Artikels

Woordfees
DIE agtste Woordfees op Stellenbosch het weer die rykheid van taal in Suid-Afrika gedemonstreer en was ’n onverbloemde sukses....lees meer

Stellenbosch se Woordfees laat `kaalvoettaal' dans
ERNS GRUNDLING `HET is te groot voor woorde, het gevoel is te groot.'' So sing die bekende Nederlandse sanger Stef Bos. Bogenoemde aanhaling is veral van toepassing op die Universiteit van Stellenbosch se pas afgelope Woordfees. Die fees het vir 'n ongekende samekoms van literêre figure gesorg wat Afrikaans se kleurryke verskeidenheid weer bevestig het....lees meer

Skrywers in lewende lywe sal nou asof op die markplein te vinde wees
Skrywers is anderste mense. Hulle skryf. Nie soos al die ander mense wat wil, of gaan of sal skryf nie. Ook nie soos alle ander mense wat glo hulle het 'n storie, dikwels hul eie ervarings, om te vertel, en al wat hulle nou moet doen is om iemand te kry om dit te skryf nie!...lees meer

Lokale by Woordfees stampvol
Willemien Brümmer KAAPSTAD- “ ’n Lekker fees sonder politieke onsmaaklikhede.” Dít was mnr. Theo Kemp, projekbestuurder, se opsomming van die sewende X én grootste X Woordfees, wat gister op Stellenbosch ten einde geloop het. Kemp het dié fees “ ’n goeie kombinasie van ligte vermaak en produksies met diepte” genoem....lees meer

Fees van woorde fees voorwaar 'n jol
Die pas afgelope tweede Afrikaanse Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch en Insig op Stellenbosch was voorwaar een groot jol....lees meer

'n Fees vol hoogtepunte
DIE Woordfees was vanjaar vir my 'n belewenis wat ek lank sal onthou. Dit was onmoontlik om by alles uit te kom, maar hier volg 'n paar grepe uit my ervaring van die fees....lees meer

Woordfees was brugbouer
DIE pas afgelope Woordfees op Stellenbosch was baie meer as net om oor die woord fees te vier. Die skatkis van die Afrikaanse woordkuns by wyse van voordrag, voorlesings, stories, sketse, teater, sang en veel meer is op luisterryke wyse ontsluit. Ek begin al meer besef dat Afrikaans 'n onuitputlike goudmyn is....lees meer

Vol program bewys dit is nou onontbeerlik
Op die Woordfeesprogram van 164 nommers vanjaar is baie uit af te lees, te veel om beduidend hier te noem. Wat voorop staan is dat die fees met sy al hoe groter stroom van deelnemers en aanbod uit Suid-Afrika én van die Lae Lande die soort kulturele valuta bied wat met geen valsmuntery ooit naastenby nagedoen kan word nie. Al om hierdie rede verdien die fees jaarliks die toestroming en vier vanjaar sy tiende jaar....lees meer

‘Skoolmeester’ Aucamp ‘trap versigtig oor die tou’
Toe Hennie Aucamp Dinsdagaand op die verhoog gelei en voor die klank­toe- rusting se bedrading gemaan word: "Trap versigtig oor die tou", was sy ­reaksie: "Dit probeer ek al my lewe lank doen!"...lees meer

Om nog die vlinders te kan sien
'n Kind wat die oorlogsverwoesting in Bosnië aanskou het, het opgemerk dat daar geen vlinder meer gesien is nie....lees meer

Diggeweefde fees gee vlerke aan woorde van meesters
Op kunstefeeste bewe die atmosfeer soos in 'n lugspieëling. Op die Suid-Afrikaanse feeskalender is die Woordfees een van die mees intense, gedronge vierings van woord en beeld. In die snikhete Maartmaand kry jy helder oordag hoendervel. Dis diggeweef met soveel wat tegelyk gebeur. Ek werk ­ongelukkig weer bedags en beleef net flitse. Met gevleuelde voet vliet ek ­tussen lokale en gebeurtenisse....lees meer

Die ryk weduwee
Uys Krige kon woorde op 'n sonderlinge wyse saamsnoer, nuwes laat opklink en woordspelings laat blom. Reeds ryke woorde word kosbaarder in sy aanslag, en dit vloei vryelik soos die water in die gragte tussen die vrugbare boorde op die ryk ­weduwee se plaas....lees meer