense met probleme in groepsessies. ’n Film oor toevlug en jellybabies eet.

Cape Town Tango Ensemble @ kykNET Endler
Mar 11 @ 8:00 pm – 10:00 pm

With Stanislav Angelov (Bandoneón & Accordion), Petrus de Beer (Violin), Albert Combrink (Piano), Charles Lazar (Double Bass) and Peter Narun (guitar)

The only Tango Orchestra in Africa who have studied and performed the music of Astor Piazzolla since 1996, present the most important works of this composer, performed in their original score. The program will also include music by other composers of the Tango Nuevo style, like Ricardo Fiorio, Richard Galliano and others.

As ek reg onthou @ Oude Libertas Amfiteater
Mar 11 @ 8:15 pm – 9:35 pm

’n Clover Aardklop-produksie

Met Louis van Niekerk en Brümilda van Rensburg. Teks en regie: Deon Opperman

’n Beroemde akteur en ewe beroemde aktrise, albei afgetree, in dieselfde aftreeoord. Twee groot ego’s, net een verhoog en nie een wil die gehoor wees nie. Maar met baie om te onthou – veral dít wat hulle liewers nie wil onthou nie. Deon Opperman se nuutste drama is spesiaal geskryf vir dié twee legendes van die Suid-Afrikaanse televisie en verhoog. Geen 0/16.

Die kersieboord @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 11 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Met Oscar Petersen, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Sjaka Septembir, Marvin-Lee Beukes en Bianca Flanders. Produksiehuis: The Mechanicals. Skrywer: Anton Tsjechof, vertaal deur Alewyn Lee en verwerk deur Sandra Temmingh. Regie: Sandra Temmingh

Die grondeienaars is bankrot, die boord word opgeveil – maar in plaas van ’n blik op die toekoms kry,  word hulle vasgevang in herinneringe aan hulle verlede. Temmingh se simboliese uitbeelding sny soos ’n mes deur die psige van ons Suid-Afrikaners.

Die Leo’s @ Spier Amfiteater
Mar 11 @ 8:30 pm – 10:30 pm

’n Ko-produksie tussen die Absa KKNK en Clover Aardklop

Met Sandra Prinsloo, Tobie Cronjé, Jacques Theron, Erica Wessels, Gideon Lombard en Petro van den Heever. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Teks: Nicky Silver. Vertaling en regie: Hennie van Greunen

Aaklige mense, dié Leo’s. Pa Ben, op sy laaste asem, besluit waddehel: hy hou nie meer sy mond nie en gee 40 jaar se woede ’n stem. Rita, langs haar man se hospitaalbed, blaai deur dekortydskrifte, want sy wil die leefkamer oordoen sodra Ben nie meer ’n sê het nie. Dogter Lisa gaan tekere oor haar liefdeslewe en goue seun Koert voer oënskynlik ’n idilliese bestaan, maar is net so onlekker. Dan is daar die mooi eiendomsagentjie op wie Koert sy oog het en die arme verpleegster wat al die drama moet verduur. Geen 0/13 T.

Hotel Vleispaleis @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 11 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Met: Susanne Beyers, Chanelle de Jager, Dorette Potgieter, Esther von Waltsleben. Nou Ja Toe produksies, in samewerking met Stercus produksies. Deur Leon Kruger. Regie: Gaerin Hauptfleisch

Dit gaan nie goed met tannie Edie se bordeel nie. Een gereelde kliënt dink Shanie se tone is ’n draairoomys en die vulstasiebestuurder betaal met ’n tenk petrol. En Suzie se kêrel wil ophou betaal as hulle verloof raak. As Amelda dag dis ’n bemarkingspos en daar kom werk, moet sy inhibisies leer afskud, leer skootskoffel (lap dance) en verlei. Maar wie is sy eintlik? ’n Komedie oor lojaliteit, deernis, vriendskap en die waarde van ’n goeie skootskoffel! Geen o/14 TS

Meerfout @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 11 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Met Cintaine Schutte en Mariechen Vosloo. Produksiehuis: Polony. Teks: Gideon Lombard en geselskap. Regie: Gideon Lombard

Die moderne samelewing verwag van ’n vrou om meer as een ding te wees. Maar wat gebeur as hierdie fasette in konflik staan met mekaar?Meerfout handel oor die konflik tussen verwagting en verpligting; die konflik tussen wie ons is en wie ons werklik wil wees. Geen o/16 TNG.

Waterpas @ kykNET Fismer
Mar 11 @ 8:30 pm – 9:50 pm

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam). Geen o/16 TN.

Die ryke dwaas – W.E.G. Louw @ Aan de Braak Teater
Mar 11 @ 9:00 pm – 9:55 pm

Met Franco Prinsloo (oorspronklike musiek en regie) en André van Rensburg (kitaar). Ontwerp en filmmateriaal: Johan Cronjé

W.E.G  Louw se debuutwerk, Die ryke dwaas, word gesien as die begin van die Dertigerbeweging in die Afrikaanse poësie. Vars toonsettings en begeleiding deur ’n bekroonde klassieke kitaarspeler, met argiefmateriaal en video-installasiewerk, neem jou op ʼn wonderbaarlike reis deur Louw se verse. Deel van ʼn konsertreeks wat sy 100ste geboortejaar vier.

Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel @ De Vette Mossel
Mar 11 @ 9:00 pm – 11:00 pm

Die gewilde laataand jolkol van die fees: yskoue wyn en vuurwarm blues. Sagte seesand – nie slaapsand nie, maar toorsand. Sterre bo jou kop en voor jou op die verhoog. Sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid. Die legendariese Drostdy-Hof-orkes is die ruggraat: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:

Maandag, 10 Maart – Gian Groen

Dinsdag, 11 Maart – Bruce Ewen, Greg Smith en Derek Harper Jr.

