![]() |
Prof. Russel Botman | Rektor en Vise-Kanselier: Universiteit StellenboschDie US Woord-fees lê die Universiteit Stellenbosch na aan die hart, en met ‘Groen’ as tema toon dié fees vanjaar weer ’n fyn aanvoeling vir die polsslag van ons tyd – iets wat ook geld vir die US se HOOP Projek (www.diehoopprojek.co.za), ’n kampuswye inisiatief waarmee die Universiteit belangrike maatskaplike uitdagings met behulp van sy bewese kundigheid takel. Die US se verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap begin in sy eie omgewing, waar groter volhoubaarheid mense se lewensgehaltekanverbeter. So belemmer ’n groeiende studentetal en toenemende motorverkeer nie net ons parkeergeriewe nie, maar ook ons kampus as ’n boomryke en rustige akademiese omgewing. Daarom moedig die US meer voetgangers, fietsryers en pendelbussies, saamryklubs en openbare vervoer aan in plaas van privaatmotors, as deel van ’n nuwe kampusmeesterplan wat ons sal vestig as ’n toonaangewende 21ste-eeuse instelling, terwyl ons terselfdertyd ons ryk erfenis bewaar. Hoe groener, hoe volhoubaarder as instelling – dít is goeie nuus vir sowel die Universiteit as vir al die feesgangers op soek na die unieke Woordfeeservaring. Geniet elke oomblik! En mag dié institusionele US fees nog lank met ons wees. |
![]() |
![]() |
Johan Van Zyl | Groep Uitvoerende Hoof: SanlamGroen= Volhoubaar= Hoogtepunt=Woordfees=Groen Die US Woordfees is vanjaar ’n perd van ’n ander kleur, soos Sanlam wat in die tweede jaar van ons hernude donateurskap skuif van Drama- na Musiekfees. Maar Sanlam is in 2012 nie bloot as 94-jarige aangetrokke tot die bekoorlike jong US Woordfees omdat ou bokke van groen blare hou nie – as dit by groen kom, is Sanlam geen groentjie nie: Die Sanlam Groep is by Hierdie aantrekking van die US Woordfees is die hoofdryfveer vir ons betrokkenheid die afgelope vyf jaar. Ons deel nie net dieselfde visie, waardes en van dieselfde kliënte nie, maar vereenselwig ons ook met die doel om Afrikaans en verwante tale te vier en te bevorder. Die Woordfees se sukses hiermee oor die afgelope twaalf jaar is benydenswaardig. Bene-wens die jaarlikse positiewe media- Daarom is die Woordfeestema baie gepas, want die volhou-baarheid van groen is onont-beerlik vir die eko-uitdagings van ons planeet. En so positief as wat groen is, so goed is die Woordfees se inisiatiewe vir die volhoubare ontwikkeling van Afrikaans en verwante tale. Mag US Woordfees vanjaar weer gedy as die fees der feeste onder alle feesgangers, deelnemers en organiseerders. Sanlam is trots om deur die kontemporêre musiekfees weer deel daarvan te wees. |
![]() |
![]() |
Japie Gouws | Besturende Direkteur: ATKV-GroepDie ATKV glo dat Die Woordfees is ’n gewaar-deerde vennoot met wie ons graag saamwerk weens ons gedeelde doelwitte. Dis veral die ATKV se donateurskap van en deelname aan die Woorde Open Wêrelde (oftewel die WOW) projek van die Woordfees wat uitstekende geleenthede bied om ook jonger Suid-Afrikaners by hierdie doelwitte in te sluit. Dit ondersteun veral die onderwysfokus van die ATKV, wat almal wil aanmoedig om oplossings vir die onderwyskrisis in Suid-Afrika te help vind. Die gehalte en kreatiwiteit van Afrikaans wat elke jaar by die Woordfees na vore kom, is verstommend, soos blyk uit die opwindende 2012-program. Mag die Woordfees vanjaar weer al die verwagtings oortref en ’n reuse- |
![]() |
![]() |
Danie Cronjé | Voorsitter: Die Dagbreek TrustDie Woordfees se groen-tema sluit aan by ’n wêreldbelangrike kwessie: wat doen ons vandag sodat ons planeet môre gesond genoeg sal wees om volgende generasies te onderhou. Groen verwys na wat nodig is vir oorlewing: water, lug, grond en energie. Dit raak elke lewende organisme. Daarom maak dit sin dat die wêreld kollektief saamwerk aan kernvraagstukke en dat ’n fees soos dié ons herinner aan ons individuele verpligting. Die US Woordfees brei die groen-tema simbolies uit na ons taal: ook Afrikaans se kosbare groenigheid word bedreig deur die mensgemaakte besoedeling van sy bronne. Ook Afrikaans se groen kwessies moet kollektief en individueel beredder word om sy gesondheid te verseker vir volgende generasies. Ons moet daarom ons bronne herwin, ons taal beskut en koester, en ons kinders wys hoe. Die WOW projek, wat Die Dagbreek Trust ondersteun, fokus juis op die jong Afrikaanssprekendes wat gekoester moet word in hul grootwordjare sodat hullekangedy in Afrikaans. Ons taal se oorlewing hang af van geleenthede wat hulle nou kry. Die WOW projek laat ons kinders nuwe horisonne ontdek, ideale verwesenlik en grense verskuif in Afrikaans, maak hulle trots op en lief vir hulle taal, laat hul besit neem daarvan. Na drie jaar se betrokkenheid by die WOW projek is Die Dagbreek Trust só beïndruk met prof. Dorothea van Zyl en haar span dat ons wonder waarom ander streke dit nie nadoen nie. Ons is daarvan oortuig dat die WOW projek keer dat ons taal in skole verwaarloos of dat Afrikaanssprekende jongmense verwaarloos voel.
|
![]() |



















