Kom eet groot by De Vette Mossel

Op 5 en 6 Maart bied De Vette Mossel 'n spesiale geleentheid vir smulpape aan. Vanaf 18:30 kan feesgangers vir drie ure lank soveel eet soos wat hulle kan. Teen R150 per persoon kan daar weggelê word aan "vrugte van die see" soos gestoomde mossels in witwyn en uie, Weskus-snoek en soetpatats, 'n seekospot, 'n vleispot met rys, kalamari-steak, waatlemoen en spanspek en koffie met koeksisters. Dan praat ons nie eens van groente en slaai nie.

Laerskoolkinders betaal net R75 terwyl voorskoolse kinders teen R30 kan smul aan die lekkernye. Besprekings vir dié groot eet-geleenthede is noodsaaklik. Skakel of SMS vir Rika by 079 292 1913.