Woordtrofees-wenners 2020

https://www.facebook.com/woordfees/videos/2660891897479102/?t=494

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woordtrofees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn via Facebook live stream bekend gemaak. Die wenners ontvang elkeen ’n kunswerk deur Theo Paul Vorster en ’n bedrag geld. 

Die wenners is:

WOW-onderwyser van die jaar
Rollan Andrews

WOW-skool van die jaar
Klein Nederburg Sekondêr

Beste produksie: Fringe
Moord, op die 8ste gat

Beste prestasie: Dans 
Wag / Waiting

Beste prestasie: Visuele kuns
The Shape of Things to Come – Olaf Bisschoff

Beste tegniese prestasie 
Johan Griesel en Revil Baselga – Klankmeng: Karen Zoid 20 jaar pops

Beste prestasie in kunsjoernalistiek:
Marina Griebenow

Toprestaurant in Die Burgeroorlog:
RocoMamas

KONTEMPORÊRE MUSIEK

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – podiumproduksie
Amanda Strydom: Stadig oor die klippers

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – buitelugproduksie
Early B                                                            

Beste prestasie: Kontemporêre musiek – musiekgedrewe produksie
Die poet, wie’s hy?

KLASSIEKE MUSIEK

Beste prestasie: Klassieke musiek – vokaal
Universiteitskoor Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe

Beste prestasie: Klassieke musiek – instrumentaal
Miclen LaiPang (viool) vir Beethoven se “Kreutzer”-sonate saam met die LGT Young Soloists

TONEEL

Beste byspeler (manlik)
Stian Bam – Valsrivier

Beste byspeler (vroulik)
Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier

Beste speler (manlik)
Robert Hindley – Valsrivier

Beste speler (vroulik)
Nicole Holm – Tweespoor

Beste ensemble
Die sonkamer

Beste regisseur
Janice Honeyman – Valsrivier

Beste toneelstuk 
Valsrivier

DIE BOEKPRYSWENNERS VIR DIE BESTE VERKOPE IN VIER VERSKILLENDE KATEGORIEË IS:

Topverkoper: Niefiksie
Yusuf Daniels – Living Coloured (Because Black and White Were Already Taken)

Topverkoper: Leefstyl
Marinda Engelbrecht (Maklik met Marinda) en Herman Lensing (Dit proe soos huis)

Topverkoper: Poësie
Jeanne Goosen – Het jy geweet ek kan toor?

Topverkoper: Fiksie
Woordfeeskortverhaalbundel 2020: Aanhou beweeg en geraas maak (Samestellers: Suzette Kotzé-Myburgh, Valda Jansen en Madri Victor)

SPESIALE TOEKENNINGS

Beste opkomende kunstenaar
René Cloete – Huppelkind

Toyota Top-orde
Karen Zoid: 20 jaar pops

Hierdie nuwe prys word voortaan toegeken aan ’n musikant of aanbieding van uitmuntende gehalte wat buite die tradisionele kategorieë van kontemporêre musiek val. 

Die toekenning gaan aan Karen Zoid 20 jaar pops. Nie net was dit die topverkoper-aanbieding by die fees nie, dit het ook kontemporêre en klassieke musiek naatloos geïntegreer. Dit was ’n vertoning wat geïnspireer, vermaak en verruim het – ’n toepaslike viering van haar 20 jaar in die bedryf.

Grensverskuiwende produksie
J. Bobs Live – Off the Record (Jefferson Tshabalala)

In Verbondenheid-toekenning
Amelda Brand

Die Toyota US Woordfees gee die In Verbondheid-prys erkenning aan rolspelers wat in die kunste oor grense, onvermoeid en dikwels vir min of geen vergoeding, werk om groter sosiale kohesie te bewerkstellig. Brand se werk met gemeenskappe en studente asook haar uitstaande werk in die professionele uitvoerende kunste word hiermee gehuldig. 
Die In Vebondenheid-toekenning word moontlik gemaak deur die ondersteuning van Distell. 

Vorige wenners:
2017: Simon Witbooi (HemelBesem)
2018: Janine Neethling
2019: Felicia Lesch

Beste feesproduksie
Die poet, wie’s hy?

