Groot kortverhaalwenner op Woordfees TV bekend gemaak

Die 22ste Toyota US Woordfees is vanjaar op ’n opwip-TV-kanaal aangebied – vandaar die feestema, “Iets anders”. Die 2021 US Woordfeeskortverhaalbundel, wat die feestema as titel het, is daarom ook 4 Oktober op Woordfees TV (DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15) bekend gestel. Die algehele wenner van die kompetisie is by hierdie geleentheid aangekondig. Du Toitskloof Wyne het ’n vyfde maal die prysgeld van R30 000 geborg, wat oorhandig is aan Coen Basson vir sy wenverhaal, “Eenzaamheid”.

Klik hier om na die oorhandiging van die prys te kyk.  

Vir vanjaar se bundel, die sesde in die reeks, is 288 inskrywings ontvang. Die ander 23 skrywers wie se verhale ook in die bundel opgeneem is, ontvang elkeen R5 000 van Du Toitskloof en die US Woordfees.

“Met die meeste vorige bundels het daar ’n dominante tema of temas na vore gekom, maar vanjaar was dit interessant genoeg nie die geval nie. Daar is wel verhale met Covid-19 as onderwerp, maar dit oorheers glad nie te midde van ’n wye verskeidenheid temas nie,” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is. “Soos met ál die vorige bundels was die gehalte hoog en dit moeilik om net 24 kortverhale en ’n uiteindelik wenner te kies.”

Klik hier om te sien watter skrywers die 2021-bundel gehaal het.

Die ander twee beoordelaars saam met Kotzé-Myburgh was Valda Jansen en Marius Swart.

Gerda Taljaard is die enigste skrywer wat ’n sesde agtereenvolgende keer in die bundel opgeneem is.

Klik hier om Iets anders aanlyn by Exclusive Books te bestel.

Facebook
Twitter
LinkedIn