Inskrywings – Woordfeeskortverhaalbundel

US Woordfees

Kortverhaalkompetisie

Ondersteun deur:

Kompetisiereëls en riglyne vir inskrywings:  

  • Slegs Afrikaanse kortverhale sal aanvaar word. 
  • Die kompetisie is oop vir alle skrywers. Werknemers en familielede van die Toyota US Woordfees word nie toegelaat om deel te neem nie.
  • Slegs een inskrywing word per skrywer aanvaar. Die verhaal moet ’n minimum van 1 500 woorde lank wees, met 3 000 as die maksimum woordtelling.
  • Verhale moet nuutgeskryf wees en nie voorheen op enige platform gepubliseer wees nie.
  • Kopiereg van die verhale berus by die skrywers, maar kopiereg van die bundel setel in die Toyota US Woordfees. Indien verhale wat in die bundel verskyn later ook elders gepubliseer word, moet dit geskied met skriftelike kennisgewing aan die Toyota US Woordfees sowel as volledige erkenning met publikasie. 
  • Keuring word streng anoniem gedoen. Die skrywer se naam en kontakbesonderhede moet op die aanlyn inskrywingsvorm ingevul word, maar NIE by die verhaal ingesluit word nie. Slegs die titel moet duidelik sigbaar boaan die verhaal verskyn, ten einde anonieme keuring te verseker. 
  • Verhale moet in MS Word-formaat aangebied word en elke bladsy moet genommer wees. Gebruik SLEGS die titel van die verhaal as titel van die dokument (file name). Let wel: Geen PDF’s sal aanvaar word nie. 
  • Indien daar enige blatante verwysing na die skrywer in die verhaal gemaak word waaruit beoordelaars sy/haar identiteit kan aflei, sal die verhaal summier gediskwalifiseer word.
  • Verhale sal geredigeer word voor publikasie, met goedkeuring daarvan deur die skrywer.
  • Hoewel die bundel die feestema as titel sal hê, hoef skrywers dit nie as tema vir die verhaal te gebruik nie. Die tema van die verhaal word geheel en al aan die skrywer oorgelaat. 
  • Daar sal ongeveer 25 verhale vir die bundel gekies word. 
  • Die skrywer van die wenverhaal wen prysgeld van R30 000. Die skrywers wat in dié bundel opgeneem word, sal elkeen R5 000 ontvang.
  • Inskrywings wat later as 17:00 op 1 April 2024 ontvang word, sal nie in aanmerking kom nie.
  • Ontvangs van inskrywings sal vanaf 1 Februarie 2024 binne twee werksdae bevestig word.
Skryf hier in vir die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetisie (Sluitingsdatum: 1 April 2024 om 17:00)
Let wel: Inskrywings is oop, maar amptelike erkennings van ontvangs sal eers vanaf 1 Februarie 2024 uitgestuur word.
Naam(Required)
Verklaring van egtheid:
 Hierdie verhaal is my eie, oorspronklike werk en is nog nie voorheen op enige platform gepubliseer nie.(Required)
Max. file size: 5 MB.

Klik hier vir meer oor die projek

Die eerste US Woordfeeskortverhaalbundel, Bly, het in 2016 verskyn. Sedertdien het dié bundel ‘n literêre instelling geword.