Foto’s: Valsrivier

Die verhoogverwerking van Dominique Botha se veelbekroonde roman word aangebied deur die vervaardigers van Die reuk van appels en Kamphoer. Dié aangrypende verhaal oor familie, lojaliteit, verlies en grootword is afgeëts teen die landskap van ’n diep verdeelde Suid-Afrika. ’n Jong man se lewe stuur onafwendbaar af op ’n tragiese einde, te midde van ’n nuwe demokrasie se geboortepyne. Politiek, persoonlike herinnering en ’n vergane plattelandse landelikheid word dramaties verweef in ’n suster se elegie aan haar broer. 

Met: Anna-Mart van der Merwe, Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam, Robert Hindley, Wiseman Sithole, Peggy Tunyiswa. Ondersteun deur: NATi.

Foto’s: Lindsey Apolis

Facebook
Twitter
LinkedIn