Die Woordtrofees-beoordelaarspaneel is saamgestel uit genre-spesifieke kenners en rolspelers. Vanweë die omvang van die program in sekere afdelings het Haddad Viljoen (Toneel), Heinrich van der Mescht (Klassieke musiek) en Rafiek Mammon (Kontemporêre musiek) as sameroepers opgetree. Hierdie panele het aanbevelings gemaak aan die oorsigpaneel wat verantwoordelik was vir toekennings in die kategorieë vir Beste opkomende kunstenaar(s) en Beste feesproduksie. Gillian Mitchell was die sameroeper van die oorsigpaneel, wat ook bestaan het uit Paul Boekkooi en Diane de Beer.

“Die feesprogram gaan steeds van krag tot krag – met uitstaande aanbiedings in alle genres,  sê die sameroeper van die oorsigpaneel Gillian Mitchell. “ ’n Woordtrofees-toekenning vir Beste feesproduksie word vanjaar die eerste keer gemaak. Ons hoop dit sal kunstenaars verder aanmoedig om nuwe grense met hulle kreatiwiteit oor te steek.”

Oor die toekenning vir Beste opkomende kunstenaar(s) sê sy: “Dit was een van die opwindendste jare vir opkomende talent by die Toyota US Woordfees. Ons jong kunstenaars is besig om te wys dat hulle vindingryk, kreatief en buitengewoon begaafd is. Dit was bemoedigend om te sien dat jong mense hul hand aan alle aspekte gewaag het en nie net as verhoogkunstenaars by die fees betrokke was nie.”

Haddad Viljoen, sameroeper van die Toneelpaneel, deel Mitchell se entoesiasme: “Die toneelaanbod by hierdie jaar se fees was oorweldigend – van grootse aanbiedings tot klein, intieme stukke. Die verskeidenheid in inhoud, onderwerpe en aanslag was verrykend, uitdagend en soms verstommend. Dit het vir almal op die paneel nogmaals bevestig hoe ’n belangrike rol toneel speel in die verstaan en verwerk van ons menslike toestand binne ’n Suid-Afrikaanse konteks.

“Daar was driftige gesprek oor die benoemings in die verskillende kategorieë, maar uiteindelik was daar absolute eenstemmigheid oor die wenners. Valsrivier, onder die bekwame leding van Janice Honeyman, met verruklike spel en ontwerp is as die mees indrukwekkende toneelstuk by die fees aangewys. Nicole Holm is bekroon vir haar spel in Tweespoor wat gehoor ná gehoor laat steier het.”

Volgens Heinrich van der Mescht, sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel vir Klassiek musiek, was die uitvoerings vanjaar “van ’n buitengewoon hoë gehalte. ’n Hele aantal musici verskyn nie op die kort benoemingslys nie ten spyte van pragtige voordragte.

“Die trofee in die instrumentale afdeling word toegeken aan Miclen LaiPang, ’n virtuose violis met uitstekende intonasie en soet timbres. Daarby is hy ’n outentieke kunstenaar wat deurentyd op ’n roerende en entoesiastiese wyse met die gehoor kommunikeer.

“In die vokale afdeling gaan die trofee aan die oorrompelende Universiteitskoor Stellenbosch vir hulle stille, ontroerende, intense uitvoering.”

Rafiek Mammon, sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel vir Kontemporêre musiek, sê: “Nie minder as nege beoordelaars nie was vanjaar nodig om die meer as 50 aanbiedings in drie kategorieë (podium-, buitelug- en musiekgedrewe produksies) te beoordeel. Terugvoer van beoordelaars wissel van ‘uitmuntende werk – wat mens verwag by ’n fees soos hierdie’ tot ‘ ’n paar, alhoewel net twee of drie, standaardproduksies.’

“Dit was moeilik om by die finale lys van benoemdes uit te kom omdat daar taamlik uiteenlopende menings was . Dis ’n goeie ding is, want dan is daar nie net enkele definitiewe uitblinkers nie. Dit sê iets positiefs oor die gehalte van produksies deur die bank. Hierdie jaar se waardige wenners is egter almal eenparig deur die beoordelaars gekies.”

Facebook
Twitter
LinkedIn