Woensdag, 12 Maart – Basson Laubscher en Sven Blumer

Donderdag, 13 Maart – Natasha Meister

Vrydag, 14 Maart – Piet Botha en Dr John

Saterdag, 15 Maart – Albert Frost

Mar
12
Wed
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 12 all-day

Onder die koel bome OORKANT kykNet Erfurthuis is ’n wonderplek: vir rus, stories, gesprek, sappige seekos, toorsand en skadu.

Aan tafel by Knorhoek @ Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis
Mar 12 all-day

Die Japie Basson skrywers-etes

Word betower deur gewilde Afrikaanse skrywers en ʼn voortreflike driegang-ete by Knorhoek se Towerbosch Aardkombuis met sy kwinksinnige ouwêreldse interieur en gasvryheid – net die plek vir magiese gesprekke. Twee glase wyn is ingesluit. Koop gerus landgoedwyn en getekende boeke van die skrywers. Vir ʼn vegetariese opsie, skakel 021 865 2958 vooraf.

Geliefde TV-sterre! @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 12 all-day

Iets heel besonders! Kom ontmoet 200 marionette, staaf- en handpoppe wat oor die afgelope 39 jaar deur die Klein Marionette-geselskap en die eertydse modelbou-afdeling van die SAUK-televisiediens ontwerp en vervaardig is. Maak van naderby kennis met die geliefde eerste poppekarakters wat op Suid-Afrikaanse televisie kom praat en kykers betower het, soos ’n gerestoureerde Liewe Heksie, Karel Kraai, Sarel Seemonster, Bennie Boekwurm, Knersus en Oscar. Karakters uit teaterproduksies, soos Die Sielehandelaar, Die Reëngodin, Bang vir ’n Slang, Die Klein Prinsie, Repelsteeltjie en ’n hele paar ander wat gebruik is vir nasionale en internasionale opvoerings, word ook uitgestal.

Magiese Markee-tjie Die Mirakeltentjie @ Magic Gazebo
Mar 12 all-day

Top kulkunstenaars van Suid-Afrika span saam om feesgangers te betower met toertjies! Besoek die Magic Gazebo by die Erfurtkafee. Pasop: soms is dit daar – siedaar! En soms nie.

Towersade Vriendskapsprojek
Mar 12 all-day

Ondersteun deur die Stellenbosch Botaniese Tuin

Leerders van Rachel’s Angels-, die WOW projek, US koshuise se Groen komitees en Stellenbosse skole neem deel aan ʼn groen inisiatief deur inheemse sade van vriendskap en hoop in selfgemaakte koeverte van herwinde koerante aan mense te stuur. Kyk uit vir hierdie geheime boodskappe!

Trieks en Toertjies
Mar 12 all-day

In samewerking met Cape Magician Circle

Wat is ’n towerfees sonder kulkunstenaars?  Kyk gedurende die fees (reeds vanaf die Lang Tafel) uit vir trieks en toertjies deur hierdie verbysterende towenaars. Kul jou hier, kul jou daar – en siedaar!

Wat sê die sterre… @ De Vette Mossel
Mar 12 all-day

Eikestadnuusmiddaggesprekke oor toneel

Akteurs in die Dramafees gee ’n kykie agter die skerms oor trefferproduksies waarby hulle betrokke is. Eet sommer gou van De Vette Mossel se heerlike middagetes (vir eie rekening), terwyl jy jou verluister aan ons voorste teatermense in informele luim. Kaartjies net by De Vette Mossel.

WOORDE OPEN WÊRELDE (WOW) PROJEK
Mar 12 all-day

Die WOW Projek, die US Woordfees se lees- en kultuurbevorderingsprojek wat in Oktober 2013 ’n dekade oud was, het verlede jaar die lewens van meer as 180 000 persone in sewe provinsies aangeraak. Dit open leerders se oë vir ruimer moontlikhede in ’n groter wêreld en bemagtig hulle deur blootstelling aan kreatiewe programme gerig op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste, aangesien taalkennis ten grondslag lê aan alle skoolvakke. Inligting oor tersiêre studie help leerders se potensiaal ontsluit, ondersteun deur ruim WOW- en ander studiebeurse.

WOW Skrywersfees
Mar 12 all-day

Moontlik gemaak deur LAPA

Spesiaal vir ons kleinspan. Leerders, o.a. van die WOW-leeskringe by 20 hoër- en laerskole wat jaarliks kinder- en jeugboeke vir die ATKV Woordveertjies beoordeel, ontmoet hul gunstelingskrywers en leer self stories skryf.

’n Afrika van die 21ste eeu @ Erfurtkafee
Mar 12 @ 8:00 am – 9:00 am

Lynette praat met Frik Landman (Bestuurshoof USB-BO), Frans Viljoen en Moeletsi Mbeki.

Beste professor… @ De Vette Mossel
Mar 12 @ 9:00 am – 9:50 am

Kom geniet ontbyt by die Vette Mossel terwyl Andreas van Wyk, bekende regsgeleerde en oud-rektor van die US, met die Universiteit se gryses en wyses gesels oor aktuele onderwerpe. Hou die media dop vir meer inligting oor hierdie gewilde reeks!

Die kuns en kultuur van kulkuns @ kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 9:00 am – 9:50 am

Met Wayne Abrahamse (President: CMC), Alexander May en Jacques le Sueur.

Waar kom kulkuns vandaan? Is dit blote oëverblindery? Kom luister wat kenners op die gebied te sê het. Interessante historiese hase word hier uit hoede getrek, soos stories oor hoe die Geallieerdes tydens die Tweede Wêreldoorlogs kulkuns gebruik het!

George Claassen – Kwakke, kwinte en kwale @ Boektent
Mar 12 @ 9:00 am – 9:50 am

Aangebied deur XLIBRIS Publishing

Alternatiewe medisyne bestaan nie, net medikasie wat werk, of nie. Maar as Oprah Winfrey, prins Charles en kruiekoningin Antoinette Pienaar ‘waarhede’ oor alternatiewe terapieë verkondig, hoe skei jy die kaf van die koring? Cobus Bester van RSG praat met George Claassen oor Hoe jou onsinverklikker die keisers van pseudowetenskap kan ontbloot.

