Foto’s: Die Sonkamer

Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare fisieke teater, ontwrigtende komposisies en veteraan-akteurs bied ’n eerlike blik op ons bejaardes wat vergete in die gange na die Sonkamer dwaal.

Met: Antoinette Kellermann, Lida Botha, Neels Coetzee, Susanne Beyers, Thandiswa Mrali, Antoni Schonken, Adriaan Havenga

Foto’s: Greteli Fincham

Facebook
Twitter
LinkedIn