fbpx

Almal word oud. Sommiges word onthou. Meeste word vergeet. In Huis Aristea bly daar egter ’n klein gemeenskap bejaardes wat hul stories wil deel. Dosyne onderhoude, briewe en opnames is in hierdie eksperimentele verbatimteaterstuk saamgestel en neem jou op ’n dokumentêre reis deur die lewe, liefde, leed, en die ontnugterende wag op die dood. Kwesbare fisieke teater, ontwrigtende komposisies en veteraan-akteurs bied ’n eerlike blik op ons bejaardes wat vergete in die gange na die Sonkamer dwaal.

Met: Antoinette Kellermann, Lida Botha, Neels Coetzee, Susanne Beyers, Thandiswa Mrali, Antoni Schonken, Adriaan Havenga

Foto’s: Greteli Fincham

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Lees ander berigte
Nuus
Woordfees

’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd

Lees meer »