Johan Coetzee Kunsgalery
Mar 12 @ 9:00 am – 5:30 pm

Baie welkom aan alle Woordfeesgangers! Kom kyk gerus na en koop van ons oorspronklike skilderye deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, afdrukke, eksklusiewe voëls van Feather in Knysna, pottebakkerswerk, kerse en kaartjies.

Tel: 021 886 5656

jcgalery@mweb.co.za

Pleinstraat 71, h/v Plein- en Ryneveldstraat

Lilly Friedlaender Galery
Mar 12 @ 9:00 am – 5:00 pm

Met Erica du Plessis, Lilly Friedlaender, Juria le Roux, Hestelle Maré, Carine Terreblanche en Angela Tolken se juweliersware. Metaal met taal is die titel van ’n uitsonderlinge uitstalling van uniek-ontwerpte juweliersware, waarin goudsmede ook met woorde smee, in die hart van Stellenbosch.

Tel: 021 887 1655

lilly.f@wol.co.za

Kerkstraat 29

Magicus in D-street
Mar 12 @ 9:00 am – 5:00 pm

’n Magiese kunsuitstalling uit die kwaste van Clare Menck, Cobus van Bosch, Jan du Toit, Peter van Straten, Shaney van den Berg, Andries Gouws en Ingrid Winterbach. Met beeldhouwerk deur Niël Jonker en Lionel Smit.

Opening: Saterdag 8 Maart om 18:30 deur Lina Spies.

Rondleiding: Ma-Sa om 14:00 deur kurator Aidon Westcott.

Tel: 021 883 2337

Dorpstraat  112

www.dstreetgallery.com

Oude Libertas Kunsgalery
Mar 12 @ 9:00 am – 4:00 pm

Louis Jansen van Vuuren:  In ʼn oogwink – win citu oculi

In ʼn onlangse reeks werke in gemengde medium ondersoek die kunstenaar aspekte van die portret as skeppende onderwerp, die verwantskap tussen sitter en waarnemer en die ‘vlietende’ oomblik wat die beoogde bestemming word.  Op 2 Maart 16:00 met die opening, en 12 Maart 17:00 bied Louis Jansen van Vuuren, Edwain Steenkamp en Niël Rademan (musiek) ook ʼn woordmusiekprogram aan.

Tel: 021 809 7463

H/v Adam Tas- & Oude Libertasstraat

PJ Olivier Kunssentrum
Mar 12 @ 9:00 am – 4:00 pm

In die historiese kern van Stellenbosch pronk ʼn argitektoniese sieraad wat die oog hier kul en daar kul met 30 kunstenaars se verrassend oorspronklike kunswerke.  U is welkom om ʼn siedaar ervaring te beleef met al die winskope – sien jou daar!  Aanskou ook ons feeskunstenaar Diek Grobler, se magiese verkoopsuitstalling.

Tel: 021 886 4854

Blomstraat, Stellenbosch

Stellenbosch Kunsgalery @ Ryneveldstraat
Mar 12 @ 9:00 am – 5:30 pm

Frederike Stokhuyzen is ’n uitsonderlike kunstenaar wat haar skilderye met paletmesse voltooi vir lyn en struktuur, lig en lewe. Haar sketse op reis word later in olie op doek voltooi. Sy is veral bekend vir haar uitstaande Suid-Afrikaanse landskapswerke. Kom sien, beleef en belê!

Kom geniet ook Yvette Weyers se heerlike humoristiese, ironiese en dekonstruerende spel met woorde en die Woordfeestema. Sy haal die magiese uit die alledaagse in onwaarskynlike transformasies, en toor met metafore en idiome uit haar hoed soos die towenaar ’n haas of duif.

Van waar gehasie? @ GISA, Banghoekweg 115
Mar 12 @ 9:00 am – 9:50 am

Aangebied deur die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA)

Wat is die genealogie en hoe haal jy jou eie voorsate uit die geskiedenishoed? Kom kyk na GISA se genealogiese bronne en begin al met jou navorsing! Steeds meer mense doen dit. Bespreek vroeg – beperkte sitplekke.

Graad 6-7: Nova – Fanie Viljoen @ Van der Stel Sportterrein: Van der Stel-saal
Mar 12 @ 9:30 am – 11:00 am

Daar heers groot opgewondenheid oor die slotboek in Fanie se Nova-reeks. Hy kom stel dit eksklusief aan ons WOW-leerders voor en ontrafel ’n paar van die geheime.

Waterpas @ kykNET Fismer
Mar 12 @ 9:30 am – 10:50 am

’n US Woordfees en ABSA KKNK ko-produksie

Met Francois Jacobs, Hannah Borthwick, Roeline Daneel, De Klerk Oelofse en Wessel Pretorius. Produksiehuis: Polony. Teks: Wessel Pretorius. Musiek: André Gerber. Regie: Christiaan Olwagen

’n Eksistensiële laslap-komedie oor die lewe, die dood en al die fratsongelukke wat tussenin gebeur. Wat is die sin in die lewe as jy kop bo water probeer hou maar nie die perd tot by die water kan bring en hom maak drink van ’n eend se rug af nie? ’n Studie in waansin uit die pen van Wessel Pretorius (van Ont-faam). Geen o/16 TN.

Benescke Janse van Rensburg – God was dáár @ kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 10:00 am – 10:50 am

Aangebied deur CUM

Bekende radiopersoonlikheid Benescke Janse van Rensburg skryf oor wonderwerke wat bekendes en gewone mense se lewens verander het. Sua du Plessis praat met Benescke oor dié boek se inspirerende geloofstories van mense soos Juanita du Plessis, Michael Mol, Johan Stemmett, Allister Coetzee en baie ander.

