Groot oes van Fiësta-benoemings

Die benoemings vir die 11de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse.

In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Juis daarom sê Karen Meiring, M-Net-direkteur: kykNET-kanale, is dit “belangrik om kunstenaars te bekroon, hulle vir die bedryf te behou en ons te herinner aan die manjifieke werk wat steeds op verhoë en aanlyn aangebied is.”

Die direkteur van die Toyota US Woordfees, Saartjie Botha, beaam: “Ons is die enigste fees wat die Covid-valbyl in 2020 vrygespring het en is innig dankbaar dat ons wel ’n fees kon aanbied. Ons salueer die projekte van ons susterfeeste wat ten spyte van die grendelstaat en beperkings steeds die kunstenaargemeenskap en gehore gedien het met innoverende idees en inisiatiewe. Almal wat onder hierdie geweldig uitdagend omstandighede die kunste en daarmee ook hoop laat voortleef het, verdien erkenning.”

Die twee aanbiedings met die meeste Fiësta-benoemings is Valsrivier (foto, links bo) en Die poet, wie’s hy? (foto, regs bo).

Valsrivier, ’n verwerking van Dominique Botha se bekroonde roman vir die verhoog, het sewe Fiësta-benoemings ontvang. Dié drama is benoem in die kategorieë virBeste feesproduksie, regie (Janice Honeyman), akteur (Robert Hindley en Stian Bam), aktrise (Anna-Mart van der Merwe), nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling (Saartjie Botha) en opkomende kunstenaar (Robert Hindley).

Die poet, wie’s hy? – ’n musikale reis deur die lewe en werk van die ikoniese digter Adam Small –  is vir ses pryse benoem:Beste feesproduksie, regie (Frieda van den Heever), akteur (Dean Balie), nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling (Frieda van den Heever en Dean Balie), teaterontwerp (Charl-Johan Lingenfelder) en Beste musiekgedrewe produksie: teater.

Die volgende aanbiedings wat verlede jaar by die Woordfees te sien was, het ’n verdere 18 Fiësta-nominasies ontvang: Extra large, asseblief?, Tweespoor, Huppelkind, Die engel by die dam, Die vermoeienis van vlerke, Die sonkamer, Hoe change hulle, Universiteitskoor Stellenbosch: Etensuurkonserte en Gala-konsert, Early B, Karen Zoid: 20 jaar pops, ’n Lieflike lawaai, Karoo Suite 2: Karoonagte, Van Broadway na Birdstraat, Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens, Wag, wat?, Kraai en Lycra en petticoats.

Die 11de kykNET Fiëstas sal op 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word. 

Hier is die volledige lys van benoemings:

Beste akteur

Ben Pienaar – Match (Vrystaatfees)

Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Stian Bam – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Beste aktrise

Anna-Mart van der Merwe – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Melanie Scholtz – Extra large, asseblief? (Toyota US Woordfees)

Nicole Holm – Tweespoor (Toyota US Woordfees)

Sandra Prinsloo – Spertyd (Aardklop)

Beste regie

Frieda van den Heever – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Janice Honeyman – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Marthinus Basson – Huppelkind (Toyota US Woordfees)

Nico Scheepers – Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)

Beste teaterontwerp

Charl-Johan Lingenfelder – Musiekregie vir Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Chen Nakar – Stelontwerp vir Die vermoeienis van vlerke (Toyota US Woordfees)

Elana-Mari Snyman – Stelontwerp vir Die sonkamer (Toyota US Woordfees)

Nico Scheepers – Stel- en beligtingsontwerp, choreografie en manipulasie van die marionet vir Die engel by die dam (Toyota US Woordfees)

Beste nuutgeskepte Afrikaans teks, verwerking of vertaling

André Gerber – Die sonkamer (Toyota US Woordfees)

Frieda van den Heever en Dean Balie – Die poet, wie’s hy? (Toyota US Woordfees)

Saartjie Botha – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Veronique Jephtas – Hoe change hulle (Toyota US Woordfees)

Beste prestasie in klassieke musiek

Bryan Wallick (klavier), Frank Stadler (viool) en Peter Martens (tjello) – Beethoven Triple Concerto (KKNK)

Hidden Colours of the Free State  (Vrystaatfees)

KSO – Mozart Wind Octets (KKNK)

Universiteitskoor Stellenbosch onder leiding van André van der Merwe – Etensuurkonserte en Gala-konsert (Toyota US Woordfees)

Beste prestasie in visuele kuns

Barbara Wildenboer – KKNK-feeskunstenaar (KKNK)

Carol Brown, Zinhle Khumalo, Angela de Jesus (kurators) – Folds & Faults: An Exhibition of Women Artists (Vrystaatfees)

Dineke van der Walt (kurator) – Virtuele Galery (KKNK)

John Anthony Boerma (kurator) – Innibos Nasionale Handwerkkunskompetisie (Innibos)

Beste musiekgedrewe produksie: buitelug en podium

Early B – Toyota US Woordfees

Karen Zoid: 20 jaar pops – Toyota US Woordfees

Klopse jol – Suidoosterfees

The Variety Show that Skriks vir Niks – Suidoosterfees

Beste musiekgedrewe produksie: teater

’n Lieflike lawaai – Toyota US Woordfees

Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees

Karoo Suite 2: Karoonagte – Toyota US Woordfees

Van Broadway na Birdstraat – Toyota US Woordfees

Beste aanlyn feesprojek

Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees

Beethoven Triple Concerto – KKNK

#TsekCorona, Hot Gates, A Child in a Faraway Land, Die weduwee se kruik, The World in Union – Suidoosterfees

Virtuele kunsgalery – KKNK

Beste feesproduksie

Beethoven Triple Concerto – KKNK

Die dans van my heenkoms – Vrystaatfees

Die poet, wie’s hy? – Toyota US Woordfees

Valsrivier – Toyota US Woordfees

Beste opkomende kunstenaar

Lynette du Plessis – Krummelpap, afval en Sunlightseepbaddens (Toyota US Woordfees)

René Cloete – Huppelkind (Toyota US Woordfees)

Robert Hindley – Valsrivier (Toyota US Woordfees)

Wian Taljaard – Wag, wat?, Kraai, Lycra en petticoats (Toyota US Woordfees)

Facebook
Twitter
LinkedIn