Kontak

Dorothea van Zyl

Dorothea van Zyl | Feesdirekteur

E-pos: dpvz@sun.ac.za

Tel: 021 808 2019

Prof. Dorothea van Zyl is die US Woordfees- en WOW-direkteur; dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde in die Departement Afrikaans en Nederlands, en voorsitter van die Suider-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek.

 

Melt Myburgh

Melt Myburgh | Woordkuns-projekbestuurder

E-pos: woord@sun.ac.za

Tel: 021 808 2901

Melt, die Woordkuns-projekbestuurder, is in alle opsigte die Woordfees se skrywer/digter. Hy stel die skrywersprogram saam, skryf berigte, notules, redigeer, bemark (ook met die webblad), gee klas aan studente en is nóú betrokke by Versindaba.

 

Fiona van Kerwel

Fiona van Kerwel | WOW-projekbestuurder

E-pos: wow@sun.ac.za

Tel: 021 808 3472

Fiona is die projekbestuurder, hart en siel van die Woordfees se Woorde Open Wêrelde (WOW)-jaarprojek, wat in 2010 meer as 18,000 leerders en onderwysers bereik het met ’n groot verskeidenheid projek-aksies.

 

Jana Hattingh | Woordfees-projekbestuurder

E-pos: adminfees@sun.ac.za

Tel: 021 808 2019

Jana is as Woordfees-projekbestuurder verantwoordelik vir onder andere die programsamestelling, finansiële bestuur, bemarking en logistiek van die Woordfees.

 

Shireen Crotz

Shireen Crotz | Wow-organiseerder

E-pos: adminwow@sun.ac.za

Tel: 021 808 9106

Shireen, WOW-organiseerder en Fiona se regterhand, skakel met skole en is verantwoordelik vir die finansiële bestuur, logistieke reëlings en algemene organisasie van die WOW-projek.

 

Marlise Klopper

Marlise Klopper | Woordfees-organiseerder

E-pos: woordfees@sun.ac.za

Marlise bestuur as Woordfeesorganiseerder die kantoor, finansies, reis- en verblyfreëlings, die koördinering van funksies en ’n verskeidenheid ander sake.