Die Red Teapot Gallery
Mar 12 @ 10:00 am – 5:00 pm

Beleef ’n kleur- en kunservaring met werk van Portchie en ander kunstenaars, asook unieke gebruiksartikels en ‘n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Spesiale Woordfees-winskopies!

Tel: 021 883 9582

portchie@mweb.co.za

Oude Hoek Gebou, h/v Kerk- en Andringastraat

Die US – ’n nuwe Hogwarts? @ Erfurtkafee
Mar 12 @ 10:00 am – 10:50 am

Met Mathew Smorenbur, Llewellyn Stevens, Jannie Gagiano en Pietman Retief

Gegewe die sogenaamde Visie 2030 van die US is Matieland in ’n unieke situasie. Hoe behoort die Universiteit én Stellenbosch dan teen 2030 te lyk? Kom ondersoek die magiese elemente van transformasie, geskiedenis en die toekoms saam met ons!

Mariël le Roux – Klara @ Boektent
Mar 12 @ 10:00 am – 10:50 am

Nanette van Rooyen vra Mariël le Roux uit oor haar roman,’n verhaal met ’n onweerstaanbare aardsheid. Klara is snaaks én hartverskeurend – dis nie aldag dat ’n mens jou so kan verlustig in die vreemde draaie wat die lewe gooi nie. Mariël is ook die skrywer van die topverkoperroman Die naamlose.

Peuter hier, peuter daar @ Rozendal Gasteplaas
Mar 12 @ 10:00 am – 4:00 pm

Grawe jou kleuter se mees vodde-, gevlekte broek en T-hemp uit en bring hulle na hierdie eklektiese, veld-geïnspireerde kleuterparadys. Besige vingers, trippe trappe tone en kreatiewe denke word hier gevoed en gevier. Alle installasies, aktiwiteite en goeters is uit natuurlike of herwonne materiale gemaak. Ook lekker eetgoed te koop.

Platinum-juwelierskuns – BACK TO THE FUTURE – Platinum Art Jewellery @ Slee Kunsgalery in Dorpstraat
Mar 12 @ 10:00 am – 4:00 pm

BACK TO THE FUTURE is ’n uitstalling van platinum juweliersware deur ’n aantal kunstenaars wat sedert 2007 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer het.  Aangesien platinum unieke metaalwerkkwaliteite het, bied dit unieke uitdagings aan die kunstenaar.

Soos wat die titel te kenne gee, is BACK TO THE FUTURE ’n tentoonstelling waar die waaghalsig grensverskuiwende en konseptuele, tradisionele vakmanskap en tegniek mekaar ontmoet in juwele wat gedra kan word of af as klein beeldhouwerke beskou kan word – en boonop te koop is.

6-16 Maart | Slee Kunsgalery in Dorpstraat

Albert Grundlingh – Potent Pastimes: Sport and leisure practices in modern Afrikaner history @ kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 11:00 am – 11:50 am

Aangebied deur Protea Boekhuis

Hierdie ongewone blik op die Afrikaner se geskiedenis betrek areas wat die konvensionele geskiedskrywing oor die hoof sien, soos die obsessie met rugby, die ondergang van hondewedrenne in Johannesburg in die 1940’s en die aantrekkingskrag van die strand by Hartenbos in die 1930′s. Kom luister na die skrywer se gesprek met Hermann Giliomee.

Die huwelik – Goddelike of kulturele instelling? @ Boektent
Mar 12 @ 11:00 am – 12:00 pm

Met Chris Jones en Nicki Spies

Die tradisionele huwelik is van verskillende kante onder skoot. Enersyds vra baie of die huwelik nog ’n nuttige instelling is. In ontwikkelde lande droom al minder jongmense van kleins af oor hul troudag en dra dit geen stigma om nie te trou nie. Andersyds word ander tipes verbintenisse, soos saamwoon en verhoudings met dieselfde geslag, as geldige alternatiewe vir tradisionele huwelike gesien. Hoe Goddelik is die huwelik?

Feeskatte – ’n dramakomedie @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 12 @ 11:00 am – 12:30 pm

Met Elsabé Daneel, Joanie Combrink en Susanne Beyers. Produksiehuis: Elsabé Daneel Produksies. Teks: Martelize Kolver en Christiaan Olwagen. Regie: Christiaan Olwagen

Wat is ’n kunstefees sonder ’n kat? Die soort met Boere-Ascot veredosse, Lady Gaga glitter en Marilyn Monroe beauty spots. Wat kook onder gifgroen toppies en skelpienk lipstiek wat chick power skree? Wat gebeur as die pressure cooker skielik sy top blaas en die flambojante Papageno vere vat vlam? Geen o/14 T.

Elders aan diens – Opgedra aan Jeanne Goosen @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 12 @ 12:00 pm – 1:00 pm

Met Nicole Holm, Luna Paige en Frieda van den Heever. Regie: Albert Maritz

Dié kombinasie van teater, musiek en poësie bied hoë kwaliteit en baie variasie – ’n uitstekende manier om die verskillende verrassende fasette van die veelsydige Jeanne Goosen se woordkuns te belig. Jeanne het nie alleen gedigte, kortverhale, romans, toneelstukke, kabarettekste en talle rubrieke agter haar naam nie, maar ook ’n lisensiaat in klavier.

Max du Preez – A Rumour of Spring: 20 years of democracy @ Boektent
Mar 12 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Presented by Zebra Press

Democracy in South Africa turns 20 on the 27th of April 2014. Max du Preez investigates and analyses the country’s progress and/or lack thereof. An honest and balanced account, the book tackles questions asked by ordinary South Africans every day: What is really going on? How should we understand what is happening in our country? Hear what Max has to say.

Michael Hammond – Orania: Afrikanervolkstaat deur die oë van die lens @ kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 12:00 pm – 12:50 pm

Aangebied deur Umuzi

Die fotograaf Michael Hammond praat met die bekende joernalis en veteraan-onderhoudvoerder Hanlie Retief oor sy aangrypende fotoboek van Orania, die kontroversiële en komplekse Afrikanervolkstaat, en sy gemeenskap.

Riana Scheepers – Ete met Vallei van melk en heuning @ Towerbosch Aardkombuis
Mar 12 @ 12:30 pm – 2:30 pm

Dis geen blote byeenbring van ’n opwindende versameling resepte uit Riana se kombuis en kontrei nie, maar ’n kuierboek, geselsboek, organiese leefstylboek – en veral ’n boek met die oorvloed van eenvoud. Riana beheks jou met woorde as sy vertel van die wondere uit haar toortuin!

Tango – gesprek @ De Vette Mossel
Mar 12 @ 1:00 pm – 1:50 pm

Die bekroonde regisseur Katinka Heyns en haar span akteurs gesels oor Chris Barnard se gewilde komedie.

Vashouding (Drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 1:00 pm – 1:24 pm

Met o.a. Jana Strydom & Mncedisi Ncedani. Regie: Lika Berning

Na die tragiese verlies van haar baba voel Mimi vasgevang en trek uit hul weelderige huis. ’n Weggooibaba op die munisipale ashoop lei tot ’n konfrontasie met haar eie vrese en vooroordele. Sal sy haarself ooit kan vergewe en rus vind?

Vrek (Surrealistiese drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 1:30 pm – 1:54 pm

Met o.a. André Velts & Tana Ferreira. Regie: Anton Swanepoel

Nadat stil Stefan sy droomvrou ontmoet, dwing ’n lewensbedreigende siekte ’n keuse af tussen ’n riskante operasie of ’n laaste dag met haar. Maar hy moet eers leer baklei vir wat hy wil hê…

Wyntoer 1 @ kykNET Hoërskool Stellenbosch
Mar 12 @ 1:30 pm – 4:30 pm

Blaauwklippen, Peter Falke en Webersburg, met Niël Rademan

Dié gewilde en sjarmante sanger trakteer sy reisgenote met kunstenar-streke, kabaret-sketse en ouwêreldse boerseun-sjarme.

Historiese hase uit die Anglo-Boereoorloghoed @ kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 2:00 pm – 2:50 pm

Carel Stander, Martiens van Bart en Andries Domburg deel die boeiende geskiedenis van ’n dalk minder bekende Anglo-Boereoorlogmonument met Dorothea van Zyl. Waarom is die monument in die Paarl? Om watter simboliek gaan dit en hoe het dit gestalte gevind? Wat was die destydse rol van nie-vegtende rebelle? Interessante wetenswaardighede oor die Kaapse aandeel in die noordelike stryd.

Repelsteeltjie @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 12 @ 2:00 pm – 2:45 pm

Aangebied deur Spektrum Kinderteater. Teks: die broers Grimm. Verwerking: Gaerin Hauptfleisch

As ’n wewer by die koning spog dat sy talentvolle dogter strooi in goud kan verander met haar spinwiel, beveel die Koning haar om ’n kamer vol strooi in goud te verander. Repelsteeltjie help haar, maar vra ’n vreeslike prys. Kom kyk of sy ’n prinses gaan word en of sy haar woord gaan hou.

Stellenbosch – affer innie pad @ bussies vertrek vanaf Markstraat 36 (Toeristeburo)
Mar 12 @ 2:00 pm – 4:00 pm

Aangebied deur Stellenbosch 360

Klim innie taxi samit Leatitia en Hilton en gan op ’n joyride deerie dorp na ’n hys in Cloetesville. ‘Matilda en Henrikkie’ sil stories vertel vannie community wat jou sal laat hyg.

R125 virrie entertainment ennie taxi se geheneweer. Nogge paa sente vi Kabous se basaartafel.

Steve Hofmeyr – Laaste dans, Drienie @ Boektent
Mar 12 @ 2:00 pm – 2:50 pm

Aangebied deur Zebra Press

Toe Oscar Pistorius blosend in die gange van die Brooklyn-polisiestasie by luitenant Muller Joubert verbyloop, was Muller seker dat daar in jare nie so ’n bisarre saak was nie. Hy was verkeerd. Daar was reeds. En hy was in die middel daarvan. Steve Hofmeyr praat met Deon Meyer oor sy plek as skrywer binne die Afrikaanse letterkunde.

Soos elke dag @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 12 @ 2:30 pm – 3:35 pm

Met Marlo Minnaar. Deur Ferdinand Bekker. Produksiehuis: Stercus Produksies. Regie: Gaerin Hauptfleisch

’n Komedie oor wat daardie spesifieke dag gelei het tot wat sommige mense ’n tragedie sou noem. Wat het Fanie Verwoed besiel om te doen wat hy gedoen het? Kon enigiemand dit verhoed het? Hoeveel kan mens vat tot dinge te veel raak, of was dit maar net bestem om so uit te draai? Geen o/16 T.

2092: God van klank @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 12 @ 3:00 pm – 3:40 pm

Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013. Geen o/10.

Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou – met Christiaan Bakkes @ Boektent
Mar 12 @ 3:00 pm – 3:50 pm

In Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vormingsjare vertel Stoffel die verhaal van sy grensdiens en ontbloot ’n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. Nou voer hy ’n oorlog teen renosterstropery. Dit is Bakkes se eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so ’n gewilde skrywer maak. Erns Grundling van die tydskrif WEG gesels met Christiaan.

Spookstasie 1 @ KykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 3:00 pm – 4:30 pm

Spookstasie gesels met Hermann Giliomee, bekende historikus, openbare intellektueel en politieke interpreteerder, oor sy loopbaan en die begrip pluralisme.

Spooksaam

Pieter Duvenage en Johann Rossouw (Dept. Filosofie VU) was van 1998 tot 2001 aanbieders van die filosofieprogram Spookstasie (saam met Johann Botha). Die span is nou terug in ’n nuwe formaat.

Die monster in die gang @ kykNET Fismer
Mar 12 @ 3:30 pm – 5:00 pm

Ondersteun deur die ATKV

Met Anthea Thompson, Waldemar Schultz, Greta Pietersen en Wessel Pretorius. Teks: David Greig. Vervaardiger: Wordsmith’s Theatre Factory. Musiekregie: Pedro Kruger. Vertaling en regie: Hennie van Greunen

Duca Malherbe is sestien en woon saam met haar pa in ’n woonstelletjie op Klein-Brak. Haar droom is om normaal te wees – soos ander mense. Haar pa verwyl ure met sy aanlyn-rolspeltoernooie, sexy Laurence Hoogenhout kom kuier onverwags en die gek Sweedse vrou daag op – als op die dag wat die welsyntannie kom kyk of alles nog reg is. Dié energieke ensemble laat loop teen die spoed van ’n vuurwarm motorfiets en maak ’n draai by televisiespeletjies, musiek uit die 60’s, feeverhale, fisieke komedie en macaroni-en-kaas.

Engela van Rooyen, 75 @ Boektent
Mar 12 @ 4:00 pm – 4:50 pm

‘Sy skryf met eerlikheid en gevoeligheid, sonder ’n greintjie sentimentaliteit. En daarvoor kan sy nie hoog genoeg aangeprys word nie.’ – Cecile Cilliers. Danie Botha en Linda Rhode vier saam met Engela haar uiters suksesvolle loopbaan en lewe. Sy het reeds as student begin skryf aan ’n oeuvre van kortverhale en radiodramas, jeugboeke en romans, asook talle ligter tekste onder verskillende skuilname. Haar werk is verskeie kere bekroon en jare lank op skool voorgeskryf. Die gewilde Vuur op die horison was haar honderdste roman! Kom maak mee waarom sy so geliefd is.

Die kersieboord @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 12 @ 5:00 pm – 6:30 pm

Met Oscar Petersen, Tinarie van Wyk Loots, Carel Nel, Wilhelm van der Walt, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Sjaka Septembir, Marvin-Lee Beukes en Bianca Flanders. Produksiehuis: The Mechanicals. Skrywer: Anton Tsjechof, vertaal deur Alewyn Lee en verwerk deur Sandra Temmingh. Regie: Sandra Temmingh

Die grondeienaars is bankrot, die boord word opgeveil – maar in plaas van ’n blik op die toekoms kry,  word hulle vasgevang in herinneringe aan hulle verlede. Temmingh se simboliese uitbeelding sny soos ’n mes deur die psige van ons Suid-Afrikaners.

Wandeling oor argitektuur @ vertrek van kykNET Erfurthuis
Mar 12 @ 5:00 pm – 6:00 pm

Wil jy sien en hoor hoe opwindend en interessant argitektuur is? Hoe geboue die storie van ʼn dorp vertel? Kultuurhistorikus Matilda Burden laat jou met ander oë kyk na die Eikestad se argitektoniese juwele. Vanjaar is daar twee roetes: Maandag, Woensdag en Vrydag na die middedorp; Dinsdag, Donderdag en Saterdag na die Braak.

15 Verse @ kykNET Endler
Mar 12 @ 5:30 pm – 6:40 pm

Met Stellenbosch Universiteitskoor o.l.v. Andre van der Merwe. Margot Luyt, Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellerman, Chris van Niekerk en andere. Regie: Juanita Swanpoel

Kom vier die Woordfees se 15de verjaarsdag saam met die internasionaal bekroonde Universiteitskoor en 15 kunstenaars wat hul persoonlike gunsteling-gedigte voorlees. ‘n Viering van vers en klank se towerkrag!

Niel du Bois en Tannie Poppie @ De Vette Mossel
Mar 12 @ 5:30 pm – 8:30 pm

De Vette Mossel se kaalvoet seekoskenner en eienaar Niel du Bois en die geliefde Tannie Poppie van Kokkedoor stry oor resepte! Skeidsregter Melt Myburgh besluit saam met die gehoor wie wen!

Straatmylfees @ Prys-uitdeling 18:00 voor Dagbreek
Mar 12 @ 5:30 pm – 7:00 pm

Ondersteun deur Namaqua wyne, asook die US atletiekklub, Oud-Dagbrekerbond en Nu’bar, Somerset-Wes

Ter ere van oud-Dagbreker De Villiers Lampbrecht vier ons vanjaar die 50 jaar herdenking van die eerste droommyl in SA. Neem deel aan een van Dagbreek/Maties se 3 wedlope: Vir mans, dames en elite atlete. R2 000 bonus vir ʼn betowerende droommyl! Vermaak tussendeur vir kykers – medaljes en ʼn gelukstrekking. Vir navrae en vorms, kontak Francois (straatmyl@hotmail.com).

Victoriastraat

Anderkant gister (Fantasie-avontuurkomedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 6:00 pm – 6:24 pm

Met o.a. Hannes Brümmer, Kobus Boshoff, André Odendaal & Erik Holm. Regie: Charlene Brouwer

Bennie du Plessis wil soms die verlede oor hê, veral na sy liefdesteleurstelling. Een aand in ’n kroeg maak ’n man met magiese kragte dit moontlik, maar Bennie bly 31 jaar oud in 1987, met sy moderne klere, onbruikbare selfoon en geld. Hoe nou gemaak?

Jaloersbokkies @ Neethlingshof
Mar 12 @ 6:00 pm – 7:05 pm

Met Jawaahier Petersen, Nedine Blom, Ashur Petersen, Yazeed Williams, Adrian Abrahams, Robin Kock en Rhyno Domingo. Regie: Niël Rademan

Eg-Kaaps soos breyani en koesisters, uitgedos in kostuums eie aan die 50′s, bekoor die Jaloersbokkies gehore met skatte soos ‘Daar kom die Alibama’, ‘Mannetjies Roux’, en die Maleier-treffer ‘Rosa’. Kom smul aan ‘n mandjie vol lekkernye wat jou gazad sal maak!

Bring jou eie eetgoed (geen drankies toegelaat) of bespreek jou piekniekmandjie propvol watertand luukses (soos Neethlingshofwyn, roomkaas, tamatie-pesto, kouevleis, vis en slaai, gepreserveerde groenvye en ʼn neut-sjokolade soetigheid) by Computicket wanneer jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak. Wys jou Computicket-kaartjie by Neethlingshof se proelokaal vir ’n gratis wynproe (geldig tot ’n maand na die vertoning)!

Lykgeskil @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 12 @ 6:00 pm – 7:00 pm

Met Stephanie Hough, Kyle Seconna en Andre Terreblanche. Tegniese versorging: Alex Marais. Skrywer en regie: Stephanie Badenhorst

’n Absurde swart komedie met een post-mortem grimeerkunstenaar, een pilkop, een skisofreen, een lykshuis, een dooie. Die deur staan oop… ‘Maak jou voete sulke vuisies en spuit hom tussen die tone… en hou verby met die sandale. Toe skoene steek meer weg as ’n gebarste hak.’ Geen o/16 T.

Street Soirees celebrate the Stellenbosch lifestyle @ Church Street
Mar 12 @ 6:00 pm – 8:00 pm

Presented by the Stellenbosch American Express® Wine Routes

‘Summertime, and the living is easy…’ Festivalgoers can revel in the true pulse and pleasures of this vibrant oak-lined town during social Stellenbosch Street Soirees that transform the lower part of Church Street into a colourful gourmet and grape hub, with complimentary wine tastings offered by various estates, restaurants selling unique dishes on the street, and live music.

Information: 021 886 4310 | info@wineroute.co.za | www.wineroute.co.za

Voorskoot en lipstiek @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 12 @ 6:00 pm – 7:00 pm

Moontlik gemaak deur Spekko Rys

Met Marinda Engelbrecht en Herman Lensing. Teks en regie: Marion Holm

Kosteater is oorbekend, so wat maak hierdie konsert anders? Daar is karakters op die verhoog wat besig is om in ’n toneelstuk te speel terwyl hulle kook. Marinda Engelbrecht (van Kokkedoor) en Herman Lensing (skrywer) is ewe bekend. Die bestanddele is dus daar – dit kort net die gehoor wat moet aansit vir ’n feesmaal van teater en kos.

Die buurtwag (Komedie) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 6:30 pm – 6:54 pm

Met o.a. Deon Lotz, Albert Maritz, Johan Botha, Leon Kruger, Marko van der Colff & Joanie Combrink. Regie: Jaco Smit

Johan, ’n 34-jarige gesinsman sluit na ’n inbraak in sy nuwe voorstedelike Kaapse woonbuurt, by die buurtwag aan, maar dit het onverwagte transformasie tot gevolg…

Drukkersbloed (Riller-drama) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 7:00 pm – 7:24 pm

Met o.a. JC Snooke, Gustav Gerdener, Eloise Cupido, Ilse Roos & Anel Alexander. Regie: Kabous Meiring

As ’n joernalis die waarheid soek onder die intriges, skandale en afguns in die Afrikaanse musiekbedryf kos dit sy lewe. Vrae word opgeroep: Wie maak die meeste geld in die bedryf? Is daar plek vir poniekoerante en joernaliste wat bloot sensasie najaag?

Hutsetiket @ Aan de Braak Teater
Mar 12 @ 7:00 pm – 8:00 pm

Met Elizna Vermeulen. Teks: Annemarie Hattingh en Elizna Vermeulen. JaneeKyk Produksies. Regie: Annemarie Hattingh

Na die groot mislukking van haar realiteitstelevisie-‘loopbaan’ keer Anelina Stein terug, reg vir haar volgende oornagsukses – sosiale media. Anelina is kort voor lank verslaaf aan likes,hits en shares, en voor sy kan sê tweet, is sy ’n sosiale media-ghoeroe. #Fame was nog nooit so maklik nie!

Vier horisonne @ Eikestadnuus Klank-kamer: Boektent
Mar 12 @ 7:00 pm – 8:00 pm

Voorlesers: Nic de Jager en Johann Nel. Musiekregie: Wilken Calitz; Regie: Marí Borstlap Calitz

Vier horisonne verwys na die oneindige rigtings waarheen poësie die luisteraar kan neem. Die bekende stemkunstenaars Nic de Jager en Johann Nel vertolk geliefde gedigte wat almal sal betower, oor temas uit die skatkamer van die Suid-Afrikaanse literatuur. Wilken Calitz gee die woorde vlerke met ’n unieke kombinasie van viool- en kitaarbegeleiding.

Like my profile (Riller) @ Neelsie Filmhuis
Mar 12 @ 7:30 pm – 7:54 pm

Met Corné Koegelenberg, Lilani Prinsen & Retief van der Liefde. Regie: Adam Heyns

Niel vind Facebook onnodig, maar sukkel om Maia op te spoor. Toe Johnny met sy bike en gevaarlike speelgoed in Niel se lewe injaag, word Niel oornag ’n internet-celeb.

Paul Cilliers Gedenkkonsert @ STIAS
Mar 12 @ 7:30 pm – 8:30 pm

Deur KEMUS, in samewerking met STIAS

Ter nagedagtenis aan die bekende Stellenbosse filosoof Paul Cilliers, vestig KEMUS en STIAS ’n jaarlikse gedenkkonsert, gewy aan die uitvoering van hoogstaande eietydse musiek. Die eerste aanbieding is ’n portretkonsert van die bekende Suid-Afrikaanse komponis Hans Huyssen, wat ’n PhD-student van Cilliers was en in 2014 sy 50ste verjaardag vier.

2092: God van klank @ Die Voortrekkers PJ Olivier Kunssentrum
Mar 12 @ 8:30 pm – 9:10 pm

Met Chris van Niekerk en Johan Botha. Produksiehuis: Dubbelpunt [:] Produksies. Skrywer: Wilken Calitz. Regie: Marí Borstlap

In die jaar 2092 is Hernon Freytag, die laaste lewende musikant in Kaapstad, in aanhouding weens sy oortreding van die wet op die ‘Verbod van klank’. In sy laaste betoog word die gehoor tot insig gebring oor die nouverweefde band tussen geskiedenis, klank, lewe, stilte en die dood. Wenner van die Uitskieterproduksie WOORDtroFEE in 2013 en genomineer as beste produksie by Woordfees 2013. Geen o/10.

Cheaper than Roses @ kykNET Fismer
Mar 12 @ 8:30 pm – 10:00 pm

Moontlik gemaak deur die Suidoosterfees en Grahamstad Nasionale Kunstefees

With Lizz Meiring. Written by Ishmael Mahomed. Music: Coenie de Villiers. Costumes: Mariska Meyer. Set, lighting and production: Kosie House of Theatre. Director: Zane Meas

A desolate railway station. A woman who is not what she seems to be. A story of the past and present on a collision course. Sometimes running away from whom we are, brings us closer to who we are. Sometimes the past and the present merge in a way that forces us to confront and accept the unacceptable. A heart-warming, unusual, funny and sad story of a woman who did not want to be ‘cheaper than roses’.

Daar was ’n tyd @ Radio Helderberg Klein Libertas Teater
Mar 12 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Met Jan Groenewald (teks én spel). Aangebied deur Foxwood Teater. Regie: Clive Rodel

Dis ’n liefdesverhaal, ’n oorlogsverhaal, maar eintlik ’n stuk oor die ewigheid. Met so ’n premis, en so ’n geskiedkundige agtergrond waarteen dit afspeel, is dit geregverdig dat die visuele styl vasgevang sal wees in tydgebondenheid, die taalgebruik tydloos. ’n Ouwêreldse tekening, nostalgies, en in ’n spelstyl van lank gelede.

David Kramer – Stokoud & Splinternuut @ kykNET Endler
Mar 12 @ 8:30 pm – 9:40 pm

Met David Kramer, Schalk Joubert (baskitaar) en Kevin Gibson (tromme)

Die viering van ’n leeftyd van liedjieskryf! Ervaar David in sy vyfde dekade as kunstenaar, soos toe hy die eerste keer in die folk-klubs van Kaapstad en Stellenbosch begin sing het in die laat 1970’s. Hy verken ’n paar nuwe liedjies, maar sing ook van die nommers uit sy repertoire wat hom die reputasie as een van die voorste sangers en liedjieskrywers in Suid-Afrika gegee het: ‘… geen siel by Stokoud & Splinternuut kon sweerlikwaar ontevrede huiswaarts keer nie.’ – Die Burger.

ddbb… Dowwe Dolla betaal belasting @ kykNet Hoërskool Stellenbosch
Mar 12 @ 8:30 pm – 9:45 pm

Met Margit Meyer-Rödenbeck. Skrywer: Jurgen Human. Arena Produksiehuis. Regie: Margit Meyer-Rödenbeck en Jurgen Human

Dolla kry hulp met haar eerste belastingopgawe by eksperts soos Kenny Kunene en Rashid van die Vlakte. Sy wil ook praat met die ou in charge van die soustrein en kry ’n dinner date met die ambassadeur van China. Maar die trein dreig om te ontspoor… want sien, belasting het soos brandewyn nie brieke nie.

Kanna hy kô hystoe – Adam Small @ Spier Amfiteater
Mar 12 @ 8:30 pm – 10:10 pm

Moontlik gemaak deur die LOTTO en die ATKV

Met June van Merch, Brendon Daniels, Crystal Donna Roberts, Jefferson Korkee, Angelo Mockie, Maria de Koker, Charles Human, Vincent de Koker, Jane Kitchen, Megan van Wyngard, Johannes Manie Human, Enslin Baatjies, Willy Collins, Dorington Wilson en Algey Louw. Produksiehuis: FACTS. Regie: Gerben Kamper

Die beste drama in Afrikaans, volgens André P. Brink en talle ander wat dié deernisvolle epiese teaterstuk oor eenvoudige mense ken, oor die armes wat altyd daar sal wees. ’n Aangrypende uitbeelding van omstandighede se ontsaglike uitwerking op menselewens. ’n Spesiale huldiging vir Adam Small, wat in 2012 die Hertzogprys vir Letterkunde ontvang het vir sy bydrae tot die Afrikaanse toneelkuns. Geen o/14 G.

Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel @ De Vette Mossel
Mar 12 @ 9:00 pm – 11:00 pm

Die gewilde laataand jolkol van die fees: yskoue wyn en vuurwarm blues. Sagte seesand – nie slaapsand nie, maar toorsand. Sterre bo jou kop en voor jou op die verhoog. Sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid. Die legendariese Drostdy-Hof-orkes is die ruggraat: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:

Maandag, 10 Maart – Gian Groen

Dinsdag, 11 Maart – Bruce Ewen, Greg Smith en Derek Harper Jr.

Woensdag, 12 Maart – Basson Laubscher en Sven Blumer

Donderdag, 13 Maart – Natasha Meister

Vrydag, 14 Maart – Piet Botha en Dr John

Saterdag, 15 Maart – Albert Frost

Sand @ Aan de Braak Teater
Mar 12 @ 9:00 pm – 10:00 pm

Met Carina Nel (Generations) en Marco Spaumer (kykNET). Teks: Jannes Erasmus. AbstrACT Productions. Regie en Ontwerp: Quintin Wils

Mienke se lewe glip soos sand deur haar vingers. Sy begrawe haar verlede stadig op Knysna se strand, maar iets haper. Was dit nie vir Jan Bouwer nie, was dinge dalk anders. ’n Visuele fees vir die oog: ‘Hierdie asemrowende briljante stuk toneelspel laat ‘n mens dink aan die dieper dinge van die lewe’ – Cue Newspaper, NH.

Mar
13
Thu
Aan tafel by De Vette Mossel @ Oorkant kykNet Erfurthuis
Mar 13 all-day